Page 1 of 1

Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Tue Sep 11, 2012 6:11 pm
by Ian
Ek het al 'n klompie battery herlaaiers gekoop wat net 3 tot 6 maande hou. Vandag besluit ek om myself te bederf en gaan koop die Handy 70. Een van my vriende het so 'n laaier en reken dit is 'n baie beter produk as die gewone een wat te kry is by die normale winkels. Ek het die laaier by Battery Centre in Klerksdorp gekoop en hulle laai self hul kliente se batterye met die laaier. Ek gooi die tegniese data vir jul op foto's.

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Tue Sep 11, 2012 7:17 pm
by DWB
Ian, nou as jy nou die dag klaar gesukkel is dan koop jy vir jou 'n C-Tec Charger ;D

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Wed Sep 12, 2012 7:45 am
by JK
Stem, ctek

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Wed Sep 12, 2012 8:34 am
by Nickvn
Ja nee Ctek werk baie goed.

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Wed Sep 12, 2012 9:53 am
by pietjacobs
DWB wrote: Ian, nou as jy nou die dag klaar gesukkel is dan koop jy vir jou 'n C-Tec Charger ;D
Net so DWB, ek gebruik daai charger nou al 2 jaar op my volstruis broeikaste en geen probleme. Sal nie sommer weer ander een probeer nieĀ  ;)

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Thu Sep 13, 2012 4:42 pm
by Penkop
Is daar verskillende C-tec herlaaiers (verskillende funksies?)? Waar in Kaapstad kan mens so 'n herlaaier koop?

Dankie!

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Thu Sep 13, 2012 6:00 pm
by JK
http://www.ctek.co.za/int/en

You can pick and choose, ek gebruik hulle op voertuie wat ek nie elke dag gebruik nie. Koppel die charger op en vergeet van hom, en as jy wil ry, draai net die sleutel, geen geskarrel met pap batterye nie. En natuurlik om n deep cycle aux battery te laai in my toerkar.

Midas en off road, kamp toerusting plekke.

Re: Moeg gesukkel met battery herlaaiers

Posted: Thu Sep 13, 2012 6:28 pm
by tripodmvr
Ek het al vir baie jare die 12V batterye wat ek vir my toerusting gebruik met verskillende laaiers gelaai en het nie voorkeur of spesifieke naam nie. Baie doen al donkiejare se diens.

Dit wat ek al ondervind het is dat die krag by die muur aan en af gesit moet word alvorens die terminale gekoppel/ontkoppel word. Baie keer word die laaier onklaar en word vervang terwyl 'n interne sekering geblaas het toe daar 'n kragstuwing was. Kyk maar eers binne of daar nie so sekering is alvorens die apparaat weggooi word nie.

Battery Herlaaier

Posted: Wed Jul 24, 2013 11:26 am
by SmitH
Hi as iemand van julle dalk belangstel ek kan een van daai battery herlaaiers wat AllenT saam met die Foxpro verkoop wat die roeper en die remote se batterye laai by N 2de handse winkel kry vir R160

Groete
SmitH