Page 1 of 1
KD toetse
Posted: Thu Aug 30, 2012 9:43 pm
by Christo
Ek het so jaar of wat gelede ?n Thor KD gekoop vanaf een van die forumlede, Julie maand koop ek toe ?n Terminator by Clarence vir die selfde geweer aangesien ek gevoel het dat die S/S Thor KD nie pas by ?n ?gunblue? geweer nie. Ek was ook in verbinding met Henk ( Silent Hunting ) wat die reflex tipe KD?s maak, ons het mekaar vir koffie gekry in Bloemfontein waarna die besluit geneem is om die verskillende KD?s te vergelyk teen mekaar.
Hierdie is ?n toets en opinies deur my persoonlike ondervindinge en moet ook so gesien word.
Ek het ook ?n ?noise dB tester? gekoop maar sukkel om konstant lesings te kry. Selfs sonder die KD?s op kry ek meer kere geen lesings as wanneer ek lesings kry. Ek werk nog aan ?n plan om hom te laat werk en dit lyk vir my hy is te stadig om die kort knal van ?n geweer behoorlik waar te neem. Iets soos 'n omgekeerde megafoon beul???
Die link is na tabel met al my data, hy wou nie vanaf MSword oorlaai na die "post blok" nie.
https://dl.dropbox.com/u/60613964/kd%20tabel.xlsx
Hier is saamgestelde foto's van die verskillende KD's se recoil,elke foto het 5 frames in. Die video's van die skote is te groot vir aflaai na photobucket lyk dit my, as iemand weet hoe om hulle kleiner te maak laai ek hulle ook. So 3-5 sekonde clips.
Sorry vir die Loins top
Geweer sonder KD op
[img width=560 height=373]
http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... ecoil1.jpg[/img]
THOR KD
[img width=560 height=373]
http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... 1346350301[/img]
Terminator KD
[img width=560 height=373]
http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... ecoil1.jpg[/img]
Silent Hunting KD
[img width=560 height=373]
http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... ecoil1.jpg[/img]
Wat sal ek koop? Moeilike een die. Drie van my gewere het Terminators op en ek kom al 'n rukkie aan met hulle, so ja...... , maar ek moet met eerlikheid s? dat die Silent H KD's vir hulle self 'n plekkie in die mark gaan losskrop. Die korter totale lengte, gewig en balans sit vas in my kop.
Ek hoop dat die inligting vir iemand kan help om 'n KD te koop, maar die besluit is net joune alleen.
Ten slotte. Vir jou ore en almal om jou se ore - sit 'n KD op, dit is die regte ding om te doen.
Bylaag.
Hier is die Foto van die KD's wat getoets is.
[img width=389 height=480]
http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... oc/KDs.jpg[/img]
En hier is my kontrepsie waarmee ek die recoil probeer bepaal het. Dit is 'n ou druktoetser waarmee ons die drukke van pere gemeet het, hy werk in ponde. Ek het die geweer op die skietraam gesit en net my hand om die kolf gesit en so ver moontlik elke skoot dieselfde probeer aftrek. Hy het 'n merker wat bly op die pond druk waar die geweer gestop het. Die ponde recoil is dalk nie die werklike recoil druk nie maar dit gee darem goeie vergelyking.
[img width=560 height=174]
http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... setup1.jpg[/img]
Re: KD toetse
Posted: Thu Aug 30, 2012 10:05 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir die tyd wat jy in bestek geneem het om die toetse te doen Christo en ek glo dat almal dit waardeer en daarby sal baatvind. Mooi uiteen gesit en geskryf. Sal interessant wees indien die dB's ook getoets kan word en weergegee word wanneer jy die meter reg het.
n Job well done!!
Groetnis
Re: KD toetse
Posted: Fri Aug 31, 2012 9:51 am
by Biltong
Dankie Christo, dis baie waardevol.
Ek wonder nog altyd ten opsigte van die vermindering in terugskop, hoeveel is te wyte aan die ekstra gewig aan die geweer. (+- 800gram) voor aan die loop en hoeveel is te wyte aan die werking van die KD? Hoor graag almal se opinies.
Hoop jy kry die DB meter uitgesorteer.
Groete.
Biltong.
Re: KD toetse
Posted: Fri Aug 31, 2012 6:58 pm
by Christo
Biltong wrote:
Ek wonder nog altyd ten opsigte van die vermindering in terugskop, hoeveel is te wyte aan die ekstra gewig aan die geweer. (+- 800gram) voor aan die loop en hoeveel is te wyte aan die werking van die KD?
Biltong, sover ek verstaan sal die gewig saak maak maar die volume van die eerste kamer in die KD speel belangrike rol in die recoil en die klank demping proses. Die kamer moet so iets soos 70 bar druk kan absorbeer anders werk die KD nie doeltreffend nie. So verstaan ek.
Re: KD toetse
Posted: Sat Sep 01, 2012 10:36 am
by Biltong
Hi Christo,
Oulike recoil meter daardie -ek sien nie die resultate daarvan in jou tabel in die vorm van ponde nie -of kyk ek skeef? Ek dink jys op die regte spoor met die drukmeter, dit gee mos 'n opjektiewe lesing en is nie afhanklik van subjektiewe faktore, soos mens se gevoel nie.
Ten opsigte van die effektiwiteit van die knaldemper om terugskop te verminder teenoor die effek van die gewig daarvan, kan mens seker net 'n 800gram gewig voor onder aan die loop vasmaak en dit ook meet in jou volgende toets. Dan sal jy moontlik kan waarneem wat die effek van gewig op sy eie is, teenoor die effek van die werking van die knaldemper. (Dit sal natuurlik niks doen vir die klank nie.

) Party manne met groot kaliber gewere sit mos ekstra gewig in die kolf om recoil te verminder -dis hoekom ek dink dit sal interressant wees om te probeer bepaal wat die verskil is tussen die totale vermindering in terugskop van 'n KD, teenoor die vermindering wat net toe te skryf is aan die ekstra gewig.
Hoor graag wat jy dink.
Groete.
Re: KD toetse
Posted: Sat Sep 01, 2012 7:30 pm
by Christo
Biltong, kyk by die "recoil average". Ek het dit daar bv. 13pd
Re: KD toetse
Posted: Sun Sep 02, 2012 5:58 pm
by Silent Hunting
Christo,
Baie dankie vir al jou moeite. Jy het beslis meer verrig as wat ek verwag het.
Ek is bly om te sien dat die Reflex darem nie regtig terugstaan vir die gewone tiepes nie. Persoonlik dink ek nog steeds die voordele van die Reflex is meer as die gewone een se voordele, maar soos jy se, elke man moet maar vir homself besluit.
Nogmals baie dankie.
Groete,
Henk
Re: KD toetse
Posted: Sun Sep 02, 2012 7:29 pm
by Christo
Silent Hunting wrote:
Christo,
Baie dankie vir al jou moeite. Jy het beslis meer verrig as wat ek verwag het.
Ek is bly om te sien dat die Reflex darem nie regtig terugstaan vir die gewone tiepes nie. Persoonlik dink ek nog steeds die voordele van die Reflex is meer as die gewone een se voordele, maar soos jy se, elke man moet maar vir homself besluit.
Nogmals baie dankie.
Groete,
Henk
Henk, dankie.
Ek het 'n idee dat die Reflex KD's vinnig veld gaan wen. Ek sou 'n paar dinge wou verander.
1. Dalk die tube maak van 2mm.
2. Die tube verander na 42mm, om meer volume te kan absorbeer.
3. Minimum 5 baffels.
4. Opening voor max 1mm meer as koeel deursnit.
Die ekstra gewig gaan nie gevoel word nie maar gaan baie sterkte gee, veral omdat daar 'n lever aksie kan gebeur wat die KD kan "buig". Meer baffels minder geraas. Kleiner opening, minder geraas. Groter volume in eerste kamer sal ook minder geraas gee.
MAAR, al dit gese, dit is 'n baie goeie KD.
My eerlike opinie. Ek klink amper soos 'n pro

Re: KD toetse
Posted: Sun Sep 02, 2012 7:42 pm
by Silent Hunting
Christo,
Jy klink regtig soos 'n pro. Daar is huidiglik 8 baffels in. Sal bietjie kyk na al die ander voorstelle. Het wel gedink aan om dalk te kyk en toets as ek die KD langer maak vir 'n groter kamer. Kan hom dan net verder laat agter toe skuif om die lengte aan die voorkant selfde te hou. Glo nie dit sal so groot verskil maak aan die kleiner kalibers nie. Moes dalk ook die 7x64 kd dieselfde gemaak het as wat ek die 375 sn maak, 230mm. Dit vermeerder darem die kamer volume heelwat.
Sal kyk na die 42mm as ek 'n groter draaibank aangeskaf het. Hopelik nog die jaar. Besig om 'n plot te koop. So, moet maar kyk. Wil my hand probeer met so paar skape en so bietjie groenvoer. Sal maar moet sien hoe dit uitwerk.
Groete,
Henk
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 3:33 pm
by Biltong
Dag Henk en Christo
Ek het die toetse wat Christo gedoen het baie interressant gevind, veral die metings van die vermindering in terugskop met die drukmeter. Ek het egter nog nie terugvoer gekry aangaande my vraag oor die effektiewe vermindering van 'n KD op terugskop in sover mens dit kan onderskei van die vermindering in terugskop suiwer toe te skryf aan die ekstra gewig nie.
Is iemand dalk bewus van wetenskaplike toetse wat herhaalbaar is waar die effektiwiteit van 'n KD tov terugskop gemeet kan word? Ek kon so vinnig niks op die internet opspoor nie.
My huidige opinie -wat dalk kontroversieel mag wees, maar oop is tot ander oortuigings- is dat die knaldemper nie opsigself baie bydra tot vermindering in terugskop nie(miskien so min as 5%), behalwe wat toe te skryf is aan die addisionele gewig aan die geweer. Christo se toetsresultate wys dat die swaarste knaldemper (Thor) die mees effektiewe is met 'n vermindering in terugskop van 25,5%, met die toename in gewig van 23,32% (Gebaseer op 'n gemiddelde geweergewig van 4kg.) die terminator verminder die terugskop met 17,06% terwyl gewig toeneem met 19,45% terwyl die SH die terugskop verminder met 10.6 % en gewig toevoeg van 14.61%.
Sommige vervaardigers van KD's maak aanspraak op vermindering in recoil van tot 50% maar ek het nog geen objektiewe meetbare toetsresultate kon vind nie. As daar is sal ek dit graag wil sien. As mens kyk na die formule vir berekening van terugskop van 'n geweer by
http://kwk.us/recoil.html dan is die enigste veranderlikes waar die KD 'n effek kan he: die gewig van die geweer en dan die uitlaatgasse. Wanneer Barsness se Indeks gebruik word vir bv. die .243 w en jy vermeerder die gewig van die geweer vanaf 8lb na 9.87lb (23.37% toename), dan verminder die berekende teruskop met 19.15%. (9.4 vs 7.6 ft-lb)
Ek dink 'n knaldemper op 'n geweer is 'n wonderlike produk en al hoe meer skuts sal dit gebruik in die toekoms. My vrae is slegs gerig daarop om te probeer uitvind en verstaan hoe dit werk wil nie die knaldemper as produk afmaak of benadeel nie.
Miskien kan van die slim manne op die forum ons hier help.
Groete.
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 3:49 pm
by Silent Hunting
Biltong,
PM my jou e-mail. Ek het 'n paar artikels wat ek kan aanstuur. Kan nie presies die inhoud onthou van almal nie, maar dalk kan dit van jou vrae beantwoord of dalk die werking beter verduidelik, of dalk verder verduister. Glo dit is maar een van daardie punte wat elke vervaardiger sal aanpas om op die ou einde sy sak te pas.
Al wat ek weet is dat dit meer as 50% vermindering "voel" met teenoor sonder. Dalk is dit dieselfde as met dbs. 1 is nie 1 nie, 1 kan maklik honderd wees asgevolg van een of ander geleerde rede. Iets soos vermenigvuldig met homself. Nie seker nie.
Groete,
Henk
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 4:43 pm
by Biltong
Hi Ludwig,
Weet jy van enige toetse wat gedoen is met 'n meetinstrument wat die teruskop objektief kan meet? Soos ander manne al gese het op die forum "Om te meet is om te weet".
Die toetse wat Christo gedoen het met die drukmeter wys redelik klein verminderings in terugskop. Ek sal graag wil sien of daar met sy toets 'n groot verskil sal wees tussen die effek van 'n gewone gewig voor aan die loop en die Kd voor aan die loop. Die recoil calculator wys bykans dieselfde vermindering in recoil as wat Christo kon meet met sy drukmeter en dis slegs deur 'n toename in die gewig van die geweer.
Dis vir my ook logies dat ekstra gewig voor aan die loop juis die loopwip gaan verminder.
Ek verstaan dat baie skuts 'n groot vermindering in recoil waarneem -wat ek probeer vasstel is of dit op een of ander manier wetenskaplik meetbaar is.
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 5:51 pm
by Biltong
Dit lyk baie goed!
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 6:22 pm
by Silent Hunting
Wicus,
Het die inligting vir jou ge mail.
Henk
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 7:58 pm
by Biltong
Henk, dankie ek het dit ontvang. Sal bietjie kyk of ek meer wys word.
Ek het ge-reply op jou nedbank adres maar dit gaan nie deur nie.
Groete
Wicus.
Re: KD toetse
Posted: Mon Sep 03, 2012 9:27 pm
by Silent Hunting
Wicus,
Ja, ons server is maar sticky van tyd tot tyd. Doen dit gewoonlik met video clips.
Henk
Re: KD toetse
Posted: Tue Sep 04, 2012 8:12 am
by Biltong
Henk,
Ek het die artikels gelees dankie -in werklikheid het ek dit al voorheen gelees en dis juis waar ek die gebrek aan betroubare herhaarbare meting van terugskop en die effek van die KD ge-identifiseer het.
Lyk vir my of daar 'n gaping in die mark is vir iemand in jou veld om 'n "Terugskop meetinstrument" te vervaardig wat beide die terugskop spoed en terugskop energie van 'n geweer kan meet. Voordat so-iets beskikbaar is kan mens nie werklik die effektiwiteit van KD's of trompremme meet nie, en kom dit maar neer op spekulasie.
groete
Wicus.