Page 1 of 3
Lyttelton RSA aksie
Posted: Sun Sep 09, 2012 8:41 pm
by ELTIE
Naand almal
Ek wil graag weet of die lyttelton RSA aksies met die magesyn kas werklik so akuraat is as wat gese word. Weet die enkelskoot is baie akuraat. Wag reeds nou vir my lisensie vir so n Musgrave .243 met bo genoemde aksie.
Groete
Eltie
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Sun Sep 09, 2012 9:09 pm
by Daan Els
Eltie,
Jy sal maar moet loodgooi om te sien, wat se vorige eienaar? Die reeks, beter bekend as Vrystaat model was nogal akkurate gewere, hang net af hoe vorige eienaar na hom omgesien het. Hier is n paar manne op die forum wat verstaan hoe gemaak moet word as jy sukkel, seker hul sal help!
Sterkte
Daan
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Sun Sep 09, 2012 9:29 pm
by ELTIE
Daan
Die loop lyk nog regtig baie goed. Sou nog steeds die geweer gekoop het al was die loop klaar. Wou graag die aksie gehaad het kan altyd n nuwe loop opsit. Meeste manne se die aksies is baie akuraat wou net graag jou mening oor die vrystaat model aksie he. Geweer (aksie) sal vir oes gebruik word.
Baie dankie
Eltie
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Sun Sep 09, 2012 9:32 pm
by James Wilson
praat maar met my as die aksie nie na jou wense is nie, soek al lankal so n aksie
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Mon Sep 10, 2012 10:16 pm
by ELTIE
James het self lank gesoek na een, wonder nou net na wat ek gelees het, of n model 80/83 of 90 dalk beter sou wees nie?
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Mon Sep 10, 2012 10:20 pm
by James Wilson
Ja ja, daardie ding wat jy gekop het is sommer gemors, gee ho vir my!
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:26 am
by Marc
Ek het een in 3006 en na duisende skote is hy steeds bitter akuraat

Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 4:22 pm
by FCLoretz
Ek het die Ruger in die single action. En ek is nog nie een dag spyt oor die koop nie.
Die uit die boks akkuraatheid wat ek gekry het met die roer is fantasties.
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:33 pm
by Daan Els
FC, self mal oor Ruger no1. Goeie skut skiet net een skoot op n slag!
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:55 pm
by Monrique (SJ)
Daan
Ek is n man wat die RSA's like en gaan nog baie vrae vra.
Vertel bietjie wat die motief was om die RSA's oop te masjien en n magesyn kas in te sit?
Dan ook hoekom is van hulle RSA gemerk, van hulle Lyttelton RSA en somiges net Lyttelton?
Groetnis
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:05 pm
by Daan Els
Hi SJ,
Die RSA was ontwerp om meerdoelig te wees. Die enkel skoot RSA was hoofsaaklik vir skyfskiet terwyl die Lyttelton gemasjineer is om as jaggeweer te dien. Ek is nie 100% seker hoekom party RSA Lyttelton gemerk was nie, miskien n bemarkinsbesluit?
Ek wens ek kan my hande le op n RSA........magtig, ek was dom in my jong dae!
Vra maar, ek sal so akkuraat moontlik antwoord, 1996 to nou is nogal rukkie terug, jy bly welkom!
Groete
Daan
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:09 pm
by Monrique (SJ)
Dankie dit antwoord my vraag deur jy te se dat dit meerdoelig was. Ek het gewonder en gedink dit was dalk met die enkelskoot vir teikenskiet en toe later vir jag wapens ook gebruik omrede so goeie aksie.
My oom skiet self ene met n magesynkas in 30-06. en na 35jaar gooi daai roer steeds mooi met dieselfde loop en n paar duisend skote.
Groetnis
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:39 pm
by Daan Els
SJ, jys reg ou maat, dit is SA se eie "Mauser"
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:29 pm
by Hein M.
SJ/Daan,
Het darem my plank se liksens gister gekry. Nou moet ek 'n bank beroof om 'n paar verstellings te laat maak aan die roer.
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... /Plank.jpg[/img]
Hy steek maar erg af by die jaggeweer-RSA's, maar kom ons hoop hy gooi mooi.
Hein M
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:40 pm
by Monrique (SJ)
Hein
Appels maat appel!!!. Bly die roer slaap tuis. Weet die roer gaan n mooi storie vertel op die skywe. Geniet haar.
Groetnis
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:53 pm
by Daan Els
Hein, jip hul was maar vaal, maar nie skaam. Die hout was hoofsaaklik Beuke of Beeke, weet nie meer v spelling. Staan daar Musgrave op loop? Lyk v my dalk na n Ferlach loop, indien, dit is n meneer v n loop in skyfkiet!
Geniet hom,
Daan
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:18 pm
by Hein M.
Ouens,
Dankie! Ek voel omtrent soos een wat op honeymoon is...
Ek sal beslis nog baie raad vra!
Mooiloop!
Hein
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:34 pm
by Monrique (SJ)
Daan
As ek reg onthou is Hein sin ook soos myne n Musgrave loop.
Groetnis
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:43 pm
by Daan Els
Mooi, solank hy skiet waar jy mik!
Daan
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Tue Sep 11, 2012 11:36 pm
by ELTIE
Baie geluk met die nuwe roer Hein. Seker hy gaan n bars hou skiet!
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Wed Sep 12, 2012 1:30 pm
by Hein M.
Dankie ouens
SJ is reg. Hy/sy

het 'n Musgrave loop.
Net 'n vragie Daan. Kan ek daardie voorste visier laat afhaal sonder dat daar skade is aan die loop. Wil hom (sonder enige geldige rede) 'n '26 hou. Wat kan ek doen om die kolfkam te lig vir goeie oog-oplyning met 'n teleskoop?
Jammer. Dit is nou nie Musgrave-vrae nie...
Hein M
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Wed Sep 12, 2012 2:06 pm
by ZKK
Kan n mens nog enigsins Lyttleton RSA aksies koop of is dit iets wat mens net tweedehands sal kry?
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Wed Sep 12, 2012 2:07 pm
by Hein M.
ZKK wrote:
Kan n mens nog enigsins Lyttleton RSA aksies koop of is dit iets wat mens net tweedehands sal kry?
Jy kan vir S&O probeer. Het gehoor hulle verkoop van die aksies. Dit is blykbaar net vrek duur...
Hein M
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Wed Sep 12, 2012 2:39 pm
by Monrique (SJ)
Hein
Bel my dan vertel ek jou mooi hoe om daai visier af te haal.
Groetnis
Re: Lyttelton RSA aksie
Posted: Thu Sep 13, 2012 5:07 pm
by Daan Els
Hein, die voorste korrelblok is net op gesoldeer en sal geen skade doen, mag dalk oorweeg om so n stukkie te laat draai wat mooi by die loop aanpas en weer terug soldeer, gebruik sommer die een wat afkom en modify.
Jy kan die boonste gedeelte van die kolf plat skaaf, n netjiese stuk hout inlym en dan afwerk tot op hoogte wat jy wil he. Daar was op n tyd n passtuk van rubber wat jy kon pas om hoogte te kry.
Hoop jy kom reg
Groete
Daan