Page 1 of 1

6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 12:03 pm
by Hingsding
Dag se manne.

In my soektog na n kleiner kalieber het ek op die geweertjie afgekom, 6mm Musgrave. Hy is op n 303 Lee Enfield aksie met die 6mm loop.

Ek het n 303 en weet van al sy dinge.....

Wat sal die 6mm werd wees of wat is n goeie prys om te betaal en vir die verkoper om te ontvang?

Weet enige iemand hoe beskikbaar die doppe vir hom is?

Dankie

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 12:07 pm
by tripodmvr
PMP maak nog ammunisie vir hom. Selfs 303 kan met moeite afgenek word. Die kamers van die gewere is partykeer swak gesny en kopspasie probleme is volop. Ek sal R1500 as koopprys voorstel.

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 12:14 pm
by Hingsding
Daai klink soos ek gedink het maar wil nie he die verkoper moet dink ek wil die wapen steel nie.

Baie dankie Tripodmvr.

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 2:13 pm
by stephensonsknives
prys is reg .
my 6mm musgrave is in so 80% gebruikte toestand en r1200 betaal

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 2:15 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie weereens vir die forum. Daar word een op Classic arms se website geadverteer @ R3950.00. Ek het nogals gekyk na die geweer vir my vrou. Nou moet sy maar n nuwe Ruger kry.

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 2:27 pm
by tripodmvr
Pierre van der Merwe wrote: Dankie weereens vir die forum. Daar word een op Classic arms se website geadverteer @ R3950.00. Ek het nogals gekyk na die geweer vir my vrou. Nou moet sy maar n nuwe Ruger kry.
In 'n P14 aksie kan die 6mm Musgrave die 243 opdraande gee. Kamer moet dan reg wees om akkuraatheid te kry.

Ek sal veel eerder na nuwe Axis of Howa loer in 243.

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 2:32 pm
by Hingsding
Dit was my plan ook maar niemand hier in die Kaap het "stock" nie. Weet mos hoe werk dit...... ;)

Re: 6mm Musgrave op Lee Enfield aksie

Posted: Wed Sep 26, 2012 2:58 pm
by tripodmvr
Hingsding wrote: Dit was my plan ook maar niemand hier in die Kaap het "stock" nie. Weet mos hoe werk dit...... ;)
Deesdae kan jy dinge van v?r koop en hulle stuur dan die "parceltjie" per koerier na jou naaste wapenwinkel vir jou om op te tel met liksens. Kyk of dit nie kan werk nie. Camdix, VLT en andere het kwaai aanbiedinge - dink in nuutste SA Jagter is Howa vir 3999 indien jy dan soortgelyk spandeer op ander toerusting. Dus vir R8000 kan jy geweer met teleskoop en al koop.