Page 1 of 1

Lope op RSA aksies

Posted: Tue Sep 11, 2012 8:36 pm
by Monrique (SJ)
Daan

Kan jy dalk onthou met watter twist/s die RSA's uitgekom het asook die lengte?

Het gehoor dat die Ferlach lope later ingevoer was toe produksie baie opgetel het en nie bygehou kon word met die maak van die Musgrave lope, is dit dalk so?

Groetnis

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Tue Sep 11, 2012 8:59 pm
by Daan Els
SJ, nou net vir Hein gevra of daar Musgrave op loop staan want die loop lyk na Ferlach. Ja baie skuts het aan Ferlach geglo en ek kan getuig hy was goed!
Die RSA is in twee twist gemaak, nl 1:12 en 1:14, die 1:12 sekerlik die gewildste, looplengte was 26".
Die 308 is ook 1:12 en 22" & 24" terwyl die 3006 n 1:10 was.
Mooi loop
Daan

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Tue Sep 11, 2012 10:03 pm
by Monrique (SJ)
Dankie Daan

As ek dit reg het was die Ferlach lope wat op hierdie aksie gepas is altyd 1" of 1 1/2" langer as die Musgraves? Ek neem dan aan hulle was ook in dieselfde twist?

Groetnis

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Thu Sep 13, 2012 5:12 pm
by Daan Els
SJ, Ferlach het hier geland omtrent 35mm langer. Die skuts het self besluit hoe lank. Onthou daar was gewig voorskrifte vir die gewere.
Hulle was 1-12 twist en ek kannie onthou dat hul n 1-14 gemaak het nie.
Groetnis
Daan

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Thu Sep 13, 2012 9:35 pm
by ThinusS
You got two coins in your hands that must equal 15cents, the one is not a 5cent coin, what are they?
--------------------------------------------------------------------------------

'n 10c en 'n 5c?

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Fri Sep 14, 2012 2:29 pm
by swc-tr
Ferlach 7,62 lope wat ingevoer was vir Bisleyskiet, wat deur privaat wapensmede op RSA aksies monteer is, was by verre meerderheid 28" lank en 1-14" twist, met "stywe" boor en groef dimensies, gemeet teenoor die kommersiele CIP en SAAMI spesifikasies. Kamers was ook gesny met "match" spec ruimers, om beter akkuraatheid te gee met die uitgereikte "Blinde Jood" 143gr FMJBT ammo.

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Fri Sep 14, 2012 3:52 pm
by Daan Els
Thunis,
Die "quiz"  werk net in Engels! Die antw is inderdaad 10c
Sal nuwe moet plaas!
Groete
Daan

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Fri Sep 14, 2012 4:21 pm
by Daan Els
Hi SWC-TR,
Mag wees, het Ferlach besoek in 1992! Daar is weinig indien enige veskil in afmetings tussen Musgrave match & Ferlach. Die enigste werklike verskil was dat Musgrave a "button" loop was terwyl Ferlach n hammer loop was.
Die wat ek persoonlik gepas het was inderdaad 1-12 daarom seker my onkunde oor die 1-14? Die kamerruimers was std, het nie match geken? Ons ruimers was seker reeds match ;D  Die 28" is korrek, afhangend hoeveel van die punt afgesny moes word om die klok effek uit te skakel. Wanneer die loop tussen senters masjieneer is, is die groewe iewat beskadig of "distort" en die lope het net so hier geland en moes reggestel word.
Mooi loop
Daan

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Thu Dec 13, 2012 8:48 pm
by Charles.308
Sorry,maar wat is verskil tussen "button" loop en "hammer" lope.
Dankie
Charles

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Thu Dec 13, 2012 9:31 pm
by Daan Els
Ek antw jou more!
Daan

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Thu Dec 13, 2012 10:04 pm
by Kalahari
Charles.308

Ek gaan nie probeer verduidelik nie, Daan kan maar ook se wat hy weet. Hier was ook 'n redelike volledige bespreking die laaste paar dae.
http://jaracal.com/index.php/topic,1692 ... #msg214655
Lees op die skakel bo.

Beste

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Sat Dec 15, 2012 6:32 am
by Charles.308
Dankie dit het baie gehelp,maar nou die vraag is daar n manier hoe ek kan sien of my geweer loop  n hammer forging ,cut rifling of button rifling is,of moet ek die geweer na n gunsmith toe neem.
Dankie almal vir inligting 

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Sat Dec 15, 2012 8:27 am
by Kalahari
Charles

Jammer man, die sal ek nie kan se nie. Ek hou baie van skiet, maar weet nie vreeslik baie gewere nie (tegnies) :-[
Dit hang seker af wat se geweer jy het en wat se inligting het van die geweer bv fabrieks geweer oorspronklike loop ens of dalk (soos bv my tikka) se die vervaardiger wat se tipe loop dit is.
Hoop jy kry 'n antwoord

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Sat Dec 15, 2012 7:15 pm
by Charles.308
My geweer RSA Musgrave Single Action .308(Bisley)

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Sat Dec 15, 2012 7:56 pm
by Kalahari
Charles

In daardie geval dink ek moet jy net so bietjie vasbyt, Daan dink ek gaan die regte man wees om jou hierop te antwoord. Hy is nie so baie op die forum nie, maar as hy op is antwoord hy almal se vrae.
Anders kan jy dalk vir hom pm stuur.

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Sun Dec 16, 2012 9:26 am
by andre007
Daan Els wrote: SJ, nou net vir Hein gevra of daar Musgrave op loop staan want die loop lyk na Ferlach. Ja baie skuts het aan Ferlach geglo en ek kan getuig hy was goed!
Die RSA is in twee twist gemaak, nl 1:12 en 1:14, die 1:12 sekerlik die gewildste, looplengte was 26".
Die 308 is ook 1:12 en 22" & 24" terwyl die 3006 n 1:10 was.
Mooi loop
Daan
Daan

Myne is n .243 Vrystater (RSA LyttletonAksie met magasynkas) met die oorspronklikke loop op in .243,looplengte 25.98" wat sal die twist wees na gelang van jou boonste post?

Groete

Andre007

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Sun Dec 16, 2012 10:36 am
by Monrique (SJ)
Andre

Jou .243 se loop is heel waarskynlik n 1-10", dit is die algemeenste twist vir die kaliber.

Jy kan altyd ook dit by benadering toets met jou skoonmaak stok en n lappie wat lekker styf daarin pas.

Groetnis

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Tue Dec 25, 2012 10:22 am
by Daan Els
SJ se antw is korrek. Jammer ek het so bietjie slapg&t geraak, maar tel weer spied op!
Groete
Daan

Re: Lope op RSA aksies

Posted: Tue Dec 25, 2012 5:45 pm
by Daan Els
Die "button" loop is n tungsten bal wat soos n koeelpunt lyk en daar is ook groewe teen sekere hoeke en dieptes in die bal gesny. Die "button" word deur die loop gedruk met n spesiale smeermiddel. Die hammer loop is veral geskik vir swaar produksie waar groot hoeveelhede vereis word. Die loopstaaf is baie dik en kort. Die mandrel wat die kaliber en twist bevat word in n masjien geplaas wat n roteerende hammerkop bevat en die dik stuk materiaal word gehammer terwyl die mandrel deur gestoot word. Die metaal word dus koud gesmee rondom die mandrel.
Hammer lope is geskik as produksie dit vereis aangesien die vervaardigingsproses vinniger en meer ekonomies is as button lope.
Daar is baie opinies oor die twee prosessse! Ons het gevind dat die button loop minder materiaal spanning bevat!
Ek kan in baie meer detail veduidelik indien enige lede dit vereis. As ons die twee masjiene vergelyk, maak die button proses sin! As dit militer is, dan wen hammer!
Groete
Daan