Page 1 of 1
Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 8:20 am
by Frikkiedbr
Goeie More Manne en dames,
Kan mens 'n Knaldemper op 'n Gamo CFX sit?
Seker 'n dom vraag.
Ek wil my windbuks silence maak ( Silence I kill you ..... hehhehe)
En hoeveel sal dit omtrent kos vir die Knaldemper?
Dankie
Mooi dag verder
Re: Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 8:32 am
by BLOK
Frik
Ek kan nie dink hoekom jy dit nie kan doen nie. Hoor by James hier op forum hy het n teflon plastiek tipe demper op n .22 van hom wat so te se niks weeg nie en daai geweer is so sag as hy reg langs jou staan en skiet hoor jy hom nie eers nie. Weet nie waar hy hom opgesit het nie maar as ek ooit .22 koop het ek my belowe kry ek ook so een.
Blok
Re: Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 8:48 am
by BenG
Ek wonder of mens die ligte teflon knaldempers op groter kalibers kan gebruik?
Re: Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 9:00 am
by LUAN
Ja jy kry silincers spesifiek vir die cfx. Soek so bietjie op die net maar dit kom van oorsee af die beste sal wees om oom Vincent te bel in Randburg hy weet en het alles vir spring windbukse. Onthou daar sal nog geraas wees agv die spring en komponente binne in die geweer maar die geweer is defnitief stiller of dis hoe ek my breeknek ondervind het met a slip on silincer. Oom Vince 011 791 0629, 083 997 7718
Re: Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 9:20 am
by Frikkiedbr
Dankie 303 ek sal so maak.
Sien jy hou nie soveel van die gamo nie.
Daai gamo van my het ook seker al so 1000 pellets al deur en ek het nie moeilikheid nie.
Ek stem met die in sit van die pellets is dit maar 'n gesukkel maar mens word gewoont aan dit

)
Dankie vir die hulp van almal af.
Groete
Re: Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 11:11 am
by bex
Ek het ondervind met veer aangedrewe windbukse dat n knaldemper die klank vorentoe, in die rigting van die teiken, stiller maak maar nie vir die skut nie . Die skut is naby aan die aksie en die knaldemper doen niks om daardie klank stiller te kry nie.
Ek sal ook se die beste persoon om te kontak vir so iets Vincent, sy kennis en pryse klop jy nie sommer. Ek weet net hy het n spier in sy arm seergemaak en was n bietjie buite aksie vir n ruk.
Re: Knaldempers
Posted: Wed Aug 22, 2012 11:58 am
by LUAN
Ja van wat ek die silincer op het besef ek nou eers hoe hard die papier klap van die pellet. Eers was die skoot en impak slag amper een klank maar met die silincer is dit nou duidelik verskil.
Re: Knaldempers
Posted: Fri Sep 27, 2013 7:03 pm
by Langeraat
Ek weet hierdie draad is al effens oud en koud maar ek is op soek na 'n knaldemper vir my Hatsan BT65 SB PCP. Weet iemand dalk waar ek een kan kry of iemand wat vervaardig teen 'n prys wat darem nie 'n ou se oe te veel sal laat traan nie. Dankie.
Re: Knaldempers
Posted: Fri Sep 27, 2013 7:31 pm
by Langeraat
Dankie Piet. Waar het jy gekoop en wat was die skade min of meer?
Re: Knaldempers
Posted: Fri Sep 27, 2013 7:41 pm
by Langeraat
Dankie Piet ek sal navraag by MZE doen.
Re: Knaldempers
Posted: Fri Sep 27, 2013 8:20 pm
by Langeraat
Interessante ontwerp met die haar rollers. Sal moet sorg dat die vrou dit nie sien nie anders word hy straks "ge-raid" vir spares.
Dankie vir die moeite met die fotos Piet.
Re: Knaldempers
Posted: Fri Sep 27, 2013 8:32 pm
by LUAN
Bel vir Kevin in fourways 0766031841 hy kan baie doen met sy hande
Re: Knaldempers
Posted: Fri Sep 27, 2013 9:06 pm
by mariusr
Langeraat wrote:Interessante ontwerp met die haar rollers. Sal moet sorg dat die vrou dit nie sien nie anders word hy straks "ge-raid" vir spares.
Dankie vir die moeite met die fotos Piet.
Glo nie jou vrou sal daai rollers gebruik nie dis die ouma tipe!

Re: Knaldempers
Posted: Sat Sep 28, 2013 10:02 am
by Langeraat
Bel vir Kevin in fourways...
Dankie .303 ek sal hom ook probeer.
Jislaaik Marius ek is eintlik 'n leek as dit kom by haar rollers maar lyk my jy het darem al bietjie ervaring.
