Page 1 of 1
my jagseisoen afgesluit
Posted: Sat Sep 29, 2012 8:55 pm
by BLOUVALKIE
die naweek het ek my jagseisoen afgesluit met n blesbokjag by oom taffie
dit was baie lekker gewees dankie oom taffie oom het n mooi plaas en amper skiet ek oom se mak jakkalse langs die pad want ons het nie geweet waar oom bly nie
dit was n lekker walk en stalk en baie dankie vir die bok oom ek en pa dj gaan vlgd jaar definitief by oom kom kuier
hier is my eerste blesbok is nie n baie groote nie maar ek weet die oom wil eers sy ramme grootmaak dankie oom taffie
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120928-00599.jpg
en so lyk die perfekte vital skoot
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120928-00601.jpg
ek kon nie n takbok kry nie want die weer was sleg en wind het baie erg gewaai maar ek sal vlgende jaar by oom andre weer n draai gaan maak
ek wil net vir die ander outjies van my ouderdom se dat dit nie altyd gaan oor die bok te skiet nie
ek wou graag n takbok skiet maar dit was nie bedoel vir die jaar nie dit was baie lekker in die veld en die jag gaan oor die voorreg om te jag en nie net die bok te skiet nie
ek en pa dj het so lekker gejag pa wys my al die goed se spore en al die diere se poef

maar so weet ek hoe werk alles
dankie pappa dit was n lekker naweek
hier is ons jag afsluit braai net ek en pa dj en die veld
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120929-00602.jpg
oppad huistoe en ek laat weet vir ma muis sy moet biltong uihaal vd rugby
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120929-00603.jpg
lekker dag al die ooms
oom taffie dankie vir die rooikat vel dis baie mooi in my kamer
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Sat Sep 29, 2012 9:05 pm
by Kalahari
Blouvalkie
Baie geluk en netjies geskiet. Bly jy en pa kon lekker saam jag, geniet elke oomblik van so 'n geleentheid wat jou kant toe kom.
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Sat Sep 29, 2012 9:18 pm
by tripodmvr
Baie geluk bulletjie. Sien jou pa het winkeltande - jy moet die sawwe vleisies vir hom skiet. Wens ek kon dit beleef het as kind. My eerste bok eers op 32 jarige ouderdom geskiet. Dankie pa dat jy jou kind deel maak van die jagtradisie.
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Sun Sep 30, 2012 2:13 am
by tafjak
Blouvalkie
Plesier ou maat! Netjiese skoot onder die omstandighede en darie bok is groot genoeg (het julle hom geweeg) en die vleis sal van die beste wees.
Mooiloop
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:28 am
by BLOUVALKIE
hallo oom taffie
dankie vir die mooi boodskap!!!!en ja oom ons het die karkas soner die kop bene vel binnegoed ens,geweeg en hy is 30kg oom was reg met die gewig skat
dankie oom!!!!en en pa gaan vandag begin om te bewerk!!!
hallo oom kalahari
dankie vir die mooi boodskap!!!!!!
groete
VALKIE
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:34 am
by Frederik
Goeie werk daar.
Ek kyk weer die bles op die foto en hy lyk of hy die uitdrukking het op sy gesig wat se "Hoe nou, wat het nou gebeur ??"

Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Sun Sep 30, 2012 8:11 am
by Sniper66
Baie mooi Blouvalkie,dis n voorreg om saam n pa in die jagveld te kan wees,mooi Blesbok daai,lekker dag vir jou.
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 8:41 am
by PITSMIT
dis n baie groot plesier ou seun
ons sal vlgd jaar daai takbok kap jou tag met sy naam op is nogsteeds aan hom vas
ons het lekker saam gejag behalwe die eenkeer toe jy die dooie rus iewers in die veld laat le het en ons al die pad moes terugloop en soek vir hom hahahaha
maar ek dink nie jy sal gou weer vergeet nie haha
manne ek wil net vir julle se sit alles in die jong outjies in al is dit vriende se kinders as julle nie dalk n seun het nie
hulle geniet dit kwaai
groete almal
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 8:46 am
by SV MAD (Henk)
Baie geluk Valkie. Mooi bok geklop daar. Jou pa maak jou reg groot, julle kan baie trots voel op mekaar!
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 11:52 am
by BLOUVALKIE
hall al die ooms
dankie vir die mooi boodskappe en dankie oom Henk!!!!ons is baie!!!!
groetnis
VALKIE
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 12:58 pm
by Dawid
Al hierdie dinge moet jy in jou geheuebank opbou ou seun en eendag als aan jou kinders oordra soos Oom Pine al sy dinge en gebeurtenisse aan ons oorvertel.
Baie en ek se baie van ons het as kinders nie die geleenthede gehad wat julle jongklomp vandag het nie.
Baie geluk en sterkte vorentoe.
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 1:17 pm
by Lourens Potgieter
Dis darem maar mooi as die jong manne nog goeie maniere het.....10 uit 10, sommer vir die pa ook!!!!
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 6:19 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom deeg en oom dawid
dankie vir die mooi boodskappe en dankie oom dawid!!ek sal altyd hierdie goed in my geheuebank hou!!!!
groete
VALKIE.
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Mon Oct 01, 2012 6:42 pm
by Dawid
Janee alles is tedanke aan onse Skepper wat aan jou die voorreg gee om al hierdie ondervinding en gebeurtenisse saam met jou Pa te kan meemaak sodat jy dit ook eendag aan jou kinders kan oordra.
Geluk ook aan jou Pa wat jou die blootstelling bied. Jy moet die Oukerel sommer n stywe druk gee en nie van Ma vergeet nie.......smaak my julle 2 skeep ha af..
Groetnis en Mooiloop Valkie
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:35 am
by BLOUVALKIE
hallo oom dawid
nee ons skeep darm nie ma muis af nie!!!!!!!!!!!!!!!
dis reg oom ek sal my pa n lekker vet druk gee!!!!!!!!!
groete
VALKIE!!!
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:33 pm
by theedge
Bvalkie Baie geluk my maat jy het dit weer gedoen, netjies hoor sien some pa is weer uit sy vel trots geluk
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:37 am
by Marc
Dawid wrote:
Al hierdie dinge moet jy in jou geheuebank opbou ou seun en eendag als aan jou kinders oordra soos Oom Pine al sy dinge en gebeurtenisse aan ons oorvertel.
Baie en ek se baie van ons het as kinders nie die geleenthede gehad wat julle jongklomp vandag het nie.
Baie geluk en sterkte vorentoe.
Mooi gemaak Valkie, julle is baie bevooreg jong. Geniet elke oomblik daarvan, as jy jou o? uitvee werk jy self en moet dan vir pa se bokke betaal
Mooiloop
Marc
Re: my jagseisoen afgesluit
Posted: Thu Oct 04, 2012 7:41 pm
by BLOUVALKIE
Hallo oom marc en oon theedge
Dankie vir die mooi boodskappe en oom marc,ek is baie bevoorreg!!!
Dankie oom edge!!!
Groete
VALKIE!!