Page 1 of 1

Howa .375 Ruger Magasyn plaat modifikasie

Posted: Mon Sep 03, 2012 9:07 pm
by Piet Breedt
Die manne wat sukkel om 3 patrone in hul .375 Ruger Howa gewere te kry, en dan glad nie die slot kan toemaak as die 3 patrone afgedruk word om n 4de in die kamer te sit, kyk hier: http://jaracal.com/index.php/topic,1367 ... #msg178812

Ek het n maklikke oplossing ontdek wat jou 15min vat om reg te kry.

Re: Howa .375 Ruger Magasyn plaat modifikasie

Posted: Tue Sep 04, 2012 6:24 am
by Hugov
Baie dankie vir die makilike oplossing met goeie fotos oom Piet.
ek gaan myne sommer more by die werk gou gladder maak met die workshop se dremmel.

Groete H

Re: Howa .375 Ruger Magasyn plaat modifikasie

Posted: Tue Aug 11, 2015 10:18 am
by Fishaman
Jammer om die ou onderwerp weer uit die sloot te grawe, maar dis seker beter as om 'n nuwe een te begin.

Piet, die "link" op jou oorspronklike plasing werk nie meer nie, het jy dalk nog die fotos iewers, wil graag my Howa ook met die dremel beetkry.

Dankie

Re: Howa .375 Ruger Magasyn plaat modifikasie

Posted: Tue Aug 11, 2015 10:30 am
by Piet Breedt
Ek sal kyk of ek nog die fotos het

Re: Howa .375 Ruger Magasyn plaat modifikasie

Posted: Tue Aug 11, 2015 8:49 pm
by Piet Breedt
Hier kan jy sien dat die magasyn kas n rif maak wat keer dat die magasyn plaat tot sy volle diepete kan gaan

Image

Hier sien jy hom uitsteek onder die magasyn kas


Image

Die riffie keer dat die magasyn plaat verby hom gaan en tot onder druk


Image


Veil die magasyn plaat se onder kante net effens skuins soos op die foto


Image


Veil die bo kante van die magasyn kas ook skuins


Image

So lyk hy as hy klaar is


Image

Nou kan die magasyn plaat verby die vashaakpunt gaan en jou toelaat om die hele magasyn se kapasiteit te benut.

Hoop dit help

Re: Howa .375 Ruger Magasyn plaat modifikasie

Posted: Tue Aug 11, 2015 8:59 pm
by Fishaman
Baie dankie Piet, ek gaan myne bietjie bykom.