Page 1 of 1

243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 11:04 am
by HJA
Goeie m?re,

Enige iemand met inligting oor my geweer.
243 Win Musgrave
Ser no. op loop - R80030

Enige inligting sal waardeer word.
Lekker dag
Henk

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 11:09 am
by James Wilson
Aksie?  looplengte?    fotos indien moontlik

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 11:21 am
by HJA
James,

Loop lengte - 610mm
Aksie - nie 'n idee nie
Geen visiere op gehad nie gladde loop.
Safe sit langs slot.

Henk

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 11:24 am
by Monrique (SJ)
Henk

Klink vir my asof dit n Santa Barbara aksie is daai van jou wapen.


Groetnis

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 11:28 am
by HJA
Goeie of sleg.

Wat beteken die ser no. ?
Model en alles ?

Henk

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 11:37 am
by James Wilson
SJ wrote: Henk

Klink vir my asof dit n Santa Barbara aksie is daai van jou wapen.


Groetnis
ek glo SJ is reg

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 12:31 pm
by Monrique (SJ)
Henk

Die Santa Barbara aksies is vervaardig in Spanje, maar is deur Musgrave ingebring vanaf Brasilie, deurdat sanksies dit moeilik gemaak het om direk van Spanje te kry en Brasielie was n "vriend" van SA gewees. Die is nou as ek reg onthou van Daan se vorige skrywe.

Lees gerus deur die ander onderwerpe ook deur wat onder die Musgrave afdeling is, daar is reeds n magdom inligting.
Foto's kan definitief help met die uitkenning van die aksie en so meer.

Groetnis 

Re: 243 Musgrave inligting

Posted: Mon Sep 17, 2012 3:30 pm
by Daan Els
Fotos gaan baie help, veral die agterste gedeelte van die slotaksie, da waar die Grendel en veiligheidsknip sit.
Mooi Bly
Daan