Page 1 of 1

oom daan...

Posted: Sun Sep 16, 2012 4:49 pm
by cassie_calvinia
oom. ek het mos die 7.62 musgrave RSA plank. kan oom 'n paar specks vir my gee? loop lengte, twist.
hoekom het die plank 'n magasyn?
enige probleeme met die reeks?
[img width=560 height=420]http://i1086.photobucket.com/albums/j45 ... C10277.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1086.photobucket.com/albums/j45 ... C10276.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1086.photobucket.com/albums/j45 ... C10275.jpg[/img]

Re: oom daan...

Posted: Sun Sep 16, 2012 5:27 pm
by Monrique (SJ)
Cassie

Loer so bietjie rond onder die ander topics op die Musgrave afdeling en jy gaan al jou vrae beantwoord kry, dis reeds genoem.

O ja en oor die probleme, die RSA's het nie probleme, bring jou kant, die geweer sin is reg. Hahaha
Geniet daai roer maat.

Groetnis

Re: oom daan...

Posted: Sun Sep 16, 2012 7:13 pm
by Daan Els
Cassie, sies man eks nie Oom, maar respekteer jou goeie opvoeding! As jou roer n magasyn het is dit nie n RSA! Dit is n Vrystaat model. Die Vrystaat is n RSA maar met n magasyn. Die Vrystaat is ons eie Suid Afrikaanse ontwikkeling en baie betroubaar en akkuraat!
Ek beantwoord graag enige vrae oor die Musgrave Vrystaat model.
Groete
Daan

Re: oom daan...

Posted: Sun Sep 16, 2012 7:43 pm
by Monrique (SJ)
Daan

Is die Vrystaat modelle se bolt handles so effe gebuik teenoor die RSA's wat reguit was?

Groetnis

Re: oom daan...

Posted: Mon Sep 17, 2012 7:43 am
by cassie_calvinia
SJ wrote: Cassie

Loer so bietjie rond onder die ander topics op die Musgrave afdeling en jy gaan al jou vrae beantwoord kry, dis reeds genoem.

O ja en oor die probleme, die RSA's het nie probleme, bring jou kant, die geweer sin is reg. Hahaha
Geniet daai roer maat.

Groetnis
ja, sorry sj.
ek weet hul het oor dit gepraat, en ek het dit gesoek, maar nie weer gekry.(seker maat te vinnig deur topics).
so, maw dis 'n vrystaater(gun wonder ekt 'n cheetah trui in my kas nie)
Kan oom asb net gou loop lengte en twis gee?

Re: oom daan...

Posted: Mon Sep 17, 2012 3:47 pm
by Daan Els
Cassie is dit vir die 7,62 Rsa of Vrystaat? Die RSA is 1:12 draai, so ook die Vrystaat. Looplengte op RSA kan wissel van 26-27", die Vrystaat moontlik ook 24-26".
Groete
Daan

Re: oom daan...

Posted: Mon Sep 17, 2012 4:07 pm
by cassie_calvinia
dit is die vrystaat.
dankie vir die inligting oom.
die geweer gaan more stellenboch to vir nuwe mounts.
hoop maar hy kom reg.
mooi loop

Re: oom daan...

Posted: Mon Sep 17, 2012 6:46 pm
by Daan Els
Ek hoop ook jou probleme is iets van verlede. Laat weet hoe dinge uitwerk.
Mooi loop,
Daan

Re: oom daan...

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:21 pm
by Swaerie
Daan,

Ek sal nie die Oom gedeelte waag nie al is dit eerste instink.
Ek het n aanbod op n Mod 80 30 06 gemaak en wag vir die papier werk. Die eerste lisensie is in 1981 uitgeriek so kan ek aanvaar dat die wapen naastenby ook van daardie era is. Serie no. M401-162. Klein stampies en stootjies op die houtwerk maar niks op die metaal nie. Ek het ook die slot "getoets" oor die ander skrywes rondom veiligheid op die Mod 80. Dit blyk in orde te wess. Lyk nie of daar pvt verstellings gemaak is nie en die slagpen trek ver terug as op veilig.

Enige aanbeveling van mees geskikte ladings ens wat akkuraatheid sal ondersteun of kan ek maar laat loop volgens die jag veld behoeftes.

Byvoorbaat dankie
Swaerie