Page 1 of 1
Verbeel ek my of......?
Posted: Wed Oct 03, 2012 1:42 pm
by James Wilson
Of is Daan die ou wat die vinnigste by 100 posts gemaak deur eindelik net vrae te antwoord?
Of is hier skielik n paar nuwe manne wat aansluit net om Muagrave vrae te vra?

Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Wed Oct 03, 2012 1:58 pm
by Eugene
Ek kan nie met sekerheid enige van jou 2 vrae antwoord nie, maar ek weet uit ondervinding dit was vrek moeilik om enige ordentlike antwoorde op Musgrave vrae te kry!
Vandat Daan hier is, is baie van my vrae beantwoord, sonder dat ek een vraag direk gevra het!
Dink dis bakgat, aangesien Musgrave 'n integrale deel van ons vuurwapen geskiedenis is!
Groete
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Wed Oct 03, 2012 2:23 pm
by James Wilson
Eugene, dis goed om te hoor, wat ek lekker oor kry is dat ek Daan se naam op ander forums ook sien waar die manne mekaar aanbeveel na Jaracal. Goed om te sien die manne het so n sterk gevoel vir Musgrave's.
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:58 pm
by wlm
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Wed Oct 03, 2012 10:31 pm
by Hein M.
Moenie dit aan ons ou Musgrave-pel doen nie. Die "punt" storie is die forum se laagte
punt
Willem, jy kan liewer daardie man nooi vir 'n springbokjag sodat hy vir jou alles oor jou plank kan vertel. Grap net. Ons geniet hom vreeslik!
Hein M
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Thu Oct 04, 2012 1:06 pm
by wlm
Hein
Ek dink net so veel van sy bydrae tot die forum as van my Musgrave.
Daar is nie beter te kry nie.
Of soos "Dalema" sal se:"Viva, Daan, Viva!
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Thu Oct 04, 2012 8:56 pm
by James Wilson
Manne ek het jare gevat om Daan weer lus te maak vir gewere. Ek is nou besig met die topic om Daan lus te maak oor n onderwerp van Musgrave wat bietjie van n sensitiewe onderwerp is. Check this space!!!!!!!!
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Fri Oct 05, 2012 12:07 am
by Hein M.
James wrote:
Ek is nou besig met die topic om Daan lus te maak oor n onderwerp van Musgrave wat bietjie van n sensitiewe onderwerp is.
Ons kan nie wag nie...
Moenie vir Daan in 'n "hot spot" sit nie...
Hein M
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Fri Oct 05, 2012 9:42 pm
by Daan Els
Ish, ek verdien nie al die lof, maak my "humble" , nie dat ek nou eintlik n windgat is of was nie. Sal nie n koeel n punt noem nie, miskien n projektiel???

Wat vir my belangrik is (en n groot eer) is om weer oor my hart se punt te praat! Ek sal altyd probeer om so eerlik en deeglik te antwoord. Trevor Musgrave het eendag aan n klomp van ons gese " moenie dink julle weet alles van gewere nie, luister na die manne wat hul gebruik", so it will be!
Dankie ek geniet die forum en respekteer elke man se siening!
Groete
Daan
Re: Verbeel ek my of......?
Posted: Mon Oct 08, 2012 8:00 am
by Eugene
Daan Els wrote: