Page 1 of 2
water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:22 pm
by Francois Briedenhann
Manne ek soek raad of enige iets.
Ek is moeg om te stort in n stort met die water wat ytkom soos water uit n kar se ytlaatpyp!!!!Ek woon op n plaas die water "tenks" is so 6 tot 7 meter in die lig omtrent 20 meter van my af nou die probleem is my huis se water is reg maar my stort is NIE REG NIE!!!!Enige raad asb?Ek het n pomp maar ek wil nie heeltyd die motor hoor as ek stort nie!
Hoor graag van julle manne
Groete FB
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:34 pm
by Beretta
Is die kraan groot oop

sorry ek moes net
Beretta
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:39 pm
by Cobus(Cobb)
6m hoog....nee, daar moet 'n blokasie wees, plumbing tape, hemp....jy moet maar kyk...
is dit warm of koue water wat sleg loop??
mixer tap of twee apparte krane?
Ek weet daar is party tipe(cheepies) krane wat "oopmaak" maar nie oopmaak nie...net klein verstelling binne in nodig.Ek maak my buurvrou se plumbing gereeld oop...
Laat weet
Cheers
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:42 pm
by Geno
Cobb wrote:Ek maak my buurvrou se plumbing gereeld oop...
Ou hings!!!!!
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:43 pm
by JuanPaul
Francios
Kry vir jou 'n drukpomp, met dik pype sal jou vloei goed wees maar met min druk, jou pyp van jou tenks is seker een en 'n half duim maar in jou huis het jy meestal half en driekwart duim koper pyp wat jou vloei en water druk bale verminder. Ek het 'n drukpomp by my tenk by my oiutflow pyp en het 2.4 bar druk in my huis wat lekker hoog is( meer druk as meeste munisipaliteite). Die pompe is so R2500.kyk ook waar die stort kop vas draai aan die pyp daar is partykeer 'n siffie wat stop met klippies en sand uit die boorgate - Doen dit eerste voor jy krane en ander goed begin oopmaak want boorgat water het gewoonlik ook baie kalk wat stort koppe en die siffies stop, as jy die stortkop af het kyk of die water sterk vloei uit die pyp sonder die stortkop.
Groete
Juan.
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:44 pm
by Cobus(Cobb)
Geno wrote:
Cobb wrote:Ek maak my buurvrou se plumbing gereeld oop...
Ou hings!!!!!
hey, gedra jou.....
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:48 pm
by Cobus(Cobb)
Francois Briedenhann wrote:
die probleem is my huis se water is reg maar my stort is NIE REG NIE!!!!
Juan....
Ja maar hoekom is al die ander pype (1/2 duim of nie) in die huis reg?
Dik pyp, ho? druk, lae spoed
Dun pyp, lae druk, ho? spoed...
Klink my syne druppel net uit....
Cheers
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 7:57 pm
by JuanPaul
Cobb wrote:
Francois Briedenhann wrote:
die probleem is my huis se water is reg maar my stort is NIE REG NIE!!!!
Juan....
Ja maar hoekom is al die ander pype (1/2 duim of nie) in die huis reg?
Dik pyp, ho? druk, lae spoed
Dun pyp, lae druk, ho? spoed...
Klink my syne druppel net uit....
Cheers
Cobb kyk gou ek het my post ge edit, maar 'n drukpomp is maar lekker.
Groete
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 8:00 pm
by tripodmvr
In die winter kry ek dat die verkalking in die pyp loskom wanneer die pype naby vriespunt kom en dan beweeg die steentjies tot in die stortkop. Haal hom af en kyk of dit nie is wat die water blokkeer nie. Die wastertjies wat as seels dien kan ook verskuif en die toevoer afsny.
Julle kan seker sien dat ek gereeld my buurvou se water toets.
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 8:04 pm
by Cobus(Cobb)
tripodmvr wrote:
Cobb wrote:
Geno wrote:
Ou hings!!!!!
hey, gedra jou.....
Julle kan seker sien dat ek gereeld my buurvou se water toets.
Trip, ons moet oppas....die forum manne gaan ons skeef kyk

Cheers
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 8:30 pm
by bex
Ek sit met presies dieselfde situasie by my behalwe dat my tenke net 5-6m hoog is. Ek het my water vloei probleem opgelos deur al die eenrigting kleppe en ander goed wat aan die toevoer kant van die elektriese water verwarmer (geyser) af te haal en alles vryvloei te maak.
Water kan nou van die verwarmer terugstoot tenk se kant toe is dit wil , maar dit gebeur nie.
Nog iets wat tot jou probleem kan bydra is n lugborrel iewers in die pype waar hulle op hul hooste punt is. dit gebeur soms met my , en ek stel dit reg deur meeste krane in die huis in n sekere volgorde oop te maak. Dit gebeur baie min, gewoonlik net as die tenk leeg raak vir een of ander rede.
Wees versigtig om sommer net drukpomp op te sit , jy kan dalk lekke in mure en dak waar daar nooit lekke was nie.
Re: water druk
Posted: Mon Aug 27, 2012 10:07 pm
by G-force
Jy vra n vraag wat n paar moontlke antwoorde het.
As jy tien meter head het,MAW jou tenk is tien meter bokant die uitlate van jou huis se krane dan kry jy net EEN bar.10m=1 BAR druk,maak nie saak of jy 100liter of 100000liter daarbo het,druk bly die selde.Al is dit n tien duim pyp of n qwart duim pyp,as jy n druk meter gaan opsit,gaan hy die selde lees.Pyp deursnee beinvloed vloei,nie drukking nie.
Hoe verder jou tenk is van jou huis hoe meer wrywing word uitgeoefen op die water wat vloei,en as gevolg hoe minder vloei kom by die kraan uit.Vloei word natuurlik ook beinvloed deur deursnee van die pyp wat toevoer gee as gevolg van wryving.Jy sal moet kyk na die stort wat pla se pyp dikte as hy van dag een af minder gegee het as die res van die huis.Is alle pype die selde deursnee?Het hy dalk net onlangs begin pla?Is daar nie klippies in die siwwe in die kraan self nie?Is dit een van daai fency mixers?Die goed verloor geweldig druk en vloei en soek gewoonlik 6 bar plus druk om effektief te kan werk.Doen n toets en haal af die mixer as daar een op is,kyk dan hoe maak sy lewering.
Het jul dalk onlangs n pyp reggemaak wat gelek het?As dit Ja is dan kan daar n swak las wees wat n halwe blokasie maak wat dan vloei gaan beinvloed.
Soms as n systeem oop was,MAW jy het gewerk aan die pype dan vat dit n bloei aksie om al die lug uit te kry uit al die krane uit.As die huis verskillende hoogtes/verdiepings het dan word die druk heel bo sistematies uitgehaal .
Ek hoop jy kry die fout.
Groete
Ge
Re: water druk
Posted: Tue Aug 28, 2012 10:28 pm
by morne smith
Haai As die siffie in die kraan toegekalk is kan jy dit kook in asyn en dit sal van die kalk ontslae raak.
Groete
Re: water druk
Posted: Wed Aug 29, 2012 2:20 am
by grumpy
Soos Tripod se:
In die winter kry ek dat die verkalking in die pyp loskom wanneer die pype naby vriespunt kom en dan beweeg die steentjies tot in die stortkop. Haal hom af en kyk of dit nie is wat die water blokkeer nie. Die wastertjies wat as seels dien kan ook verskuif en die toevoer afsny.

Re: water druk
Posted: Fri Aug 31, 2012 10:54 am
by Carl
G-force wrote:
Al is dit n tien duim pyp of n qwart duim pyp,as jy n druk meter gaan opsit,gaan hy die selde lees.Pyp deursnee beinvloed vloei,nie drukking nie.
Dankie Ge, goeie advies vir die jong manne wat nog nageslag moet maak!

Re: water druk
Posted: Mon Sep 03, 2012 6:58 pm
by johans
met daai hoogte tenk behoort jy nie moelikheid met druk te he nie.my tenk is dieselfde hoogte en die stort het goeie druk
Re: water druk
Posted: Mon Sep 03, 2012 8:40 pm
by Francois Briedenhann
Naand manne. Ek het nou al rond gekyk en so biekie gekrap maar niks.Is dit nie dalk oor die water eers in die "geyzer" ingaan en dan van daar af stort toe loop nie? My ander kraane is reg dis net my stort wat so biekie vlou loop! Kan my stort kop ook seker wees?Want dis n makoeloe hahaha
Dankie en GRoete FB
Re: water druk
Posted: Mon Sep 03, 2012 8:50 pm
by wlm
Daar is verskillende stortkoppe op die mark. Die modernes wat die meeste installeer word het 'n baie klein gaatjie aan die agterkant wat die vloei erg beperk. Daar is outydse stortkoppe beskikbaar wat basies net 'n dop met gaatjies is, soos 'n gieter se kop. Die feit dat jou krane se vloei goed genoeg is vertel vir my jou stortkop is die fout.
Re: water druk
Posted: Mon Sep 03, 2012 9:07 pm
by Christo
Ek vind ook dat dit soms gebeur en doen dan die volgende, draai die stort se kop af, druk hom toe met jou handpalm en draai die warmwater kraan groot oop, hou stuif toe en draai dan die koue kraan ook oop. As daar 'n airlock iewers tussen die stort en die geyser is sal hy hom terugblaas tot in die geyser wat 'n iarvalve behoort te he. Hou so 'n minuut en draai dan alles toe. Maak nou die warm kraan oop en kyk of die druk nie beter is nie.
Kry ook vir jou n hardewater stortkop, hy het n veer in wat die binneste gedeelte laat terugspring as die water ophou vloei. So kry die kalk en dinge nie kans om aan te pak in die gaatjies nie.
Hoop jy kom reg, swak druk in n stort is onlekker.
Re: water druk
Posted: Wed Sep 05, 2012 10:55 am
by JuanPaul
Francois Briedenhann wrote:
Naand manne. Ek het nou al rond gekyk en so biekie gekrap maar niks.Is dit nie dalk oor die water eers in die "geyzer" ingaan en dan van daar af stort toe loop nie? My ander kraane is reg dis net my stort wat so biekie vlou loop! Kan my stort kop ook seker wees?Want dis n makoeloe hahaha
Dankie en GRoete FB
Daar is jou probleem as dit `n groot stort kop is sal jy laer vloei en aanvoelbare druk he want die goed is so ontwerp vir die water om net uit te loop, dis hoekom hulle water ook dan sommer vertikaal reguit afval terwyl die kleiner koppe wat teen druk werk op ongeveer 30 grade van die muur af spuit , as jy die stort harder wil laat spuit sit `n kleiner stort kop op.
Groete
Re: water druk
Posted: Fri Sep 21, 2012 1:37 am
by Fanie
Die druk op 5 / 6 meter moet al baie redelik wees, my verwarmer stelse is gravitasie voer 4m bo die grond op die dak en hy loop heeltemal goed genoeg. Jou probleem is beslis die toevoer pyp wat te dun is, of daar is iewers 'n vernouing wat die vloei beperk.
Jy kan vloei tempo mos maklik toets as jy 'n pyp van 'n sekere lengte en dikte van die tenk af laat uitloop. Hoe langer die afstand hoe dikker moet jou pyp ook wees, onthou daar is wrywing tussen die vloeistof en die pyp se binnewand. Hoeke soos elmboe help ook die water vloei belemmer.
Hou ook in gedagte dat al is jou tenk 5 / 6m bo die grond, die stort kop is 2m hoog en die druk is dan eintlik net 3 / 4m se druk... Die hoeveelheid water in die tenk speel ook 'n rol, as die tenk 2m hoog is en hy's leeg sal jy net die 3 / 4m se druk he, as hy vol is dan gaan jy 2m se water druk bykry.
Soos Gravitasie gese het, die druk word geheel bepaal deur die water se hoogte, maw die afstand van waar hy uitloop tot die hoogste vlak. Die beskikbare vloei tempo word egter bepaal deur die dikte van die pyp.
Die bos strorte, daai sak met die stort kop onder die sak loop redelik goed uit, jy hoef hom beslis nie so hoog op te hang om te werk nie, die vloei daaruit het natuurlik min versperrings in.
Moet 'n bogger wees as jy vir die volgende druppel moet wag...
Ek wil by se dat hoe hoeer jou tenk is hoe minder gravitasie krag is daar waarmee die aarde die water aantrek. Dit kan jy duidelik sien as jy daar bo van daai tenk af voeter, hoe verder jy val hoe vinniger trek jy ondertoe

Re: water druk
Posted: Fri Sep 21, 2012 1:53 am
by Herman Venter
Francios,
Jy het te lanklaas in die dorp gebly! Jy wil nie weet hoe stort ek hier nie! Ek weet ek sal seker nie die sang kompitisie wen nie maar gaan verseker die los dans komp 'n go gee met die gedans in die stort om onder 'n druppel in te kom! Kan nogal heel snaaks raak as die seep op verkeerde plek le!
Re: water druk
Posted: Fri Sep 21, 2012 8:16 am
by Andrev
Francois, as jy van die ouer tipe gravtiasie geysers het sal die druk op jou stortkop baie min wees. Hierdie geysers het hulle eie tenkie bo-op wat die hoer druk van die tenke in sy eie kleienr tenk laat loop. die druk word dus gebreek en die druk op hou stortkop is dus nou net die verskil tussen die stortkop en die geyser tenk. enige verdere obstruksies soos toegekalkte stortkoppe ens sal die situasie vererger.
Re: water druk
Posted: Wed Apr 03, 2013 1:13 pm
by Koedoebul
Net gou my 2 sent manne. My vorige huis het n ou laedruk geyser gehad, en selfde daar, kouwater spuit soos n jet washer en warm water kom maar stadig. uur om n bad te tap. Na so 50jaar toe kalf die geyser en vervang hom met die nuwe hoe druk geyser. probleem uit gesort.
Re: water druk
Posted: Wed Apr 03, 2013 1:56 pm
by PWV
Francois, jy het nou baie raad gekry, maar as al die goeters nie werk nie mag dit wees dat jou stort prostaatmoeilikheid het!
