Page 1 of 1
Karp in Jozini?
Posted: Thu Aug 16, 2012 4:16 pm
by Dweetster
Hi al die karp manne.
Ek was laasjaar in November op Jozini, dit bly maar 'n pragtige dam. Op die water het 'n vis gedryf wat ons van nader af bekyk het, dit was 'n enorme vis wat soos 'n karp gelyk het.
Is daar iemand wat al karp probeer vang het op Jozi? Of sou dit iets anders as 'n karp kon wees? Ek is nie 'n lang lyn hengelaar nie maar weet hoe 'n karp lyk.
Jammer ek het nie foto's nie.
Re: Karp in Jozini?
Posted: Thu Aug 16, 2012 4:20 pm
by DWB
Nee D'uard jy kan hulle nie met die boog gaan skiet nie
Ja daar is karp in Jozini, blykbaar baie grotes ook.
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 7:32 am
by Dweetster
Nee, ek wil hulle nie met die boog skiet nie, ek het net gewonder hoekom vang niemand ooit daar karp nie.
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 10:06 am
by FCLoretz
Dweetster wrote:
Nee, ek wil hulle nie met die boog skiet nie, ek het net gewonder hoekom vang niemand ooit daar karp nie.
Ek dink die groot rede is die Tiervis, wie wil 'n karp vang as jy kan tiervis vang?
Dan is daar ook die moontlikheid van Krokodille en seekoeie in die area.
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 2:36 pm
by Lourens Potgieter
Daar is beslis karp in Jozini, maar die Seekoeie en krokke maak dit gevaarlik om van die oewer af te hengel, en die boot manne sal seker eerder die tiervis teiken....
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 2:38 pm
by Lourens Potgieter
Ek self was nog net een keer op die dam en die tiervis het al die pad gewen....ek kon nie eers een land vir die dag nie.....was 'n eerste en laaste probeerslag vir hulle.....
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 4:29 pm
by Dweetster
Ek het dit net nogal vreemd gevind dat daar wel mense is wat tiervis van die kant af vang maar nie karp nie. Ek wil vir jou se as ek kyk na die grote karp wat ek daar gesien het met daai warm klimaat gaan daar wel 'n paar S.A rekorts uit kom.
Ek gaan oor Desember weer Jozi toe,Karp kan jy seker van die boot af ook vang? Ek sal die Foto's wys. Kan iemand my tips gee vir boot karp vang?
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 7:25 pm
by Frederik
Ek dink dit is perfekte plek vir groot karpe die water is warm die tiere eet die klein karpies so daar is genoeg kos vir die grootes. Ek het al so half half met seekoie te doen gehad by Tzaneen Fanie Botha dam maar om lyn uit te vat met kano in die nag waar daar krokke en seekoie is gaan ek net karpies vang deur die dag daar
Heel paar 12kg karpe gevang daar by Fanie Botha en so lyn uitgevat in die nag met die kano maar dit is nie lekker nie.
Baie vis ook daar verloor wat seker groter was.
Re: Karp in Jozini?
Posted: Fri Aug 17, 2012 8:20 pm
by DWB
D'uard,
Ek sal jou moet uitvat en wys hoe.
Dit is nou dalk 'n ding wat ek jou kan leer.
Karp met loodkop
Re: Karp in Jozini?
Posted: Sat Aug 18, 2012 8:45 am
by Marc
Re: Karp in Jozini?
Posted: Mon Aug 20, 2012 8:13 am
by Lourens Potgieter
Probleem is nie so erg die krokke nie....die seekoeie is baie aggresief in Jozini....ek het skuite teen die kant sien l? wat middeldeur gebyt was....ons moes ook anker trek en die boot skuif toe die manne naderkom....dit was 'n groterige seeboot en die eienaar het self besluit om te skuif....ek sou NIE met kanoe op daai water gaan nie, nie eers in die dag nie....
Kan seker van die boot af karp teiken, weet net nie of dit so effektief sal wees vir die groter karps nie....ek weet nie soveel van spesie karp hengel nie, is self 'n konvensionele hengelaar(papgooier, hehehe)....
Re: Karp in Jozini?
Posted: Mon Aug 20, 2012 9:35 am
by Dweetster
Ek het vir 'n oomlik vergeet die karp manne vang mos in die aand ook. Ja nee kyk vir die aand sal ek ver weg bly van die water af.
Karp met loodkop? dis nuut vir my, Deon jy sal my maar moet wys.
Re: Karp in Jozini?
Posted: Mon Aug 20, 2012 10:01 am
by DWB
Sal so maak!
Dis vet pret!
Re: Karp in Jozini?
Posted: Mon Aug 20, 2012 10:15 am
by Dweetster