Page 1 of 1
witkwas jak
Posted: Wed Sep 19, 2012 9:49 am
by Dweetster
Hi manne
Ek weet dalk is dit al iewers bespreek, maar het 'n ou gesien die naweek wat vir my se dat die witkwas jak beeskallers op sy plaas vang. Ek glo 'n rooi jak sal, maar 'n witkwas? is dit bekend by hulle?
Re: witkwas jak
Posted: Wed Sep 19, 2012 9:53 am
by Gerhard
In watter distrik is die witkwas jakkalse??
Ek weet hulle is nou ook in die Dullstroom distrik.
Nog nie gesien dat hulle skade maak nie maar hulle is oor die algemeen groter asĀ die rooi jakkals
Re: witkwas jak
Posted: Wed Sep 19, 2012 10:39 am
by Dweetster
Hulle is groter jy's reg.
Die is in die Amsterdam distrik Ermelo toe. Ek het eintlik met hom gestrei omdat ek nog nooit een gesien het wat so iets doen nie. Ek het hom gese ek weet hulle sal op die karkaste vreet maar dat die rooi jak eerder die pes is. Hy stem nie saam nie.
As ek reg is het jy ook 'n permit nodig om hom te skiet.
Re: witkwas jak
Posted: Wed Sep 19, 2012 10:46 am
by Gerhard
Dweetster wrote:
Hulle is groter jy's reg.
Die is in die Amsterdam distrik Ermelo toe. Ek het eintlik met hom gestrei omdat ek nog nooit een gesien het wat so iets doen nie. Ek het hom gese ek weet hulle sal op die karkaste vreet maar dat die rooi jak eerder die pes is. Hy stem nie saam nie.
As ek reg is het jy ook 'n permit nodig om hom te skiet.
Ja,
Dit is net die rooi jakkals wat n probleem dier is.
Die moeilikheid is dat hulle inkom net soos n rooi jakkals as jy roep en jy moet bitter mooi kyk om te kan bevestig dat dit wel n witkwas is.
Die rooi jakkals is egter baie meer agresiewer as die witkwas en sal groter prooi aan vat.
Re: witkwas jak
Posted: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm
by Dweetster
Dankie Gerhard
Ek het nogal so gedink, Die ou maak my bekommerd omdat ek weet hy gaan die witkwas skiet as hy hom gaan sien.