Page 1 of 4
Musgrave cutom gewere
Posted: Sun Sep 09, 2012 7:34 pm
by welver
Daan, ek is so bly daar is iemand wat die geskiedenis van Musgrave ken,daar is so min opgeskryf oor hierdie eg Suid -Afrikaanse gewere.Musgrave het top kwaliteit wapens vervaardig.Ek het n paar custom gewere ,daar vir my gese dat die gewere deur Musgrave gebou is,maar daar is geen Musgrave naam op van die gewere aangebring nie.Twee van die gewere het ook die selfde reeks nommers,verskilende kalibers.Die reeks nommers is opgemaak uit die eienaar se voorleters en geboorte datum,blykbaar kon Musgrave dit vir jou doen.Ek sal jou kommentaar waardeer.Ek sal more probeer foto,s plaas.Daan ek hoop daar is n boek oor Musgrave oppad,anders gaan die belangrike deel van ons geskiedenis verlore gaan.
Groete
Jaco
Re: Musgrave custom gewere
Posted: Sun Sep 09, 2012 7:36 pm
by welver
Jammer oor die spelling dit moet ''CUSTOM'' wees.
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Sun Sep 09, 2012 8:29 pm
by Daan Els
Hi Jaco,
Ja jy is reg! Ons kon vir n klient soveel verskillende gewere pasmaak en het gewoonlik sy voorletters en geboorte datum as nommer gebruik, die enigste vereiste was dat die kalibers moet verskil!
Sal graag fotos wil sien. As daar gravering op die wapen is dan is dit waarskynlik die werk van Armin Winkler. Ons het hom na SA gebring en vandag bly hy in Kaap en praat vlot Afr.
Groete
Daan
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 5:06 pm
by DWB
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 5:07 pm
by DWB
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 6:14 pm
by Johan JvR
Maggies maar hulle is mooi.
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 6:21 pm
by spekieries
Die klassieke lyne sonder enige tierlantyntjies is vir my ook die mooiste. Twee prag gewere.
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:29 pm
by Hein M.
Mooi was nog nooit lelik nie!
Eg Suid-Afrikaanse eye candy...
Hein M
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:30 pm
by DWB
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:33 pm
by DWB
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:58 pm
by Daan Els
Ai, ek is vandag so spyt dat ek van die volgende ontslae geraak het.
300HH & 375HH match pair in tas met afswaai Smidt und Bender gebou deur Rogan Reid, 7x64 Blaser, by Blaser in Oostenryk gekoop, Musgrave het tender ingesit om hul lope te vervaardig, Silver pigeon side by side & over en under Berettas, Musgrave was agent vir Beretta, so lekker goedkoop opgetel, Beretta A302 Semi.......ag en nog baie ander.......stupid is under statement!!!!
Jou gewere is pragtig, veral my all time favorit, die 7x64 Breneke. Oorlede Dok Potgieter het eendag na n jag trip aan ons opdrag te gee om vir hom n 7x64 te bou op n Sako aksie! Toe ek die geweer uitvat skietbaan toe.......moes ek een kry!!! Omtrent al my bokke met of 7x64 of 300HH geskiet.
Mooi bly
Daan
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 8:15 pm
by Marc
Magtag manne, julle maak my hart sommer seer. My oorlede oupa het geboer net buite Bloemfontein en ons moes elke keer by die Musgrave fabriek verby ry om op die plaas te kom. As ek maar net toe al geweet het wat daar binne aan die gang was

Het my 25 jaar geneem voor die skiet gogga my gebyt het.
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 8:56 pm
by Daan Els
Ja, jy moes maar kom inloer het! Ons het graag groepe deur die fabriek gevat. Bv het van die rugby spanne wat in Bloem kom verloor het........hahaha, graag by ons kom kuier, die Bulle was seker die mees entoesiastiese klomp en het Dr John Williams graag by ons gekuier!
Nou moet jy weet hoe voel ons ex Musgravers as jy nou daar verby ry en sien alles is tot niet!
Wat n stuk verlore geskiedenis!
Groete
Daan
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:06 pm
by welver
Deon, dankie dat jy die foto,s geplaas het.
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:15 pm
by welver
Daan, daar is van die Musgrave reeksnommers wat met OB begin waarvoor staan dit.Die 300 H&H hier bo wat se aksie het hy,ek het gedink dis n santa babra maar daar is geen side safety nie.Dis ook nie n mauser aksie nie.
Groete
Jaco
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:40 am
by Daneel
Daai is nou van die mooste skiet goet wat daar is.
Ek self kan my eie gat skop. My oorlede pa het n Musgrave 30.06 gehaad en die het my ma by die polieste ingegee toe hy oorlede was.
Ek was maar 13 en kon nie aansoek doen vir die geweer nie. Nou huil ek as ek daaran dink.
Pragtige geweer met n ou lynx 8x40 op hom.
ek wens ek kon daai geweer nou weer terug kry.

Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:08 am
by James Wilson
Daan, wie was in daardie tyd die gunsmits wat net by die custom shop gewerk het
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:42 am
by Marc
Daan Els wrote:
Ja, jy moes maar kom inloer het! Ons het graag groepe deur die fabriek gevat. Bv het van die rugby spanne wat in Bloem kom verloor het........hahaha, graag by ons kom kuier, die Bulle was seker die mees entoesiastiese klomp en het Dr John Williams graag by ons gekuier!
Nou moet jy weet hoe voel ons ex Musgravers as jy nou daar verby ry en sien alles is tot niet!
Wat n stuk verlore geskiedenis!
Groete
Daan
Hehehe ja nee, hulle het seker lekker wonde gelek terwyl hulle so deur die fabriek toer.
Ons was in Junie Trompsburg om Springbokke te gaan soek en ek sien toe dit lyk nou soos 'n harde ware winkel. Al my kinder dae herineringe ook nou in hul dinges en ons is skaars uit die dorp uit. Dit is voorwaar hartseer en maar net iets waarna ek elke week of wat gekyk het, my sweet l? nie eens daar nie.
Gelukkig het julle top klas roere daar gebou, wat vir jare lank nog diens gaan doen en die legende aan die lewe sal hou
Mooiloop
Marc
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:39 pm
by Daan Els
Die 7x57 is n Musgrave Mod 80 slotaksie, die 7x64 is n Mauser waarvan die veiligheidsknip vervang is met n 45 grade een.
Mauser aksies was redelik vollop en ons het hulle toegerus met beter sneller, gewoonlik n Timney, beter veiligheidsknip sodat teleskoop montering moontlik is, die res van die Mauser is maar net REG, glo my!
Groete
Daan
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:47 pm
by Daan Els
Jaco, hoekom sien ek nie die 300HH waarna jy verwys, is ek nou dom met die besigheid of wat? Wa kan of moet ek kyk? Die OB is gebruik omdat ons in goeie ou Bloem was!
Stuur weer fotos!
Groete
Daan
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:56 pm
by DWB
Ek sal gou more oggend die 300H&H se fotos oor laai
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:58 pm
by Daan Els
Baie dankie!
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:18 pm
by blaser
Daan
Wat is jou indrukke van die nuwe musgrave wat in ermelo vervaardig word
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:37 pm
by Daan Els
Nogal gewag vir so n vraag! Musgrave is n Musgrave deur Musgrave vevaardig, punt. Ek sien bemarkingswaarde in hul strategie, maar, waar is die kundigheid? Musgrave het weergawes van H & H gemaak, maar om dit nou n Holand & Holand te noem is absurd en ons het ook nie.
Musgrave was nie net n geweer nie, maar n kultuur met Oom Ben, Trevor, Bennie, Bloemfontein, wereld beroemde skuts, jagters. Die personeel van Musgrave, die wapensmede en geweerbouers wat nou aan SA steeds van die beste diens lewer, dan noem ek ook ons navorsing en ontwikkelings vermoe, vervaardigingsvermoe, nie klomp goed uitgekoop, saam geflans en " ge-brand" nie.
Miskien vra jy die verkeerde ou, maar in my oe het Musgrave ophou vervaardig in Nov 1996.
Ek glo nie jy koop al hierdie kultuur en geskiedenis nie?
Goeie vraag, wat se ander manne, miskien is ek emosioneel oor die saak?
"ORIGINAL MUSGRAVE"
Sjoe ek word sommer moerig....nie vir jou nie....sorry.
Daan
Re: Musgrave cutom gewere
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:00 pm
by Monrique (SJ)
Daan
Ek stem saam met jou, n Musgrave is NET n Musgrave as dit in Bloemfontein gebou was! Die geskiedenis en kultuur kan nie met enige geld in die wereld gekoop word sonder om n oorspronklike Musgrave te he in jou kluis.
Die nuwes is elkgeval te hoog geprys en dit op n VZ24 aksie ook.
My 2c opinie.
Groetnis