Page 1 of 2
my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:00 pm
by BLOUVALKIE
hallo al die ooms
jis ek was lanklaas hier vrek besig met die skool, rugby ens maar dis nie belangrik nie. JAG is belangrik en skyfskiet hahaha
ek wil gou so paar fotos wys vir almal van die bokke wat al geskiet het die jaar
die ram het ek geskiet op 120m met die 308 en 155gr nosler cc koeels toe ons takbokke gesoek het om te oes
ek was amper dood gevries daai aand die ryp le in die veld party plekke toe ons skiet ons het eers half drie gaan slaap na ons klaar was
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120615-00163.jpg
hier le ek aan op n ram
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120709-00304.jpg
en hier is die ramek het hom op 183m met die 308 geskiet met 125gr nos baltips die wind het kwaai gewaai daai dag so ek moes maar agter die blad skiet
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120709-00305.jpg
later die week toe skiet ek die ram net onder die oog op 130m ook met 308 en 125gr nos baltips
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120712-00327.jpg
ek en my pa het n week en n half lank gejag en dit was vrek lekker dankie pa vd lekker skiet
hier is pa pit met n jak wat hy geskiet het met die 270 op 411m
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120702-00258.jpg
dit was n reun en het 13kg geweeg
al wat ek nou nog moet gaan skiet is my takbok einde september en dan moet ek nog my blesbok by oom taffie gaan skiet wat hy gese het ek kan daar kom skiet
lekker aand al die ooms
moet al amper weer gaan slaap
toetsreeks is aan die gang
groete
BLOUVALKIE
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:09 pm
by GreyGhostGear
Lekker ou Valkie, baie mooi geskiet ou maat!
Sterkte met die toetse en mooi leer

Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:13 pm
by Beretta
Ja boetie mooi geskiet daar ou seun hou van jou skoen veters mooi man mag daar nog baie wees
Beretta
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:16 pm
by Frederik
Netjies Netjies baie Netjies.
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:29 pm
by KalahariKlong
Baie mooi ou bul. Daar is sommer so paar yster skote.
Jy en daai 308 verstaan mekaar al mooi.
Baie geluk.
Groete
KK
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 8:45 am
by FHM
Ou Blouvalkie, jy kan nou maar jou naam opgradeer na Witkruisarend

toe ou seun.
Allemintag man dis darrem n paar mooi bokke wat jy daar geskiet het. Pragtig ou seun en baie geluk.

Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 8:48 am
by SV MAD (Henk)
Baie mooi Valkie.
Sterkte met toetse
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 9:13 am
by johnny
Blouvalkie
Baie mooi en mooi storie vertel ook, baie beter as jou pa, jy moet tog vir die manne se dat jy net so n bars hou daar op die skietbaan ook skiet, gaan een van die dae in n skietpan vir jou moet plek maak
groetnis
Johnny
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 9:16 am
by G-force
Mooi so Blouvalkie,skiet soveel ammo uit as wat jy kan en leer baie.
Jou Pa leer jou reg.
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 10:28 am
by FCLoretz
Mooi geskiet Valkie,
Hou so aan.
Sterkte met die toets reeks
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:22 pm
by PITSMIT
is n plesier ou bulperd
bly jy geniet dit
manne dis ons heel eerste "lang" jag saam gewees week en n half van skiet braai en vleiswerk op die plaas
ek kan net se ek is trots op die klein bogger luister mooi in die veld en loop nie en raas en klippe skop soos baie grootmense saam wie ek jag nie
luister ook mooi vd skootplasing en afstand as ek hom se maar dit vat niks van sy skietkuns weg nie hyself druk daai skoot af so al die mooi skote behoort aan hom
ons maak nog baie so as ons gespaar word seun
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:24 pm
by Geno
Jacque,
Mooi geskiet matertjie! Jy skiet verseker baie beter as daai dik pa van jou!

Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:28 pm
by PITSMIT

geno ..I..
ten minste lyk ek nie soos n teerpaal wat mos op het nie soos jy wanneer jy jou hemp uittrek nie met daai woljas aan hahahahaha
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:42 pm
by Flip Nel
Baie mooi Valkie
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 13, 2012 8:02 pm
by BLOUVALKIE
Baie dankie al die ooms vir die mooi boodskappe!! en ek hoop al die toets reeks is al verby!!
Dis reg oom Johnny!! s? net watse span ek moet skiet!!
Dankie oom FHM!!
Dis reg oom G-force oom moet net die patrone stuur!!ek sal die doppies maak!!
groete
VALKIE
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 20, 2012 10:27 am
by SmitH
Baie mooi geskiet dit is darem lekker om te sien as die jong manne die bokke laat val
Groete
Smit
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:34 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom Smit
dankie vir die mooi boodskap oom!!
groete
VALKIE
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 20, 2012 9:09 pm
by Marc
Lekker man Valkie
Sien jy gooi al lekker vir die kop
Jy beter en s? vir jou Pa baie dankie vir daai mooie roer, ek moes my eerste geweer self koop en het dit eers in my twintiger jare kon doen. Jy is baie bevooreg, mag jy en jou pa nog diep spore in die veld trap
Hahahaa dink nou net daaraan, dis darem net koud as jy van punt a na punt b ry, as die bok eers geval het vergeet mens sommer gou van al die ander goeters wat jou gepla het

en daai biltong proe mos gewoonlik die lekkerste
Mooiloop
Marc
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Sat Sep 22, 2012 2:56 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom Mrac
hahahhahahahahhahahaha ja ons het vanmiddag so paar van daai s/bokke se biltonge afgehaal.
dis reg oom ek sal altyd my gewer oppas!!
hoop als gaan goed met oom se dogtertjie!!!
hallo oom kalahariklong
dankie vir die mooi boodskap!!
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Thu Sep 27, 2012 2:53 pm
by johnny
Valkie
Is jy klaar met daai eksamen? Tyd vir daai varkie ne.
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Sat Sep 29, 2012 6:14 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom johnny,
ja oom maar die oom wat my moet vat se al vir 'n jaar ek moet kom maar hyt nie tyd nie.
groete
VALKIE.
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Sat Sep 29, 2012 9:19 pm
by Francois Marais
Valkie
Baie mooi gegooi, sterkte me die eksamens.......
Mooi loop
Francois
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Sun Sep 30, 2012 3:29 am
by tripodmvr
Kyk nou so na julle fotos en dit laat my dink aan die Jansenville omgewing. Waar is daardie jakkals geskiet? Die uitsig agter is uitsonderlik.
'n Tweede vraag is oor die 125gr Sierras. Hoe maak hulle met vleisskade op die bladskote en werk hulle oor langer afstande (200-300). Het hulle in my 30-06 gelaai en het spoggerig op papier geskiet (100m) maar weet nie hoe hulle verder gaan presteer nie.
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:36 am
by BLOUVALKIE
hallo oom driepoot
oom my pa het daai jakkals in steytlerville geskiet!!!!
dit is 125gr nosler bal tips.oom ons het nog nie daai afstand geskiet met hulle nie maar daai koeels het daai s/bok redelik seer gemaak.dis eintelik jakkals koeels maar mens kan net kop skote skiet eintelik want dis goeie oes koeels
groete
VALKIE.
Re: my jag sover vd 2012 seisoen
Posted: Sun Sep 30, 2012 9:46 am
by tripodmvr
BLOUVALKIE wrote:
hallo oom driepoot
oom my pa het daai jakkals in steytlerville geskiet!!!!
dit is 125gr nosler bal tips.oom ons het nog nie daai afstand geskiet met hulle nie maar daai koeels het daai s/bok redelik seer gemaak.dis eintelik jakkals koeels maar mens kan net kop skote skiet eintelik want dis goeie oes koeels
groete
VALKIE.
Dankie vir die inligting. Kon sien dit is iewers in die karroo - baie mooi wereld as mens in die berge inbeweeg.