Page 1 of 1
'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Sun Sep 16, 2012 10:16 pm
by Ian
Ek het verlede week en Maandag terug gekom van Cape Vidal en my seun (Jian) het my klaar gemaak om ook te gaan visvang. Nou ek is nie 'n varswater persoon wat lief is vir papgooi nie. Die enigste varswater vis wat my bellangstelling prikkel is tiervis en bass. Ek het 'n geheime dam tot my beskikking so 65km van Klerksdorp wat vrot is van die bass. My seun het nog nooit gaan visvang en ek besluit die tyd het aangebreek en ek reel met die eienaar. Ek en my vriend stop daar vandag 15H30 met die seuns en wat 'n lieflike dag was dit nou nie. Jian vang sy eerste bass van 1 kg en volg met nog twee van 1kg en later met nog een 'n bietjie kleiner. Ons het vier stokke tussen ons in die water gehad en daar is in totaal van 37 bass gevang. Al die vis is in 'n besondere mooi toestand en ook 'n lekker grootte. Ek het nou lanklaas so lekker vis gevang in my lewe.
Foto's 1 & 2 : Jian met sy eerste vis
Foto 3 : Jian met nog een
Foto 4 : Myself met 'n mooie
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Sun Sep 16, 2012 10:33 pm
by Cobus(Cobb)
Mooi Ian,
Ja, so bass trip met jou laaitie kan lekker wees....jy moet nou nog net daai bass vir hom braai...bietjie "steak&chops" spice, garlic botter en suurlemoen....
HY sal dit in sy lewe nooit vergeet.
Cheers
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Sun Sep 16, 2012 10:34 pm
by Trevor
Mooi gevang daar, het myne ook vroeg geleer vang en skiet, dit bly maar lekker om die dinge saam hulle te doen.
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Sun Sep 16, 2012 10:46 pm
by Ian
Ja, so bass trip met jou laaitie kan lekker wees....jy moet nou nog net daai bass vir hom braai...bietjie "steak&chops" spice, garlic botter en suurlemoen....
HY sal dit in sy lewe nooit vergeet.
Cheers
[/quote]
Cobus
Ek het een bass gefillet en en op die kole gebraai met suurlemoen, sout en swartpeper. Die seuns het dit nou geniet maar jou resep lyk meer aanloklik. Ek gaan dit probeer as ek weer so 'n geleentheid kry.
Goed om van jou te hoor.
Groete
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Mon Sep 17, 2012 3:34 am
by visstok
Goed gedoen daar, nie elke dag dat mens so baie swartbaars op een dag vang nie! Pa en seun uitstapies is altyd iets besonders, of dit nou visvang of skiet is, bly lekker!
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Tue Sep 18, 2012 3:43 pm
by Marc
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Tue Sep 18, 2012 3:51 pm
by Gerhard
Awesome Ian,
Ek het ook op daai size leer bass vang...
Daar is niks lekkerder as om n popper te gooi en hom te werk totdat die water ontplof onder hom nie.
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Posted: Wed Sep 26, 2012 8:57 pm
by Petrie303
Ian wrote:
Ek het verlede week en Maandag terug gekom van Cape Vidal en my seun (Jian) het my klaar gemaak om ook te gaan visvang. Nou ek is nie 'n varswater persoon wat lief is vir papgooi nie. Die enigste varswater vis wat my bellangstelling prikkel is tiervis en bass. Ek het 'n geheime dam tot my beskikking so 65km van Klerksdorp wat vrot is van die bass. My seun het nog nooit gaan visvang en ek besluit die tyd het aangebreek en ek reel met die eienaar. Ek en my vriend stop daar vandag 15H30 met die seuns en wat 'n lieflike dag was dit nou nie. Jian vang sy eerste bass van 1 kg en volg met nog twee van 1kg en later met nog een 'n bietjie kleiner. Ons het vier stokke tussen ons in die water gehad en daar is in totaal van 37 bass gevang. Al die vis is in 'n besondere mooi toestand en ook 'n lekker grootte. Ek het nou lanklaas so lekker vis gevang in my lewe.
Foto's 1 & 2 : Jian met sy eerste vis
Foto 3 : Jian met nog een
Foto 4 : Myself met 'n mooie
Dagse Ian,
Ek het groot geword lanks daai dam, was omtrent so oud soos jou seutjie toe ek daar begin visvang het... My Tannie het jaare terug die bass in die dam gegooi! Shoe, as ek net al die bass kon tel wt ek al daar in my lewe gevang het...
Grootste bass 3.4Kg (14jaar terug) en meer onlangs 2.5Kg...
Ons hou ma die dam "geheim" om die vis te beskerm, daar het al in die verlede mense in spontyd baie bass uitgevang (eers later uitgevind) en bass het jare gevat om te herstel.....
Bly julle het dit geniet, regte dam om jou seuntjie reg te leer visvang!!!
Groete,
Petrie