Page 1 of 1

Elandskloof Forel Fees

Posted: Tue Aug 14, 2012 7:09 am
by Gerhard
Elandskloof se jaarlikse forel fees is op Saterdag die 25ste Augustus.

Ek het laas jaar deel geneem en my plek is reeds bespreek.

Ek ry Maandag al af om te gaan help met die voorbereiding en bietjie te oefen.

Moet darm n vlieg lyn kan gooi teen volgende Saterdag... lol

Wie stel belang om te kom deel neem?

Die fondse wat in gesamel word gaan vir die oue tehuis in Belfast en die skool op Dullstroom...

As daar n paar Jaracal manne is wat saam kom vlieg gooi sal dit nogal lekker wees.

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Tue Aug 14, 2012 7:20 am
by Hartskoot Hennie
Wat beloop al die kostes ouboet? Ek en Edu het gepraat ons wil graag gaan, maar dit hang af wat bly oor van my budget na die komende naweek se jag...  ;D

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Tue Aug 14, 2012 7:23 am
by Gerhard
Hartskoot Hennie wrote: Wat beloop al die kostes ouboet? Ek en Edu het gepraat ons wil graag gaan, maar dit hang af wat bly oor van my budget na die komende naweek se jag...  ;D
R400 per persoon.

Middag ete en aand ete ingesluit as ek reg onthou.

Daar is n magdom pryse.

Verblyf moet jy net uitvind op die plaas...

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Tue Aug 14, 2012 8:49 am
by FCLoretz
Klink baie lekker.

Bietjie kort kennis geweing vir my. Maar bespreek my solank vir die 2013 fees.

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Tue Aug 14, 2012 9:05 am
by Biltong
Gerhard, dit klink lekker. Sal graag weer my vlieglyne wou nat maak, maar moet ongelukkig gaan jag daai naweek.  :angel:

Groete.

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Tue Aug 14, 2012 5:37 pm
by Marc
Agga nee man, kort kennis  :'( :'( :'( Reeds my beloftes aan 'n skiet dag gemaak, ek en vroulief sou verseker kon doen met 'n naweek langs die dam  8)

Aai jaai jaai, sorry man Gerhard, die manne wat gaan jag moet dit geniet, onthou om verslag te kom doen  ;)

Mooiloop
Marc

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 9:18 am
by Frikkiedbr
Hello Gerhard,

Gee vir ons so bietjie update hoe dit gegaan het met die Elandskloof Forel fees?
Jy gee ons altyd so lekker foto's en 'n paar berigte hoe dit gegaan het :)

Dankie

Groete

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 9:21 am
by Johnnie De Wet
Bietjie ver vir kort kennisgewing.

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 11:58 am
by Gerhard
Julle kan maar die laaste naweek in Augustus boek elke jaar vir die forel fees.

Dit was n groot sukses en n fees.

Ek het 8 forelle in geweeg, hele paar verloor agv stupidgeid.

Die wenner het 14 forelle in geweeg vir die dag.

Darm nie te ver agter nie...  ;)

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 1:42 pm
by Frikkiedbr
Dankie Gerhard, waar is die foto's :)

Baie geluk en sjoe dit wil gedoen wees. Daai damme is nie so maklik om te vang nie.

Dankie vir die repport :)

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 3:22 pm
by Gerhard
Ek het vergeet om te noem dat ek die Vrydag by Nick gaan kuier het en bietjie geoefen het saam met hom...

Tussen ons het ons seker vir die middag meer as 20 forelle gevang en terug gesit... ;D

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 3:34 pm
by Skolla
Gerhard wrote: Tussen ons het ons seker vir die middag meer as 20 forelle gevang en terug gesit...
So, julle het hulle touwys gemaak?

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 3:36 pm
by Gerhard
Skolla wrote:
Gerhard wrote: Tussen ons het ons seker vir die middag meer as 20 forelle gevang en terug gesit...
So, julle het hulle touwys gemaak?
Nee want Nick is naby Machadodorp...

Re: Elandskloof Forel Fees

Posted: Thu Sep 06, 2012 5:09 pm
by Marc
Gerhard wrote: Julle kan maar die laaste naweek in Augustus boek elke jaar vir die forel fees.

Dit was n groot sukses en n fees.

Ek het 8 forelle in geweeg, hele paar verloor agv stupidgeid.

Die wenner het 14 forelle in geweeg vir die dag.

Darm nie te ver agter nie...  ;)
Lekker Gerhard, hulle mooi bymekaar gemaak  ;)  Sal moet begroot vir een van daai skop bootjies  8)