Page 1 of 1
Vee lek vir die tyd van die jaar!
Posted: Sun Sep 02, 2012 3:27 pm
by FE
Ek hoop Biker en Taffie sal my weer kan raad gee saam met al die ander manne.
Ons het so paar krimmels daar in die oos Vrystaat, my oom se hulle kry nou swaar met die kalwers wat hulle leeg suip. My pa wat maar die dinge gedoen het l? op die naat van sy rug in die hospitaal, so ek moet nou oor vat of probeer!

Lek blokke is te duur weet ek maar baie gemaklik. Is daar ander raad wat ek kan gebruik. Is ongelukkig nie op die plaas nie so ek sal iets moet gee wat weer bestand gaan wees ingeval dit sou nat word en nie die diere siek maak nie.
Wag om van julle te hoor!
Groete,
FE
Re: Vee lek vir die tyd van die jaar!
Posted: Sun Sep 02, 2012 7:36 pm
by Freddie101
Yster
As jy gras het is dit maar n proteienlek wat die beste is. Die goedkoopste proteien is ureum en dit kom in al die voermaatskappye se lekke voor. Gekoopte klaargemengde lekke is maar gewoonlik/altyd duurder. as jy wil selfmeng kyk op kynoch se voerureum sak is n mengsel. Diere moet nie southonger wees nie en eers met minder ureum in mengsel gewoond gemaak word. Dit is n dundee tipe lek.
Molatek en Voermol ens het ook so n klaargemengde tipe lek of blokke(gewoonlik die duurste) So praat met een van hulle verteenwoordigers in jou area.
praat maar as daar nog iets is.
Groete Freddie
Re: Vee lek vir die tyd van die jaar!
Posted: Sun Sep 02, 2012 8:57 pm
by Wayne
Yster, I agree with Freddie about the protein lick, you said that you are need something that can get wet, urea/water does not go well with stock. Blocks are expensive, but when we used blocks we built a wooden frame the size of the block and put the block into the frame, this made the animals lick the block from the top. they could not get to bite the block, but contact the reps, you can also contact Andre Bezuidenhout ( Cradock) 082-651 8958, He helps formulate my licks and those that we mix for other farmers. Hope all goes well with your Dad.
Wayne
Re: Vee lek vir die tyd van die jaar!
Posted: Sun Sep 02, 2012 10:05 pm
by FE
Hi Freddie en Wayne,
Dankie vir die raad sal more gou vandie manne bel. Ons het min gras op die staduim met die min reen wat ons die laaste somer gehad het!
Groete,
Edmund
Re: Vee lek vir die tyd van die jaar!
Posted: Tue Sep 04, 2012 4:36 pm
by fdt
Hi Edmund
Probeer Feedtack se traceblok(hoop spelling is korek) dis n klein ronde lek en weer bestand. Ek weet die lek blokke is duur maar die een het vir my gewerk dit het al die spoorelemente en ek gee dit reg deur die jaar, n trop skaap van ongeveer 150 sal tot 3 maande aan 1 blok lek.