Page 1 of 1
2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 10:51 am
by DanieDegenaar
More almal, vandag weer terug na twee weke op St Lucia. Was gelukkig om darem twee Leervisse vas te maak, baie shad en natuurlik klomp haaie. Hier is die twee wat pot toe is!
Groete
Degenad
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 10:58 am
by henried
Wow, baie geluk dis mooi vis daai.
Het jy sommer daar van die strand gevang, of het julle bietjie gestap?
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 11:40 am
by JuanPaul
Baie mooi visse daai! het jy hulle op live shad gekry?
Juan
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 2:35 pm
by DanieDegenaar
Dit was alles op lewendige shad, en ons het so end weg gevang (Seker so 500m) van die shad vangers af. Was net makliker om vinnig weer lewendige shads te kry as ons nodig gekry het.
Groete
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 4:06 pm
by FHM
Mooi gedoen Degenad
Hier langs die Weskus is daai oukies maar skaars van die strand af - miskien 2-3 per jaar wat uikom as die kabbeljou loop. Ek het n hele paar jaar terug op n skiboot gesit so 3-400 meter van die kant af tussen myl 8 en 14 - kabbeljou loop en ek sit pilchard aan en gooi so 20 meter verder, skaars daai aas n meter gesak toe tel meneer leervis hom op tussen die kabbeljou - hel ruk amper die stok uit my hand uit - hy het my gespook en almal se lyne om my gekoek - blikskottelse sterk en vinnige swemmer daai nommertjie.
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 4:20 pm
by DanieDegenaar
FHM wrote:

Daar in die noordkus van KZN is hulle nogal redelik volop die tyd van die jaar van die strand af. Ons het die groot run gemis met 'n week, maar darem die punt gevang. Daar het in die goeie week tussen 6 - 10 per dag uit gekom. toe ons daar was was dit maar so tussen 1 en 3. Toe raak hulle vir 'n week heeltemal weg. Die dag voor ons gery het is daar weer een gevang, maar dink dis nou klaar.
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 7:17 pm
by Marc
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 8:42 pm
by Herman Venter
Baie netjiese visse daardie! Skree maar net as die pot te veel is!!
Groete
Herman
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 8:44 pm
by henried
FHM wrote:
Mooi gedoen Degenad
Hier langs die Weskus is daai oukies maar skaars van die strand af - miskien 2-3 per jaar wat uikom as die kabbeljou loop. Ek het n hele paar jaar terug op n skiboot gesit so 3-400 meter van die kant af tussen myl 8 en 14 - kabbeljou loop en ek sit pilchard aan en gooi so 20 meter verder, skaars daai aas n meter gesak toe tel meneer leervis hom op tussen die kabbeljou - hel ruk amper die stok uit my hand uit - hy het my gespook en almal se lyne om my gekoek - blikskottelse sterk en vinnige swemmer daai nommertjie.
Die 8 jaar wat ons ins Langebaan gewoon het, het ek so 15 gevang. Die kleinste so 3kg en die groot een 13kg. Almal op lewendige harder. Vriend van my het ? 16kg een gevang.
Ek het een ge- tag en weer so 420 dae later weer gevang, hy het 14cm in daai tyd gegroei.
Re: 2 Leervisse gevang op St Lucia
Posted: Mon Aug 20, 2012 10:02 pm
by JuanPaul
Degenad wrote:
Dit was alles op lewendige shad, en ons het so end weg gevang (Seker so 500m) van die shad vangers af. Was net makliker om vinnig weer lewendige shads te kry as ons nodig gekry het.
Groete
Mooi man,ons doen dit ook so op die boot vanaf net agter die backline of in die hawe mond by Richardsbaai met groot sukses.
Groete
Juan