Page 1 of 1
RSA Enkelskoot snellers
Posted: Fri Sep 14, 2012 9:35 pm
by Hein M.
Hallo Daan!
Ek maak weer van jou verniet diens gebruik
Die snellers waarmee die RSA 7.62 skyfskiet gewere (sien my foto's) toegerus is: Deur wie is dit vervaardig en is dit verstelbaar? Is hierdie snellers vervangbaar? Ek het iewers gehoor dat dit nogal 'n operasie is om die snellers met iets anders te vervang. My pel hier op die forum, SJ, het sy Plank se sneller gepolish en dit is nou heel aanvaarbaar.
Hoor graag wat jou opinie is.
Mooiloop!
Hein M
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sat Sep 15, 2012 7:28 am
by johan
Kom ons hoor wat Daan se,sover my ondervinding gaan kan jy nie n standaard RSA sneller veel beter as 3,5 na 4 LB toe stel nie.
Daar is egter n modifikasie wat mens kan doen en dan sal dit maklik 2.5 LB haal.Die gemiddelde jaggeweersneller behoort nie ligter as 3 LB te wees nie.
Ek sou nie aan n sneller poleer nie,dis n resep vir n ongeluk om te gebeur.
Die beter opsie is egter om n ERA sneller te pas.
Johan
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sat Sep 15, 2012 3:15 pm
by Monrique (SJ)
@ Hein
Ek dink Musgrave het self die snellers vervaardig as ek reg onthou. Jy het self gevoel hoe my sneller nou breek in vergelyking met wat dit was. Die sneller is wel verstelbaar. Jy kan jou sneller met n ERA vervang indien jy sou wou, weet nie of daar ander is wat pas of gepas kan word nie.
@ Johan
Hoekom sal dit n probleem wees om n sneller te poleer? Wat kan gebeur?
Ek het nie n sneller skaal en kan nie vir jou se op hoeveel myne breek, maar is lekker lig en STEEDS veilig.
Ek het gehoor van manne op hierdie einste forum wie sin ook poleer is en konstant op 16onse breek. Maak daai som en kyk hoeveel pond breekkrag daai jou gee.
Ek luister graag.
Groetnis
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sat Sep 15, 2012 4:41 pm
by johan
SJ
Waarmee, hoe en waar poleer jy ?
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sat Sep 15, 2012 4:55 pm
by johan
Op my snellerskaal is 16 onse = 1 pond
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sat Sep 15, 2012 5:49 pm
by Monrique (SJ)
@ Johan
Waarmee - Slypsteentjie en skuurpapier
Hoe - Baie versigtig
Waar - Op die 'sears'
@ Hein
Ek sien nie die foto wat jy geplaas het van die sneller nie.
Groetnis
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sat Sep 15, 2012 6:33 pm
by johan
SJ
Goed so !!
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 12:24 am
by Hein M.
SJ,
Ek het nie eksklusiewe-sneller foto's van die RSA Lyttleton Plankgeweer geplaas nie.
Ek het aangeneem dat die lesers hier sal weet waarvan ons praat.
Jammer dat ek die sneller modifikasie-praktyk enigsins genoem het
Mooiloop!
Hein
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 8:20 am
by wlm
SJ en Hein
As deel van die plankbende is die snellerkwessie baie belangrik vir my. Na so 250 110gr V-Max'e plus nog ander het ek gewoond geraak aan die sneller maar ek wag vir die dag wat SJ kom kuier in Williston om myne ook te "polish".
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 8:45 am
by Daan Els
Hallo almal mbt sneller,
1. Die snellers is deur Musgrave vervaardig.
2. Hulle is wel verstelbaar maar moet met groot versigtigheid hanteer word. Indien jy hom te fyn stel kan dit n spookskoot gee.
3. Daar is 3 vlakke wat interaksie met mekaar het,nl;
- die vlak op jou cocking piece wat teen die sear hak. Kyk dat die twee vlakke mooi glad is en nie skeef druk nie. Passop , hulle moet glad en haaks wees anders kan hy oorglip!
- die sear het twee funksies, die cocking piece hak aan die lippie wat Bo die sneller housing uitsteek terwyl die sear se onderkant Bo-op die sneller druk, weereens moet die onderkant van die sear glad en haaks wees, so ook die sneller se plat Vlak.
4. Dit gaan verg dat jy die sneller uitmekaar moet haal!
5. Gebruik n cokie pen om vlakke wat genoem is swart te maak, haal geweer uit hout, en haal geweer oor en volg goeie oordeel, mag jou van 1 uur tot n dag neem.
Moet asb nie met grinders inklim, ooo e e, gebruik fyn slypsteentjie en skuurpapier, so 1200grit.
Passop ook om die vlakke skuins of skeef te poleer.
Die snellers was nou werklik leiers op hul gebied nie en was massa produksie. Hul kan egter groot plesier verskaf as jy geduld aan die dag le en fyn werk.
Om te bepaal of jy korrek te werk gegaan het, moet jy die grendel maar n paar keer hard toemaak om seker te maak jy kry nie n accidental discharge AD nie. Dit is ook raadsaam om die geweer met sy skokstuk teen iets te stamp om ook seker te maak die sneller is nie te fyn nie.
Die snipers en silhouette gewere wat ons vervaardig het was so 2-2,5 lb druk en hul was veilig. Ek is bietjie verroes mbt watter ander fabrikaat daar pas, ek dink ERA en dalk Timney?
Hoop julle kom reg, die sneller kan beter met TLC.
Mooi loop
Daan
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 9:49 am
by johan
Dankie Daan,jy het goed uiteen gesit.
Onthou ook dat meeste snellers&seers se kontak oppervlake "dopverhard" is en dit moontlik is om deur die harde dop te breek as mens te veel metaal verwyder. Dan sou mens ook graag die sneller gereeld wou weeg om te sien hoe die trekgewig afneem soos jy vorder.
Om die oppervlaktes haaks te hou is ook krities !!
Daar is egter n ander modifikasie wat nie polering behels nie, maar wat ook baie goed werk.
Johan
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 12:30 pm
by Monrique (SJ)
Daan
Baie dankie vir jou volledige verduidelikings.
Toe ek my plank se sneller destyds gedoen het het ek baie versigtig te werk gegaan en aandag daaraan geskenk. Ook die slot hard toegemaak en weer gestel en weer gestamp om seker te maak ek kry nie n AD nie maar dat die wapen steeds veilig is en mooi crisp breek.
@ Willem
Maat ons moet n plan sien dan kom draai ek by jou en kuier so bietjie in die Karoo.
Groetnis
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 1:38 pm
by Daan Els
Johan, baie bly jy noem die verharding, het vergeet! Ek het my Mod 80 onder 2lb gekry, maar moet noem met die hele Musgrave tot my beskiking

. Dit klink vreeslik ingewikkeld, maar eintlik nie.
Die mees kritiese vlak is tussen bokant van sneller en onderkant van glipnok (sear).
Groete
Daan
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Sun Sep 16, 2012 1:40 pm
by Monrique (SJ)
Johan
Vertel bietjie watter ander modifikasie kan gedoen word sonder om die vlakke te poleer asb.
Groetnis
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Mon Sep 17, 2012 8:15 am
by JWO
Ek het vir my 'n Davies sneller vanaf Australi? bestel en hy werk soos 'n bom. Al nadeel is dat die sneller redelik breed is en jy die snellerbeel 'n bietjie moet oop sny. Hy is egter baie fyn verstelbaar. Kyk na die link:
http://www.daviestriggers.com.au/
Re: RSA Enkelskoot snellers
Posted: Mon Sep 17, 2012 3:43 pm
by Daan Els
Daarsy, die manne moet kennis neem. Die Ausies was mal oor die RSA, so gin wonder hul het beter sneller gemaak. Onthou die Musgrave sneller dateer uit die 60's en met vandag se CNC vermoee, is alles beter!
Cheers
Daan