Daan, eerstens baie welkom by die forum en dankie dat jy jou kennis met ons deel.
Ek het 'n Musgrave mod83 in 7x57mm en het al baie gewonder hoe hy vergelyk met die nuwe gewere op die mark.
Waar sou hy inpas? In die Howa kategorie of dalk Remington SPS ?
Ek het eenkeer 'n artikel gelees in 'n ou Magnum, toe die Musgrave mod 80 basies nuut op die mark was, en die skrywer het beweer dat die mod80 die akuraatste geweer van die rak af was uit al die oorsese fabrieksgewere op daardie stadium en ook dat die mod 80 se slagpen 'lock-time' van die kortste was.
Hoe waar dink jy is die bewering?
Baie dankie
Johan
Hoe vergelyk Musgrave mod 80/83 met nuwe gewere ?
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoe vergelyk Musgrave mod 80/83 met nuwe gewere ?
Vriend van my het 'n Musgrave 308 fabrieksgeweer wat hy 2 de hands gekoop het en 'n pasmaak 308 wat gebou is vir akkuraat skiet. Volgens hom is die Musgrave bobaas met selfs 3 skoot groepe van 1 duim op 300m. Ek het self sy teiken gesien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Hoe vergelyk Musgrave mod 80/83 met nuwe gewere ?
Dankie Johan!
Ons het beslis gepoog om die nuwe generasie Musgraves teenoor Brno, Remington, Sako te posisioneer. Daarvoor het ons globale aansien nodig gehad wat ongelukkig deur sanksies in die wiele gery is. Musgraves Mod 83 & 90 was onderandere uitgevoer na Italie, Duitsland & Frankryk. Ons plaaslike mark was net te klein om produksie tot n hoer rat te vat wat die produk duur gemaak het. Ons ander struikelblok was die blatante boikot van sommigge SA wapenhandelaars, veral die wat ingevoer het. Ons is beskuldig dat ons met belastingbetalers geld woeker. Wat die alg publiek egter nie van bewus was nie is die feit dat Musgrave ad valorum belasting op elke geweer betaal het.
Die sneller en haan is so ontwerp om skoon te "breek" en jy kon die slapen travel afstand verklein na 5 mm.
Ons het honderde aksies uitgevoer na onderandere die VSA. Baie gewild gewees onder silhoette skuts.
Musgrave gewere was eintlik nooit massa produkte nie en het ons elke geweer getoets vir akkuraatheid, dit was vir ons belangrik om markvertroue te wen.
Ek is oortuig dat indien Musgrave sou kon voortbestaan, ons een van die beste jaggeweer fabrieke sou wees, die planne was op die tafel. Maar na 1994 kon die nuwe eienaars, wat in alle geval nie in jag belangstel, nie die voortbestaan van Musgrave verstaan nie. Om die jag publiek te troos is daar besluit om LIW nou die "nuwe Musgrave" fabriek te maak. Weens hulle total gebrek aan gevoel vir n jaggeweer en die mark, het hulle skaamteloos gefaal.
Jou Mod 80, 83 & 90 is met van die beste gehalte staal vervaardig, dit is bewys waar ons alles in ons vermoe gedoen het om n Musgrave te laat ontplof, egter sonder sukses. Lope het gebars, lope het selfs uit aksies geskiet, maar die aksie het bly staan!
Geniet hom
Groete
Daan

n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: Hoe vergelyk Musgrave mod 80/83 met nuwe gewere ?
Dankie vir die interessante inligting Daan.
Die roertjie le my baie na aan die hart.
Oom 3poot, die ou was seker maar moeilik oor sy pasmaakroer 2e kom.
Groete
Die roertjie le my baie na aan die hart.
Oom 3poot, die ou was seker maar moeilik oor sy pasmaakroer 2e kom.
Groete
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoe vergelyk Musgrave mod 80/83 met nuwe gewere ?
Ja, hy is nie so beindruk nie. Ek het self my twee Musgraves en is baie lief vir hulle. Die 243 is 'n RSA enkelskoot. Ek wil graag fotos opsit van 'n geweer wat vir Daan Meyer (oud SA Jagters president) gebou is - die het sy naam op en het inlegsels ens. - blykbaar 'n pragstuk. Sal probeer dit bekom. Miskien weet Daan Els van die' geweer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Hoe vergelyk Musgrave mod 80/83 met nuwe gewere ?
Hi Tripod,
Ek was hoof van die pasmaak afd vir omtrent 5 jaar. Die 243 op RSA aksie was van die laaste RSA aksies nog beskikbaar en oorlede Dr Lucas Potgieter het ons gepols om n enkelskoot Musgrave te vervaardig. Sy redenasie was "waar gaan n bok jou kom byt" en n goeie jagter skiet net een skoot!
Ek gaan dit moeilik vind om die pasmaak gewere uit te ken omdat elke ou sy eie geweer gespesifiseer het. Ons het jaarliks aan die IWA wapenskou in Duitsland deelgeneem, sowat 10 pasmaak gewere saamgeneem en dit sommer binne 2 dae verkoop.
Stuur fotos.