Page 1 of 1
kapmesse
Posted: Sun Aug 05, 2012 11:25 pm
by morne smith
Goeeidag almal
Weet een van julle miskien wie die jong ou in Pretoria is wat kapmesse maak? Hy het bleikbaar in die Bowhunter al 'n artikel gehad.
Dankie
Re: kapmesse
Posted: Mon Aug 06, 2012 7:14 am
by G-force
morne smith wrote:
Goeeidag almal
Weet een van julle miskien wie die jong ou in Pretoria is wat kapmesse maak? Hy het bleikbaar in die Bowhunter al 'n artikel gehad.
Dankie
Ken hom nie maar is dit soos n "parang"?
Hier is n forum lid wat besonderse messe maak soos wat jy soek.
K'roo messe.
Re: kapmesse
Posted: Mon Aug 06, 2012 7:19 am
by Kallie404
Hello Morne
Ek het al twee van sy kap messe gekoop, dit is regtig n puik produk!!
Sy naam en nommer : Martin, 0833810335
Hoop jy kom reg
Groete

Re: kapmesse
Posted: Mon Aug 06, 2012 9:59 am
by morne smith
dankie dankie dankie
Re: kapmesse
Posted: Mon Aug 06, 2012 12:47 pm
by DEE
Kan iemand miskien 'n paar pics van die spesifieke kapmesse in die hande kry en vir ons opsit asb ?
Re: kapmesse
Posted: Thu Aug 23, 2012 9:30 pm
by morne smith
Haai Dee
Ek het vir Martin gebel en gevra dat hy registreer hier vir ons foto's van sy kapmesse laai.
lekker aand
Re: kapmesse
Posted: Tue Aug 28, 2012 7:14 am
by MartinSchutte
Dag se almal
Ja ek is die mes maker wat die kap messe maak hulle word n golok genoem en ek maak hulle in 2 grootes no 1. 40 cm lank en van 8mm dikte 1070 hoe koolstof staal, no 2. 44cm lank en van 8mm dikte 1070 hoe koolstof staal en hulle word "diffential" verhard ( in kort die rugkant "sag" en sny kant hard) ek kan ongelukkig net een foto kry en dis met 4 kleintjies die ander fotos is op my foon
Groete Martin
Re: kapmesse
Posted: Tue Aug 28, 2012 2:53 pm
by DEE
Hi Martin
Die kapmesse lyk bakgat man !
Kan net dink dat 1070 wat 8mm dik is 'n werksesel van formaat moet wees.
Wat se hout gebruik jy vir die handles ?
Maak jy miskien skedes ook vir die kapmesse ?
Welkom op die forum en ek's seker dat jy nog heelwat belangstelling hier sal kry.
Groete
Re: kapmesse
Posted: Tue Aug 28, 2012 3:24 pm
by MartinSchutte
Hi Dee
Hulle(die kapmesse) sal vir altyd hou as jy dit nie te veel abuse nie

ek se vir al my kliente dit is hoe koolstof staal en sal roes so gee dit Q20 en as jy vleis deur kap selfs kook olie dit voorkom die roes.
Ek het op hierdie Tambotie gebruik maar die laaste paar gebruik ek Swart ivoor(African blackwood) my mees gunsteling hout om te gebruik!
Ek maak ook skedes vir hulle van so +- 3mm bees leer wat gekleur word!
Hoop dit gee meer klaring
Martin
Re: kapmesse
Posted: Tue Aug 28, 2012 10:08 pm
by morne smith
Welkom by die forum Martin
Jy gaan baie mesliefhebbers hier raakloop. Jy gaan ook baie leer.
Geniet dit
Morne
Re: kapmesse
Posted: Wed Aug 29, 2012 6:22 am
by Frederik
Martin,
Wat prys so kapmes hulle lyk baie goed.
Re: kapmesse
Posted: Wed Aug 29, 2012 7:20 am
by Skaaphaas
Interessant. Ek het juis verlede naweek agtergekom dat ek 'n behoorlike swaardiens mes nodig het. Ons was op 'n stap en ek het geweier om sigaretaanstekers of vuurhoutjies vir die vuurmaak te gebruik, maar om dan houtjies te sny en te kerf tot so mate dat mens dit met die flint alleen kan aansteek vat enorme werk as jy nie die regte mes het nie.
Ek dink so kapmes is presies wat ek nodig het. Om egter my vrou te probeer oortuig dat ek nog 'n mes nodig het, gaan moeilik wees...
Re: kapmesse
Posted: Wed Aug 29, 2012 10:22 am
by MartinSchutte
Dags?
Frederik: Die prys$$$
Aan die mods jammer as ek dit nie hier mag post nie die klein Golok is n R1000 en die groter
een is R1200 (Ps: dit is sonder die courier onkoste vir die wat ver bly) die in Pretoria kan n mens iets reel
Skaaphaas:
Se vir ma as sy nog skoene of nog make-up koop, nog n mes is dan mos nie verkeerd nie

.
Jong ek moet nou stil bly die vroue gaan my vol knoppe slaan
Martin
Re: kapmesse
Posted: Wed Aug 29, 2012 12:09 pm
by FHM
Skaaphaas wrote:
Ek dink so kapmes is presies wat ek nodig het. Om egter my vrou te probeer oortuig dat ek nog 'n mes nodig het, gaan moeilik wees...
TIP uit ervaring: Dis baie makliker om
'askuus tog lieffie' te se, as om
'asseblief tog lieffie' te se....
