Vrystaat kettie
Posted: Mon Sep 10, 2012 11:20 am
Ek het in die mid 80's my Musgrave 30 06 met 'n Tasco 4x32 scope gekoop vir R800 by Kruitvat hulle was toe nog in Melville Johannesburg My geweer is die K98 aksie met die klein wapentjie (lyk soos die Duitse wapen )gegraveer . Ek het presies 1 week gewag vir my lisensie omdat ek 'n kontak gehad het in die lisensie afdeling (goeie ou dae). In die begin was ek maar skaam gewees om te s? ek skiet met 'n Musgrave en hy is toe sommer herdoop na my "Vrystaat kettie ". Die ander manne het almal met duur ingevoerde wapens gejag . Maar aan die einde van die jag was my kwota altyd vol gewees . Later na 'n klein ongelukkie in 1988 moes ek die 4x32 scope vervang met 'n 4x40 wa Tasco en na al die jare met o? wat nou begin swakker word het ek vir my verjaarsdag 'n nuwe Nikon 3-9x40 gekry . Nou my volgende upgrade kyk ek na 'n knaldemper seker tyd dat ek die kettie 'n bietjie kan treat na baie jare se goeie en getroue diens.