Page 1 of 1
HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Mon Sep 03, 2012 7:42 pm
by bullseye
Manne help asseblief alles was rustig op die plaas totdat my eie honde begin het om boer ok lammers te vang in die nag is daar n manier hoe ek hulle dit kan laat afleer ek wil nie graag vir hulle jakkals medisyne gee nie dan gee ek hulle eerder weg. drie honde GSP, LABRADOR en JACK RUSSEL dit is regtig mooi honde en in my wereld moet ju honde vir veiligheid he. So kan ook nie die honde in hok sit nie dan beteken hulle ook niks.So wat ek wil se is ek wil of ek moet honde op plaas he maar hulle kan ook nie my lammers vang nie . Wat se raad het julle vir my??
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Mon Sep 03, 2012 8:04 pm
by Bok
As hulle eers eenmal vee gevang het is dit verby hulle hou nie op ni,
so jy gaan sukkel om imand te kry wat die honde sal vat. teensy hulle ini dorp in 'n toe verf gaan bly.
Dis maar sleg maar j sal n plan mut maak hulle gaan jou groot skade dun.
Bok
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Mon Sep 03, 2012 8:10 pm
by JAGTERSREG-JRM
Jammer om die draer van slegte nuus te wees maar as dit een keer gebeur het gaan dit weer en weer gebeur,dink die labrador neem dalk die voortou.Enigste manier is om nuwes te kry,dalk is da iemand op die dorp wat dalk die honde wil aanneem.
Groete
Kobus
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Mon Sep 03, 2012 8:48 pm
by Francois Briedenhann
Ek het gehoor jy kry n band wat jy om sy nek sit en n band om die skaap se nek sit sodra hy nader as 5meter van die skaap afkom knyp daai band hom met n paar volts dat hy somer plat val.Kan ook nie hond doodmaak nie maar so nader hy gaan hoe erger raak die volts tot die hond lam neer val dan skop die band af.Dink dit was in die lanbou weekblad.
Groete Hoop dit help.
FB
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Tue Sep 04, 2012 5:00 pm
by vergund
Jammer om te hoor van jou skade, ek het al gehoor van manne wat n hond met n 'choke ' ketting aan die grootse ram wat vasmaak en dan in die veld los vir n paar dae. Of dit werk sal ek nie weet nie!!!!!
Die enigste ander raad is ongelukkig n jakkalspil.
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Tue Sep 04, 2012 5:32 pm
by Carl
Saam-saam is die probleem, probeer dan net een los te hou in die aand. As jy hulle gaan los laat hardloop gaan hulle instik oorneem, almal is jag honde.
Dink nie 'n pil is oplossing nie, skenk die GSP dan eerder vir iemand.
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Thu Sep 06, 2012 12:45 pm
by Wayne
Bullseye, I had the same problem, labbie, jack russell and collie. Did not have the heart to get rid of them, or at least 2 of them as the kids loved the dogs. So I chose to alternate them, now the labbie has died and I seem to be able to let the other 2 out during the day, but shut the collie up at night. Unfortunately we will have to wait until they are all dead before we can get another dog.
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Thu Sep 06, 2012 1:03 pm
by Petrie303
Dagse,
Ek het toe ek klein was by my oupa gehoor dat jy maak die hond vas tussen dir kraal se muur en hek sodat hy nie kan loop nie, die hek met net groot genoeg oop wees dat 'n skaap netnet deur kan gan. Nou jaag jy die skape se paarkeer daai hek, met die hond wat daar le... Doen dit vir so week, elke dag vir so paar keer....
Die hond kry baie seer ma is glo daar na so bang vir 'n skaap dat hy draaie om hulle loop....
Sterkte!!
Petrie
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Sun Sep 09, 2012 9:26 pm
by johans
bullseye jy kry ook n collar vir die hond wat jy sy radius stel wat hy om jou huis kan loop,as hy uit daai rduis gaan word hy ook geshok.dink laas was dit so r800 per collar
Re: HELP ASSEBLIEF EIE HONDE
Posted: Mon Sep 10, 2012 2:12 pm
by KalahariKlong
Ek stel voor dat jy die labrador toesluit en kyk of die ander twee honde nog loop. Die lab sal maar voor hardloop as dit by daai tiepe van dinge kom. As jy gelukkig is sal hulle dit nie op hulle eie doen nie.
Groete
KK