Musgrave Model ???????
Posted: Fri Sep 21, 2012 5:27 pm
Mnr Els
Johan van der Merwe wat skrywe.
Soos wat die post noem sit ek met n Musgrave wat ek tot vandag nog glad nie positief kon ID nie.
Ek het gedink ek sal maar post en my vrae vra voordat u eendag oorval is met vrae en moeg is van ons manne wat te veel wil weet.
Ek het hierdie aksie blindelings in die wit gekoop van n berugte wapensmid hier in my area.Die aksie het absoluut geen nommer opgehad nie ,geen name nie en net op die slot en magasyn kas is liggies met die hand die nommer 270 opgegraveer.
Van dag 1 af het die aksie die verkeerde follower gehad.Dit het gelyk of die persoon n 404 Jeffery wou laat voer met daai follower maar ek het gedink dat ek hom sou kon laat werk.
Ek het vir my n Walther loop in kaliber 6.5x 55 laat kom, n stuk hout gekoop,gedroom ,gespaar en 4 jaar gewag vir my lisensie maar dis n storie vir n ander dag as iemand dalk n kas hardehout het en tyd het sal ek die storie vertel.
Intussen het my loop by hierdie selfde geweersmid opgeroes sodat ek nou die loop gaan vervang na n volle 400 skote want ek is gatvol vir die doppies wat nie wil uittrek agv n geroesde reamer wat gebruik is en die voorste 6 duim wat so geroes is dat soos n ander geweersmid met n boreguide dit vir my gestel het"ek dink ek sal darem van die gate daar voor met n tigwelder kan toekry".Maar soos voorheen genoem dis n storie vir n ander tyd.
Dis in baie opsigte my droom geweer maar met sy foute het dit al in n nagmerrie verander.
My vrae aan u is asb die volgende.
Watter Musgrave aksie het ek hier beet want 4 geweersmede kon nog nie hierdie aksie vir my positief id nie.
Waar kan ek n follower vir hierdie aksie kry.Ek het tans n model 90 se follower wat glad nie pas nie.
Wat kan ek doen on die extractor op te "beef" soos wat die engelsman se.
Ek hoop die fotos wat ek geneem het wys en ek hoop van harte dat u my vrae kan andwoord.
By voorbaat baie dankie
Groete
Johan van der Merwe