Page 1 of 1

Kategorie:

Posted: Fri Aug 31, 2012 11:53 am
by WillJak
Op sommige van die oorsee se forums, en spesifiek veral in Engeland, word die woorde "takties", "self verdediging" en aanverwante konsepte nie gebruik nie, ten einde polities korrek te wees. Toe het my vriend Dan 'n nuwe frase opgemaak, vir "dit-waaroor-nie-gepraat-word-nie" - naamlik "Extreme Utility". Hoe mens dit sou vertaal in Afrikaans, die weet nugter alleen... :)

Die ontwerp is 'n aanpassing op 'n ander ontwerp deur 'n vriend en mede mesmaker. Ons gebruik tans sy ontwerp vir 'n "charity build off" maar die onderstaande is my weergawe/s daarvan, en die eerste twee is proto tipes vir die "charity build off". Die derde mes, met die blou hef, is ook 'n prototipe en meer my eie ontwerp alhoewel mens die herkoms kan sien.

Die mes is bedoel as veeldoel gebruiksmes (utility), geskik vir EDC, maar met sterk oorweging na die taktiese/self verdediging aspekte. Daar is verskeie ontwerp aspekte in die mes wat die taktiese aspek ondersteun - spesifiek die hoek van die lem in verhouding tot die hef, en die versterkte "pommel". Ek dink almal hier sal insien wat ek bedoel sonder te veel van 'n verduideliking...

Hierdie was die eerste een - brass pommel, Padauk handvatsel, staal (W2) van 'n groot rolsaag lem. Die mes word baie lekker skerp en behou sy snykant baie goed. In hierdie geval het ek die staal heeltemal skoon geskuur en al die "pitting" van die ou lem verwyder.
Image
Image
As gevolg van die hoek van die lem (en die grootte van my hande) lyk die mes amper klein in die hand maar die lem is 90mm lank
Image

Die hoek veroorsaak dat die mes baie gemaklik dra - ook onder jou hemp of trui
Image
Image

Op die tweede een het ek vir 'n meer "retro look" gegaan - ek het bietjie van die "pitting" op die lem gelos, en dit gekombineer met die moderne swart micarta en stainless steel pommel. Die mes was nog nie 100% klaar toe die fotos geneem is nie, maar julle kry die idee:
Image
Image
Image

Hierdie is die een wat meer my eie ontwerp is, veral ten opsigte van die lem. Weereens rolsaag lem, blou micarta, stainless pommel - hier is die lem 100mm lank en het 'n vol hoogte "flat grind" Die mes was ook nog nie heeltemal klaar nie - dit moet ek vandag doen - toe die fotos geneem is, en die blou is meer donker as op die fotos - ek het die fotos geneem net na die mes grof geskuur was, maar ek glo julle kan die idee sien:

Image
Image
Image

Ek weet nie hoe populer die tipe mes in Nederland is nie, maar indien iemand belangstel, kontak my gerus - ek gaan waarskynlik een of twee van die prototipes verkoop vir 'n goeie prys en ek gaan binnekort bestellings neem vir produksie modelle. Afhangende van die materiale sal produksie modelle verkoop vir tussen R1400 en R1700, posgeld  ingesluit.

Dankie vir die kyk en kommentaar is welkom, soos altyd.. :D

Re: Kategorie: "Extreme Utility".....

Posted: Fri Aug 31, 2012 12:07 pm
by Wielie Waps
Willem
Persoonlik hou ek meer van die eerste een se shape , maar dit is albei pragtige lemme.
Ek laaik dit kwaai.

Re: Kategorie: "Extreme Utility".....

Posted: Fri Aug 31, 2012 10:52 pm
by WillJak
Dankie Wielie - ek dink die eerste ontwerp is die mees veeldoelig en gaan die mees populer wees maar ek is besig met nog een wat ek dink dalk kompetisie gaan wees. Die messe is nou klaar - ek sal later fotos opsit van hoe hulle nou lyk - ek het die skede ook verander.

Re: Kategorie:

Posted: Fri Aug 31, 2012 11:04 pm
by WillJak
Right. hier is hoe die eerste twee vroeer vanmiddag daar uitgesien het:

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Re: Kategorie:

Posted: Mon Sep 03, 2012 8:24 pm
by WillJak
Hier is die blou ene klaar:

Image

Image