Page 1 of 2

Leeu te jag.

Posted: Thu Sep 20, 2012 4:59 pm
by molopohunter
Manne,

Ons het n groot volwasse leeu mannetjie te jag naby Bray/ Tosca.
Hy is 7 jaar oud en weens n bakleiery het hy sy 1 voor poot verloor toe hy klein was. Hy is n geteelde leeu, maar loop normaal en is regtig massief. Ek sal volgende week gou n foto of 2 kom plaas.
Die pakket sluit die permit in (ongeveer 2 weke om te reel). Akkomodasie is in chalets of die hout cabbins.
Prys is R80 000. Dit sluit dan die PH, skinners, voertuig slag fooi en alles in.

PM of bel my asb as iemand wel belang stel in die mannetjie.
082 578 2758

Groete manne,
Peet

Re: Leeu te jag.

Posted: Thu Sep 20, 2012 6:14 pm
by Cobus(Cobb)
;D ;D, met my luck vreet hy my ander arm ook af.....nee Peet, ek sal verby hou.

Cheers

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 8:27 am
by molopohunter
Hier is die fotos van die man. Hy was net baie kwaai en wou niks weet van opstaan nie.
Hy is wel baie goeie kondisie en volwasse. Maanhare is ook tot by die maag en mooi kleur.
[img width=560 height=420]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... kon049.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... kon046.jpg[/img]

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 8:43 am
by Gerhard
As ek die geld gehaad het was ek al oppad gewees...

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 10:43 am
by molopohunter
Ek sal self nie omgee om die man te kan aanvat nie. Hy het goeie karakter en is ook maar kort van draad.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 10:51 am
by SV MAD (Henk)
molopohunter wrote: is ook maar kort van draad.
Janee, dan klink dit nie of hy met 'n boog gejag kan word nie, want jy moet bereid wees om jou boog neer te gooi en boom te klim!

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 10:55 am
by BRNO (Pierre)
Ek het die adrvertensie vir n pel van my gemail. Hy vra toe, wie wil nou n leeu skiet. Ek se toe maar nie ek nie, maar sal like om te sien hoe hardloop hy, as hy hom mis geskiet het.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 10:56 am
by Jakkalsgat
Peet

Gaan ek so naby aan hom kan kom as wat die foto van hom geneem is om hom te skiet, sal ek op 'n bakkie wees? Is dit nie dalk 'n sirkusleeu nie?

Ek sal dit nie kan maak nie, het 'n haarafspraak :-[

Groete
Jaco

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 10:58 am
by the kid
Ek wonder maar net..... as jy so naby kan kom om 'n foto te neem, hoe moeilik is dit om hom te jag?

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 11:04 am
by marno
Cobb wrote: ;D ;D, met my luck vreet hy my ander arm ook af.....nee Peet, ek sal verby hou.

Cheers
Ai ou Cobus,

Lag ek nou darem lekker vir jou man.  hahahaha

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 11:06 am
by Jakkalsgat
The Kid

Daai foot lyk of hy uit 'n voertuig geneem is, ek dink nie as jy op die voet is gaan hy vir jou so le en wag nie. Dit gaan gebeur op 'n redelike spoed want hy gaan heelwaarskynlik vir jou kom.

Groete
Jaco

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 11:11 am
by Spanner
molopohunter wrote: Hy het goeie karakter en is ook maar kort van draad.
Ja nee kyk, hier leer ek weer iets. 
Ek het verstaan 'n leeu se "trofee gehalte" word aan sy hoeveelheid maanhare, skedel lengte en sy totale lengte gekoppel. 
Nou vind ek uit die lengte van die leeu se draad, is ook belngrik ! 
En ek dink so by myself... as ek eendag 'n leeu gaan skiet wil ek ook spog dat hy 'n "lang-draad leeu" is.  Dit sal 'n besonderse vol montering uitmaak, my lang-draad leeu !

Ek dink daai leeu is so bedonnerd omdat hy vasgedruk is sodat iemand hom kon meet !  Die gemetery is vir enige leeu vernederend genoeg, maar om na die hele aff?re nog te moet aanhoor, dat jy as 'n "kort van draad leeu" geklassifiseer is, is genoeg om enige leeu de moer in te maak .  Die leeuwyfies in die trop gaan die arme ou nooit ophou spot nie !

Spanner

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 11:17 am
by molopohunter
Hehe, lag ek nou lekker vir n paar van julle se se goed.
Spanner, dis hy daai, nou kan jy sy draad ook meet...maar ek dink nie hy gaan op sy rug le soos hy daar is nie.

Die foto is uit die bakkie geneem. Hulle is darem gewoond aan die voertuie. Op voet is jy welkom om te kyk hoe naby jy kan kom.
Ek moet maar skaamlik noem, die cruiser se ruit was net n klein entjie oop.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 11:33 am
by marno
Die cruiser se ruite sal die knaap nie eers keer nie. hahaha 

Veral as sy draad gemeet moet word voor hy die tydige met die ewige verwissel.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 11:37 am
by kopskoot
Peet

Is hy nog beskikbaar? Indien wel sal die prys seker nou al begin afkom!, veral na Spanner se verduideliking. Ek stem saam met hom: mens soek mos nie 'n kort draad leeu trofee nie

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 12:12 pm
by molopohunter
kopskoot wrote: Peet

Is hy nog beskikbaar? Indien wel sal die prys seker nou al begin afkom!, veral na Spanner se verduideliking. Ek stem saam met hom: mens soek mos nie 'n kort draad leeu trofee nie
Hy is nog daar, maar n man sal seker nie weet hoe lank sy draad is tot mens hom meet nie.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 12:19 pm
by SV MAD (Henk)
Manne, alle grappies op 'n stokkie asb.

Iemand moet nou asb nie as hy 'n bietjie diep in die brannas gekyk het loop kyk of jy die leeu se kort draad langer kan trek nie... :P

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Sep 28, 2012 1:14 pm
by Cobus(Cobb)
Laat my dink aan die grappie......

"....waars die ou vrou wie se tand ek moet trek".... ;D ;D ;D

Cheers

Re: Leeu te jag.

Posted: Sat Sep 29, 2012 6:44 am
by molopohunter
Cobb wrote: Laat my dink aan die grappie......

"....waars die ou vrou wie se tand ek moet trek".... ;D ;D ;D

Cheers
HAHAHAHAHA, ja Cobus...ek onthou daai 1.
Ouderdom en dop is n bl!ks@m....

Re: Leeu te jag.

Posted: Thu Oct 11, 2012 5:21 pm
by hvanl
Ek kom nou baie laat op die storie af, maar wat het hy daar op die plaas gedoen sonder een poot om so oud te raak?Geteel, foto-model vir "cheap" fotograwe, huishond? Reageer hy op sy naam? Nee manne, klink darem nie vir my na regte leeu-jag nie

Re: Leeu te jag.

Posted: Thu Oct 11, 2012 7:33 pm
by bullseye
Miskien moet jy sy koppie gaan vryf en kyk wat gebeur.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Oct 12, 2012 7:22 am
by molopohunter
hvanl wrote: Ek kom nou baie laat op die storie af, maar wat het hy daar op die plaas gedoen sonder een poot om so oud te raak?Geteel, foto-model vir "cheap" fotograwe, huishond? Reageer hy op sy naam? Nee manne, klink darem nie vir my na regte leeu-jag nie
Ek sal jou mooi aanbeveel om jou woorde te tel. Sal jy asb jou agtergrond en kennis in die bedreif met ons deel?
Ek is n sterk aanstaander van bewaring, maar het nie tyd vir greeniies nie.
Dink jy vir 1 oomblik dat leeus wat in die land gejag word wilde leeus is wat op bees plase rondloop of soos koedoes trek?

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Oct 12, 2012 9:16 am
by Badger
Ai! Ek sien party manne het geen benul waaroor die wild bedryf gaan nie..."hoe kan jy 'n leeu skiet!?"....dis maklik, mik en druk vinnig en maak seker jy mis nie!
Die storie oor hok leeus maak my gatvol, ek stem heeltemal saam dat dit nie reg is om hom in die hok te skiet nie, maar los 'n hok leeu 'n week of 2 in die veld en kyk wat gebeur as jy hom op voet kry! Hulle het geen vrees vir mense nie, en hy strom nie vir 'n magie krap nie! Dis baie meer regverdig as 'n wilde leeu wat sal weg hardloop as jy hom sien, met 'n hokleeu het julle altwee 'n "fair chance" om seer te kry...!
Ek het 2004 met "hokleeus" begin werk, ons het begin met vier, en einde 2005 het die getal verdubbel, as die manne dit met renosters begin doen, dan sal die poaching ook doodloop of aansienlik minder word!
As 'n dier geteel word vir die jag bedryf dan is dit reg om hom te skiet, ek skiet veel eerder 'n hok leeu wat se getalle beheer word as om in 'n oop plaas 'n bok te skiet wat ek nie weet wat hulle status is nie! >:(

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Oct 12, 2012 9:25 am
by DWB
Peet en Badger,

Wil julle ons nie dalk bietjie vertel hoe die storie werk nie?

Ek het werklik geen benul nie en die woord Canned Lion klink soos 'n leeu in 'n 1ha kamp?

Ek wil graag meer weet.

Re: Leeu te jag.

Posted: Fri Oct 12, 2012 9:40 am
by Marc
Badger wrote: As 'n dier geteel word vir die jag bedryf dan is dit reg om hom te skiet, ek skiet veel eerder 'n hok leeu wat se getalle beheer word as om in 'n oop plaas 'n bok te skiet wat ek nie weet wat hulle status is nie! >:(
Moet s? ek sal nogal hiermee kan saamstem