Page 1 of 1

Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 1:25 pm
by G-force
So my trippie is nou verby en ek is terug by die werk.Die week se tier vangery was iets uit n boek uit!
Ons het die vrydag op die vliegtuig geklim en TETE toe gevlieg in Mosambiek,die vlug is maar 2h20min.
Van daar af kry die manne van NHENDA SAFARIS ons.Alles was puik gereel gewees.Boere manne uit die Vrystaat uit.
Die trip dam toe is toe verder aangevat met n landrover en ford bakkie...(darem nie gebreek nie :) ).
Die trip het so 4 uure geneem.Van daar af oppie twee buttcat bote na die kamp toe,die deel van die trip was omtrent n uur gewees,gelukkig was dit wind stil en die dam so plat soos n glas blad.Dit was die laaste keer wat hy so was.
Die kamp is basies,soos dit hoort,maar skoon en baie gemaklik.Die reelings en order in die kamp is vyf sterre werd.Alles word van n generator af gewerk maar die is so ver van die kamp af mens hoor hom glad nie.Daar is n groot kroeg,seker so ses chaletjies met hul eie badkamers,n eet onthaal en n lekker boma met n uitsig op die water.Daar is ook n swembad.
Die kos was puik.Elke ete het poeding ook gehad.Die lokale kok bak daar vir ons buns wat seker die heel beste is in afrika.
Ingesluit in die pakket was al die kos,bier,koeldrank en verbyf,net die hardtack was ekstra maar ons het sommer self saamgevat.

Nou die belangrikke deel...die visvang.Ons is n groep van agt ouens wat gereeld saam visvang.Die program werk so:Op die water 06h00 en dan vang ons deur tot so 11h00 se kant.Dan terug kamp toe vir n lekker brunch en so uur of twee se siesta tyd.Half drie dan maak ons reg en weer terug op die bote tot sononder toe.
Die eertse twee dae het die wind ons pak gegee en ons kon glad nie diep water toe beweeg nie,die golwe was bitter sleg gewees.Die laaste dae het baie beter geword want die wind was stiller en die vangste het ook gelukkig beter geword!
Ons het n klomp tiere gevang so tussen so 1-2kg.Daar het ook heelwat uitgekom van 2-3kg.n Hele paar 3-4,5kg en dan een lekker ou perd van 8,2kg.
Daai dam is masief en die bos is regte bos.Ek plaas maar n paar fotos maar het hordes nog.
Ek wil aan Hardus Van Zyl van Nhenda se baie baie dankie,jou span het die trip iets besonders gemaak.

Die lendy het darem gemaak tot daar:
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Cahora%20Bassa%202012/DSC08197.jpg
Laai oor oppie bote:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08196.jpg[/img]
Oppad kamp toe:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08210.jpg[/img]
Die manne wat wil:
[img width=560 height=420]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... CN5258.jpg[/img]
Kuier boma:
[img width=560 height=373]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00117.jpg[/img]
Chalets/kamers:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08285.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08284.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08283.jpg[/img]
Kroeg ensv:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08323.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08322.jpg[/img]
Bote:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08313.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08460.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08461.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00096.jpg[/img]
Pragtig:
[img width=560 height=373]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00106.jpg[/img]
My tier killer,die lepel werk kwaai:
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08262.jpg[/img]
Die spinners doen baie goed:
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08337.jpg[/img]
Die meester in aksie:)
[img width=560 height=420]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C03437.jpg[/img]
Geno so rapala wat hy vir my geleen het,so klein tier vat hom lekker.Jammer Geno n ander tier het hom gevat by my:
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08246.jpg[/img]
Verskeie tiere:
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08429.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... CN5324.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00155.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08624.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08623.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00099.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08620.jpg[/img]
Kyk diep binne my oe:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08626.jpg[/img]
Baber wat ons later ge-eet het:
[img width=560 height=373]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00083.jpg[/img]
My pel Hannes se monster van 8,2kg:
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C08614.jpg[/img]

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 1:37 pm
by SV MAD (Henk)
Jinne, Ge, lyk of julle omtrent n lekker tyd gehad het!

Veels geluk met al die vis en die kuiers, dit maak my sommer nou lus vir Vakansie!

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 1:42 pm
by Gerhard
Baie nice verslag...

Kyk net daai vis se sterte.

Jy kan sommer sien hulle boks hard.

Great fotos.

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 2:04 pm
by Geno
Jis mater, dit lyk soos 'n great trip! Ekself sal like om in Cahora 'n lyn nat te maak!

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:32 pm
by henried
Heng Ge, dis mos nou lekker!
Sal graag so man met ? met die vlieg wil vang... ;D
Wat was die koste per persoon?

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:35 pm
by G-force
henried wrote: Heng Ge, dis mos nou lekker!
Sal graag so man met ? met die vlieg wil vang... ;D
Wat was die koste per persoon?
So net onder die R20k....min of meer,dis saam die vliegtuig kaartjie ensv.

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 4:01 pm
by Stefan764
:'(

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 4:27 pm
by Ian
G?

Pragtige foto's en dit lyk na 'n belewenis. Geluk aan al die manne se mooi tiere.
Ek is bly om jul weer veilig terug te sien.

Groete

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:00 pm
by Skolla
G

Lyk baie lekker.
Daai vis wat so in jou oe kyk, lyk my was lus om jou te soen?
Sou n gemors afgee.

Skolla

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:05 pm
by G-force
Skolla wrote: G

Lyk baie lekker.
Daai vis wat so in jou oe kyk, lyk my was lus om jou te soen?
Sou n gemors afgee.

Skolla
Ja man,daai vis is op my huweliks herdenking gevang,na so paar dae mis n ou mos sy vrou.Maar die soen was dalk n slegte idee.

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:37 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse

Dit lyk sommer soos n plek waar mens elke dag kan wees,dankie vir die deel

Groete
Kobus

Re: Cahora Bassa Report

Posted: Tue Sep 25, 2012 9:03 pm
by Marc
Lekker man, paar mooi blink lywe daar binne  ;)

Wens ek kon saam  :'( :'( :'(