Page 1 of 1

Soek nuwe huis

Posted: Fri Aug 24, 2012 10:16 pm
by FCLoretz
Naand.

Ek het so pas huis gekoop en trek binne kort in. Met die oppak van ons huidige huis het ons agter gekom ons het heelwat dubbel in terme van eetgerei. Dit is glase, bekers, borde, potte en panne. Ek wil die goed alles skenk aan iemand wat dit nodig het.
Ek weet dit het niks met jag te doen nie, maar ek glo daar is iemand wat dit baie meer nodig het as ek. As julle van so iemand weet, laat weet my asb. Ek sal verkies dat dit in jhb of Pretoria is. Ek is ook bereid om skenking tot in Pretoria te vat.

Re: Soek nuwe huis

Posted: Sat Aug 25, 2012 3:26 am
by grumpy
More!!

Skenk vir jou kerk so nie sal ek dit vat en vir my kerk skenk want ons het n kinderhuis met kinders wat weg gevat word by ouers wat die kinders mishandel. Hulle bly daar tot die hofsaak verby is en hulle in pleegsorg geplaas word of na die welsyn se kinderhuis gaan wat ons ook by betrokke is.

Re: Soek nuwe huis

Posted: Sat Aug 25, 2012 4:57 am
by visstok
Dis n goeie plan Oom Grummpy! Baie mooi gebaar FCLoretz!

Groete Alex

Re: Soek nuwe huis

Posted: Sat Aug 25, 2012 6:55 am
by VdWalt
Daar was in die week n polisiemannetjie op Jakaranda wat se huis af gebrand het
en sy geld is baie min. Sy naam is Stompi en jy behoort nog op hulle
website details te kry.

Re: Soek nuwe huis

Posted: Sat Aug 25, 2012 7:20 am
by Frederik
VdWalt,

Ja ook Stompi se storie gehoor op die radio dit sal ook goeie ene wees behalwe vir die kerk.
Ons het so ruk terug 150 kg se wildsvleis afgelaai by 'n kinderhuis wat 113 kinders elke dag moet voed jy kon sommer sien die mense het dit baie waardeer. Ons het nou 'n punt daarvan te maak om dit elke jaar te doen met van die goed wat ons gaan jag.  ;D

Re: Soek nuwe huis

Posted: Sat Aug 25, 2012 7:34 am
by Wismit
Skakel Solidariteit se : "Helpende Hand": 012 644 4390

Re: Soek nuwe huis

Posted: Mon Aug 27, 2012 8:49 am
by FCLoretz
Dagse,

Al die extra goed het huis gekry.

Grumpy se kerk se kinderhuis kry dit
Jaco wat ook 'n nood darvoor het kry ook.

Re: Soek nuwe huis

Posted: Mon Aug 27, 2012 9:04 am
by Renier
Welgedaan, dis uitstekende nuus!

Re: Soek nuwe huis

Posted: Mon Aug 27, 2012 9:45 am
by VdWalt
Yster.

Re: Soek nuwe huis

Posted: Mon Aug 27, 2012 11:40 am
by Monrique (SJ)
Baie mooi gedoen.

Groetnis

Re: Soek nuwe huis

Posted: Mon Aug 27, 2012 12:00 pm
by Herman Venter
Baie mooi gedoen! Daardie mense waardeer dit rerig baie!!

Ek het al gesien hoe dankbaar is mense in nood toe ek gehelp het met Solidariteid se "helpende hand" daar in Pretoria! Was great gewees om te kan help maar dit is hart breukend!

Groete
Herman

Re: Soek nuwe huis

Posted: Mon Aug 27, 2012 12:02 pm
by Eugene
Mooi gebaar FC, jy stel vir die res van ons 'n voorbeeld! :)

Re: Soek nuwe huis

Posted: Tue Aug 28, 2012 3:37 pm
by FHM
Eugene wrote: Mooi gebaar FC, jy stel vir die res van ons 'n voorbeeld! :)
+ 100