Page 1 of 1

Koeels

Posted: Fri Jan 30, 2009 7:54 am
by tafjak
Hein/Hendrik

Julle het Nosler Ball. Tip gebruik. Hoe was die effek op jakkalse? Sag genoeg?

Taffie

Re: Koeels

Posted: Fri Jan 30, 2009 9:29 am
by Jaco Bezuidenhout
Taffie

Ek gebruik nos bal tip 55gr in my 22 250.Al wat e kan se is dat dit akk is en goed opbreek,sal nie weer met iets anders skiet nie.Seker van die beste punte wat e al gebruik het. ;)

Groete

Kkat

Re: Koeels

Posted: Fri Jan 30, 2009 9:39 am
by JACQUES BOTHA
taffie:
ek weet my naam issie hein of hendrik nie, maar ek het al beide  die 85  en 115 gebruik op my 25-06.
die damage op die jakkalse was nie soos ek verwag het nie. ek het een jakkals op 220-240 geskiet met die 85 bal tip (+-3500v/s) en toe ek hom tref het ek geweet dis raak, maar hy is regdeur en die jakkie het so 15 tree gedoen voor hy gaan le het.. die projektielkie is regdeur...klein gaatjie in , klein gaatjie uit...ongelukkig is hy tussen 2 ribbis in en weer tussen 2 uit...so ek sou dink dat die konstruksie te goed is vir jakkals ,maar hy skiet ook deur n blouwillibees se kop ook, maar ek het ook springhbokke geskiet met die 85 as jy hom lekker hoog in die kop tref dat dit lyk of die kop  opgebreek is.. Ek weet daars is manne soos philly van vuren wat die strictly headshots video gemaak het wat staan en vas glo aan die 55 gr bal tip op sy kruppel 2 50.
hy wys daar skoot van ek wil nie lieg nie, 620 meter op n blesbok met daai puntjies..
ek sou se my mening op die 25 kaliber nee vir jakkalse maar op die 22 kaliber n ja...ek het nie ondervinding van die 6mm punte nie..
ek staan maar by my vmax op die 222 kaliber...

Re: Koeels

Posted: Fri Jan 30, 2009 11:55 am
by tafjak
Jakes

Nee jong, darie v-maxe is goed. My probleem is dat myne nou opraak en daar is glo nie meer nie. Vrag het verlede week gekom en geen 65g nie. My reamer is ook aangevra vir 70g ball tip en wil dit nou na al die jare probeer. Klaar 500 gekry en sal jou darem laat weet wat gebeur.

Dankie vir al raad en geselskap.

Taffie

Re: Koeels

Posted: Fri Jan 30, 2009 12:00 pm
by JACQUES BOTHA
JY SOEK WATSE PUNTE EN HOEVEEL VAN HULLE, dalk ken ek iemand wat kan help, as ek reg aflei is dit die 65gr vmax op die 243. ne?

Re: Koeels

Posted: Sat Jan 31, 2009 7:55 am
by johan
Manne,elke man sal in sy eie tipe en fabrikaat glo(as jy dit te koop kry)
My zim$ 10 000 000 000 000 000 000 00 probeer (nee gebruik dit net,glo my) die Sierra Blitzking reeks,daar hoef ons nie te vra nie,die uitslag is lankreeds bekend,dit is n top produk teen markvewante pryse.Ek weet die Hornady V-Max is uitstekend en het sopas dieselde van die Nosler balistik tip verneem.

Wat ek voorstel is dat ons n bestelling opmaak(van enige fabrikaat) en n bulk prys beding.EK verstaan die tipe punte kos no tipies R400/100

johan...QBE

Re: Koeels

Posted: Sun Feb 01, 2009 8:04 pm
by Tomcat
Johan en ander

n Hond het KOEELS en n geweer het patrone of n doppie het n punt. Julle taal manne!

Tomcat

Re: Koeels

Posted: Sun Feb 01, 2009 8:19 pm
by JACQUES BOTHA
is dit korporaal tomcat..nee ek spor alweer ,,, punt = per definisie projektiel.....
ek spot ook weer..maar koels klink so lekker op die tong ammo ook patrone gebruik die dames wat naaldwerk doen,,,welkom tomcat jou ook noffie gewaar hier nie...

Re: Koeels

Posted: Sun Feb 01, 2009 8:26 pm
by johan
Tomcat
Jong ja n Tomcat het ook koeels ;D
Spreek tog maar die persoon self direk aan wat die term volgens jou misbruik,moet net nie kla as jy jou kop in n istencapese bynes gesteek het nie :o
Leef en laat leef my broer,laat ander doen soos hul goeddink.

johan...QBE

Re: Koeels

Posted: Thu Feb 19, 2009 10:29 pm
by Christo
Is daar iemand wat weet waar ek 100-110 grein 7mm punte kan kry ?? Ek wil hulle in my 7 x 64 probeer. Hoor dit werk nogal

Christo

Re: Koeels

Posted: Fri Feb 20, 2009 7:31 am
by Yalair
crhisto
Die maklikste is jy begin by Safari & outdoor

Re: Koeels

Posted: Fri Feb 20, 2009 12:46 pm
by Christo
Yalair

Ek was al by Hendrik hy het nie. Ek bly maar soek.

Christo

Re: Koeels

Posted: Sat Feb 21, 2009 8:48 am
by charles
Christo
C&C Shooting Supplies
100gr Sierras sal goed werk 3400fps +/-

Re: Koeels

Posted: Sat Feb 21, 2009 9:47 pm
by Christo
Charles

Dankie vir die info. Waar is C&C, ken hulle nie. Het jy dalk 'n tel no.

Christo

Re: Koeels

Posted: Mon Mar 02, 2009 7:28 pm
by 222
Het iemand al Barnes Varmit Grenade gebruik? Ek sien dat hulle goedkoper is as Hornaday en Nosler.

Re: Koeels

Posted: Wed Mar 18, 2009 5:39 pm
by charles
sierrra Punte
C&CShootingSupplies het n spesial op Sierras  -25%

Re: Koeels

Posted: Sun Apr 12, 2009 7:03 pm
by Porcus
Christo wrote: Is daar iemand wat weet waar ek 100-110 grein 7mm punte kan kry ?? Ek wil hulle in my 7 x 64 probeer. Hoor dit werk nogal

Christo 
Hi Christo. Stel voor jy probeer Sierra 100gr Varminters. Skiet soos dinamiet, maar weet net nie of hulle in jou geweer sal groepeer nie. Hulle is nogal aan die kort kant. Hulle kan bestel word van African Hunting Supplies via n wapenhandelaar. Bestel maar net 100 om groeperings te skiet.
Groete
Sallie                                                             

Re: Koeels

Posted: Sun Apr 12, 2009 9:52 pm
by Janjak
222,
Ek sien jy vra van die Barnes Varmint Granades -hulle laat n jakkals sy hele geskiedenis vertel.
n Vriend van ons gebruik dit op sy 223, ek dink hulle weeg 36gr.
Hy het nou die aand n jakkals reg van voor in die kuiltjie ingeskiet toe bler hy nes n skaap. As daai nie skulderkenning was nie weet ek nie.
Persoonlik dink ek hulle is dalk te lig of breek te maklik op jakkals.
Jannie

Re: Koeels

Posted: Mon Apr 13, 2009 9:08 am
by tafjak
Janjak

Ek het op 'n staduim gedink V-max die sagtste koeels is, maar moet se vandat ek op Ballistic Tips is sing ek 'n ander deuntjie en dan vertel jy my nog van Barnes se goed!

Taffie

Re: Koeels

Posted: Mon Apr 13, 2009 4:40 pm
by Gerhard
45gr PMP Soft Point werk perfek uit my 22K Hornet.

Weet nie hoe hulle doen in die ander kalibers nie.

Maar die hornet het ek begin met 35gr VMax toe 40gr V Max maar hulle was net te lig en het steeds runners gehaad.

45gr lyk maar of dit die ideale gewig is vir die Hornet.

Re: Koeels

Posted: Wed Aug 19, 2009 11:16 am
by Beyers
Help asb

Ek is op soek na .308 165gr Hornady interlock, al is dit net een pakkie
Beyers