Page 1 of 1
Hoeveel keer kan ek 'n plastiek haelgeweer dop herlaai?
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:33 am
by Kerneels S.
Manne het weer raad nodig van julle af.
Hoeveel keer kan ek plastiek healgeweer doppe herlaai? Ek sien van die hitte raak die doppe bros voor. Ek gebruik hoofsaaklik Eley doppe van ammo wat ek gekoop het.
Groete
Kerneels
Re: Hoeveel keer kan ek 'n plastiek haelgeweer dop herlaai?
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:25 pm
by Christo
Kerneels, ek laai hulle totdat die voorkant barste kry, worry nie oor een barsie op die krimp nie maar dit lyk nie perfek nie.
Ek het baie doppe ge-erf en gooi makliker weg. Ek laai ook net so 75-80% van gekoopte patrone sodat ons almal die heel middag kan skiet sonder om te kla van seer skouers. Sien nie meer raak skote met vol gelaaide doppe as die 75-80% gelaaides nie.
Re: Hoeveel keer kan ek 'n plastiek haelgeweer dop herlaai?
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:28 am
by Kerneels S.
Dankie Christo. Waardeer jou terug voering!!!
Groete
Kerneels
Re: Hoeveel keer kan ek 'n plastiek haelgeweer dop herlaai?
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:45 am
by blaser
tot so 10 keer maar hoekom doppe is volop by die kleiduif pleke
kom kuier dan gee ek vir jou n bakkie vrag vol
eley is van die swakste doppe vir herlaai somiges is net 67 mm lank en hulle bras is te kort probeer eerder rc
Re: Hoeveel keer kan ek 'n plastiek haelgeweer dop herlaai?
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:14 am
by Kerneels S.
Remington
Jy moet onthou ek is aan die gat kant van die wereld. So jy s? as ek ammo koop om later die doppe te herlaai moet ek ammo kies waar die brass gedeelte onder langer is en nie soos Eley waar die brass gedeelte kort is. Al wat ek hier te koop kry is Eley en National ammo. Hoe is National?
Baie dankie vir al jou hulp so ver. Jy het my wragtig vandat ek op die forum is my baie gehelp.
Groete
Kerneels S.
PS Ek gaan kom kuier vir jou. Beplan om Pretoria toe te vlieg vir volgende jaar se Huntex in April.
Re: Hoeveel keer kan ek 'n plastiek haelgeweer dop herlaai?
Posted: Tue Sep 11, 2012 11:27 am
by blaser
kerneels
jy is welkom
ek dink die national is die selfde as die eley dit is die doppe wet eley vir ou charels van suburban guns maak wat hy plaaslik laai
dit is nie net die brass wat pla nie maar ook die lente van die dop en die wat carrier wat rond neuk
daar is baie beter doppe