Amadeo Rossi s/s 12br
Posted: Mon Oct 01, 2012 3:11 pm
Dags?!
Ek het 'n haelgeweer in 'n boedel wat ek beredder. Die erfgenaam se liksens is afgekeur en hy is nie baie lus om weer aansoek te doen nie.
Op die loop staan daar Amadeo Rossi; Made in Brazil en 12br 3".
Dit is 'n side-by-side en hy het twee snellers, een vir elke loop. Die geweer is in 'n goeie toestand en klaarblyklik nie baie geskiet nie (ek kan dit glo, want daar is nie 'n recoilpad op nie en die ding lyk of hy soos 'n muil gaan skop...
)
Wat dink julle? Is dit 'n billike geweer vir algemene duiwe en voeljag? Moet ek hom vat en wat dink julle is hy werd, hoeveel moet ek die erfgenaam aanbied?
Dankie, ek luister graag!
Groete