Page 1 of 1

molasse en tigernuts

Posted: Wed Aug 08, 2012 8:51 am
by Hoender
More alaml

Ek wil graag weet hoe mens die molasse gebruik by jo voer bom en hoe mens tiger nuts aan die hoek kry, oor hy so hard is.

Kan iemand meskien vir my raad gee en 'n foto meskien plaas om te sien hoe die tiger nuts aan gesit word?

Groete Hendrik

Re: molasse en tigernuts

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:05 am
by Danie01
Hallo Hendrik

Ons mengĀ  gewoonlik die molassa met die gemaalde mielies en maak dan ronde balle wat ons laat staan om droog te word sodat dit struktuur kan hou. Ek weet nie of daar n ander manier is nie, dalk doen ek dit nog verkeerd ook.

Tigernuts gebruik ons net aan boilies en gladnie aan die hoek self nie. Met boilie bedoel ek daai hoeke met stukkie toutjie aan en dan sit jy n boilie of tigernut en selfs mielie daaraan, weet nie of jy hul al gesien het nie?

Hoop ek het nou verduidelik dat jy verstaan anders search ma net n bietjie boilie op die net en jy sal vinnig agterkom waarvan ek praat.

Jy maak n man vroeg lus vir visvang!

Groete
Danie

Re: molasse en tigernuts

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:05 am
by Vlakvark
Ek weet niks van visvang nie. Maar Tiger nuts! daars nie eers 'n manier wat ek dit sal try nie. ;D ;D

Re: molasse en tigernuts

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:09 am
by Reggie Gerber
Google HAIR RIG dit sal jou mooi wys hoe om n tigernut te gebruik.

Re: molasse en tigernuts

Posted: Tue Aug 21, 2012 9:13 am
by Lourens Potgieter
Maak net seker dat die tigernuts reg voorberei is....net so is dit skadelik vir die vis. Moet NOOIT begin om haarstrop te gebruik as die res van jou toerusting nie ook op standaard is vir groter vis nie....