Daan
Kan jy asb so bietjie vertel en beskryf van die nommering wat Musgrave gebruik het op hulle wapens. Weet ook dat parte ook genommer is en wat die nommers "beteken".
Het al gesien wat die laaste 3nrs van die reeks nommer ook op die sneller en slot graveer is, maar sommiges het weer nommers wat verskil van die reeks nommer, sommiges ook die datum op, neem aan van die vervaardigings tyd.
Hoekom is sommige lope genommer maar nie aksies of andersom?
Wanneer is die OB nommers gebruik en wanneer net n gewone nommer soos ander wapens?
Weet sommiges het ook n T in gehad?
Hoekom is van die lope gemerk Musgrave en Seuns - Bloemfontein, ander Musgrave en Seuns en ander net Musgrave en wanneer is watter so gemerk?
Jammer vir al die vra maar soek so veel as moontlik inligting van Musgrave en is trots op n eg SA produk en wat dit nog beter maak is die feit dat dit wapens is.
Groetnis
Nommering van Musgraves en veral RSA's. Ook name op lope
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Nommering van Musgraves en veral RSA's. Ook name op lope
Last edited by Monrique (SJ) on Sat Sep 15, 2012 6:08 pm, edited 1 time in total.
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Nommering van Musgraves en veral RSA's. Ook name op lope
Hi SJ,
Jy is welkom!
Die Musgrave en Seuns was aanvanklik toe dit nog familie saak was. Krygkor het Musgrave in1961 oorgeneem en toe is Musgrave Bloemfontein hoofsaaklik gebruik, latere jare en vir geen spesifieke rede het ons net Musgrave aangebring
In die ou dae was die loop die wapen en nie die aksie. Jy kon werklik duisende aksies in jou besit gehad het, sonder lisensies, daarom is die loop genommer.
Die OB was hoofsaaklik deel van n nommer reeks. Die SAP het maar hoofsaaklik leiding gegee mbt watter nommer reeks hul verwag. Pasmaak gewere kon ons bv jou voorletters en geboortedatum gebruik as nommer.
Latere jare het ons ook die kaliber in die nommer ingebring. Ek sal met een van my ou pelle gesels en kyk of ek nie met n beter antwoord kan kom nie.
Jy sal merk dat daar n SABS stempel op al de gewere is, aksie en loop. Die teen is springbok horings met n T in. Dit was SABS se stempel. Hulle het elke geweer getoets, nie at random.....elke een. Ons het 4 ondergrondse skiettonnels in Musgrave gehad, op die produksie vloer, by metrologie, in kwaliteit beheer en een net vir SABS. Die teen beweer SABS is uniek en die T verteenwoordig Trevor Musgrave, wat uiteraard verantwoordelik was vir Musgrave se vooruitgang, inderdaad n gentleman of note!, soos die britte sou se!
Hammer, Musgrave en Seuns-Bloemfontein was die era toe Oom Ben , Trevor en Bennie in beheer was, so voor die uitkoop van die "Krygstuigraad" nou Krygkor. Musgrave was vir n wyle ook herd op na Krygsfontein, dit was negatief en het n vinnige dood gesterf en Musgrave is in ere herstel.
Ek waardeer al julle vrae, dit laat my hardeskyf in my kop werk, anders gaan ek heeltemal verroes.
Ek is reeds besig om n kort artikel te skryf oor die loopvervaardigings prosesse, ens. Ek soek my dodo na ou pelle wat my kennis kan versterk.
Mooi loop

n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Nommering van Musgraves en veral RSA's. Ook name op lope
Jammer vir al die spelfoute, nou net 4lb hammer gekoop om die saak met my iPad reg te stel 
Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Nommering van Musgraves en veral RSA's. Ook name op lope
Dankie vir al daai inligting Daan! Wow! Jy het baie kennis van Musgrave.
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein