Page 1 of 1

Musgrave .308 P14

Posted: Mon Sep 24, 2012 10:15 pm
by Gerhard Smith
Naand

ek wil net bietjie help he met die geweer. watse model behoort hy te wees en wanneer is hy gemaak nastenby? het op n kol met n ou ny jj wapens gepraat en volgens sy serial nommer is dit iewers in die laat sestigs gemaak. my geweer het n kolf op wat ek dink is dalk n ou 303 kolf wat net bietjie afgewerk is. sal probeer foto's laai later. die geweer se serial nr is ERA401026.

Dankie enige hulp sal waadeer word.

Groete

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Mon Sep 24, 2012 10:28 pm
by Frikkie Coetzee
Gerhard

Pel van my het n 308 ook op P14 aksie met Musgrave loop maar reeksnr is ook ERA xxxxxxx en is op die aksie ook. Lyk oorspronklik.

Wel die aksies is ook ander andere deur, Eddystone gemaak.. EK het nie gaan oplees nie, maar ek het al gewonder of dit nie na Eddystone Arsenal in die VSA verwys nie. Verbeel my hulle was deel van Remington.

Ek twyfel baie sterk of die AKSIE na die 1920 gemaak is aangesien sover ek weet geen an die aksies gemaak is na die WW1 nie. Remington het wel die aksie gesporterise en as die Model 30 bemark. Dit was die voorloper van die latere reekse van Remington aksies voor die 700 reeks.

Dit kon wel in die 60s herloop gewees het.

Frikkie

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Tue Sep 25, 2012 4:37 pm
by Daan Els
Jammer ek was naweek Bloemfontein toe met die Harley, daar was n saamtrek van die fietse.
Dit klink vir my ook of jy n P14 het. Van die P14 kenmerke is die twee horings agter op slotaksie vir die visiere. Ons het dit afgesny en n blokkie in die gatjie vasgeheg sodat jy teleskoop monterings kon pas. Die ander kenmerk is dat hy nie die slagpen oorhaal as jy net die grendel optel soos by Mauser, Sako, Musgrave, ens nie, jy moet die Grendel n entjie terugtrek. Die kolf was of mooi oorgedoen of ons het op die kam n stuk hout ingelym om die kam te lig.
Hoop die help?
Daan

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Tue Sep 25, 2012 7:11 pm
by Gerhard Smith
Dankie

Daan ek wil net weet is daar n moontelikeheid dat n ou sal kan uitvind watse model dit is of het hulle nie in daai p14 as verskillende modelle gekom nie.
Sien die ouens met musgraves praat van vrystaat en president ens. is dit van toepassing om my geweer?
Het geweet dis n p14 manne het my so gese voor ek hom gekoop het. Die twee "vlerkkie" is klaar af gewerk ens als wat daar mee saam gaan. Die kolf het stukke hout in wat by gesit is een stuk agter by die rubber en twee koeel ronde stukke een onder die loop en een op die butt van die kolf.
Ek sal net graag wil weet +/- wanneer hy ge maak is. Die loop is nie n bull barrel nie maar is heelwat dikker as die gewone dun loop gewere.

Dankie weereens
Groete

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Wed Sep 26, 2012 12:08 pm
by Frikkie Coetzee
Daan

Die beer sal wit wees want jy bly in die Noordpool.


Is ek reg oor die ERA reeks nommers?

Groete

Frikkie

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Wed Sep 26, 2012 7:39 pm
by Daan Els
Frikkie, jy loop oop, 100% vir beide antw, op P14 nr en  :D

Gerhard, die P14 was slegs as custom omskeppings beskikbaar en elke wapensmid het maar sy styl toegepas.

Groete
Daan

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Thu Sep 27, 2012 1:51 pm
by Johnnie De Wet
Ek het al n paar keer gejaag waar n Musgrave te koop aangebied word met die hoop op n RSA, mod 80 of 90.
Lekker teleurgesteld as dit n pasmaak BSA of Lee Enfield is...

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Thu Sep 27, 2012 6:40 pm
by Daan Els
Ag ou Johnny, geniet hom ou maat en gooi lood!  n Man moenie spyt wees want daar is seker n hele gross P14 manne wat gelukkig is!
Cheers
Daan

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Thu Sep 27, 2012 7:09 pm
by Johnnie De Wet
Daan,
Niks fout met P14, het reeds een wat sub MOA skiet in .243, Kevin Healy het hom nog vir my gebou.

Maar nou soek ek n RSA.

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Thu Sep 27, 2012 7:14 pm
by Daan Els
Self spyt ek het nie n paar gekoop nie. Wonder wat het van hul geword?
Ek is seker daar is ou plank manne wat nie meer bisley skiet nie.
Groete
Daan

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Sat Sep 29, 2012 8:15 am
by Gerhard Smith
Dankie Daan

Ek is heel gelukkig met my roer hy skiet maklik n 8-10mm groep op 100m en dit is meer as genoeg vir my ek het hom glad nie gekoop met die idee dat ek sal wou baan skiet nie.
So wat jy nou eintelik vir my se is dat my geweer "one of a kind" is?
As dit so is dan is ek nog meer in my skik met hom.
Is daar n manier wat 'n mens sal kan uitvind presies gemaak is of gaan dit bietjie moeilik wees?

Dankie solank
Gerhard

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Mon Oct 01, 2012 12:04 pm
by Daan Els
Die datum gaan moeilik wees. Ek weet nie wat van al Musgrave se data geword het nie, seker weggegooi!
Groete
Daan

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Sun Apr 14, 2013 4:44 pm
by karelroos87
Dagse.

Ek het so bietjie gaan lees oor die ERA xxxxxxx P14 aksies, aangesien ek self onlangs so stukkie geskiedenis vir myself aangeskaf het. Enfield het Remington gekontrakteur om die P14 aksies te bou in die VSA. Die het gebeur vanaf 1916 oorspronklik met n .303 kaliber loop. Die ERA staan vir "Eddystone Remington Arms" en hul het +-605 000 P14s vervaardig. Ek self het een met n ERA 3822 reeks nommer. N ander kenmerk wat jy sal sien aan die kant van die aksie sal wees "NOT ENGLISH MAKE" proef merk dit is om aan te dui dat die aksie nie in Engeland vervaardig is nie. My P14 wys dit net net asgevolg van jare se gebruik.

Maar ja dis n goeie betroubare harde aksie en ek vind nog nie vout met myne nie.

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Sun Apr 14, 2013 5:19 pm
by tripodmvr
Nou die dag in Vereeniging so pasmaak P14 Musgrave in 375 gesien. Ek het my P14 303 (na sy loop gegroet het) plaaslik laat omskakel na 7x64 - skiet 'n barshou en is akkuraat. Voer net nie so lekker nie synde die plaat in die magasyn vir 303 is en nie vir doppe sonder 'n rand nie.

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Sun Apr 14, 2013 5:30 pm
by karelroos87
Het dieselfde probleem met myne ondervind maar so bietjie skuur aan die aksie en hy voer nou baie beter. Ek kry net nog so nou en dan n probleem waar die slot die dop op die rand so bietjie skaaf, enige voorstelle oor wat dit mag veroorsaak.

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Sun Apr 14, 2013 5:53 pm
by spekieries
Ek het ook 'n P14 persent gekry. Die loop was egter moeg en die geweer het ek ook toe verander na .308 toe.

Ek het 'n Boyds pepper laminated stock opgesit en 'n .308 Truvello loop.Die gesig van die slot "bolt face" moes ook verander word om die kleiner omtrek .308 dop te akkommodeer. Aangesien dit my tweede .308 is en die ander een 'n 26 duim loop op het, het ek hierdie een 22 duim gemaak.

Hy is gekroon met 'n 4-16 Nikon Monarch. Gelukkig het hy klaar blokkies en ringe op gehad.

Hy sal hiedie jaar die eerste keer jagveld toe gaan.

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Mon Jul 08, 2013 3:04 pm
by 375fanatic
Gerhard Smith wrote:Dankie Daan

Ek is heel gelukkig met my roer hy skiet maklik n 8-10mm groep op 100m en dit is meer as genoeg vir my ek het hom glad nie gekoop met die idee dat ek sal wou baan skiet nie.
So wat jy nou eintelik vir my se is dat my geweer "one of a kind" is?
As dit so is dan is ek nog meer in my skik met hom.
Is daar n manier wat 'n mens sal kan uitvind presies gemaak is of gaan dit bietjie moeilik wees?

Dankie solank
Gerhard
ek het ook so 308 hy is mal oor sy 180 hornadys is die lelikste geweer in die land maar ek sal hom vir niks ruil nie.

het hom vir R900 gekoop en n Thor sneller opgesit hy skiet maklik 15mm met daai 180's sal hom eendag bederf met n pasmaak kolf .

ek sukkel ook somtyds as ek die slot vining werk met die feeding hy skop die patrone uit die magasyn kas uit

wil ook kyk of ek n pecatini rail op hom kan sit om n groter keuse te he as ek sy nuwe scope koop weet iemand waar ek dit kan kry ?

Re: Musgrave .308 P14

Posted: Sun Oct 27, 2013 11:46 am
by Gerhard Smith
more manne
dankie vir al die replies op my post. Ek was bietjie af van die internet gewees so baie lanklaas op die forum kom kuier.
Ek het die jag seisoen darem nie sleg gedoen met die ou P14 nie en het laas week vir hom n boyds kolf bestel so nou is dit n maand se wag dan kry die ou man n face lift.

Groete