Page 1 of 1

winbuks teleskoop

Posted: Wed Oct 03, 2012 9:33 pm
by BenG
Naand manne,

Wat is die beste teleskoop vir 'n windbuks? Ek weet paralaks is belangrik maar sal graag wil hoor wat se maak en vergroting stel julle manne voor.

Re: winbuks teleskoop

Posted: Wed Oct 03, 2012 11:28 pm
by Francois Marais
Ben G

Myne het n Niko Sterling 10-50X60 op, ek is sover baie vrede met hom......

Mooi loop
Francois

Re: winbuks teleskoop

Posted: Thu Oct 04, 2012 7:25 am
by BenG
Francois,

Is dit die een met die wiel aan die linker kant?

Re: winbuks teleskoop

Posted: Thu Oct 04, 2012 8:23 am
by Eugene
Ek kan jou s? wat om nie te koop nie!

MOENIE 'n R350 se sniper teleskoop koop nie..... :P

Maar, met isolationtape bo-op my laaitie se daisy, lyk hy nie te sleg nie!

Groete

Re: winbuks teleskoop

Posted: Thu Oct 04, 2012 8:40 am
by bex
Dit hang af wat jy met die teleskoop wil doen en op wat jy hom wil monteer.
As jy FT wil doen met jy n maksimum vergroting van meer as 32m nodig om die afstand skat te kan doen.
As jy HFT skiet is n vergroting van 9  na aan die ideaal aangesien jy glad nie aan die teleskoop mag stel gedurende die kompetiesie nie.
As jy plaagbeheer wil doen is n 3-9x n goeie opsie.

Omtrent enige teleskoop sal hou op n pCP , maar vir n Springer is n goeie opsie n Gamo scope met eenstuk mount.

Op n 1000 fps Hatsan kan enige scope die gees op gee , so daar moet jy maar by yster sights bly hoewel n Gamo  dalk kan werk.

Re: winbuks teleskoop

Posted: Thu Oct 04, 2012 8:40 am
by LUAN
Is dit n spring geweer? As dit is kyk na die Gamo reeks soos die 4-12/ 4-16 vergroting met paralaks verstelling dan is daar ook Utg/leapers en Hawke wat spring rifle rated is. Nikko stirling weet ek nie meer so mooi. Ook Bsa is nie sleg nie.

Re: winbuks teleskoop

Posted: Fri Oct 05, 2012 6:08 am
by BenG
Dankie manne. Dit is vir n Weihrauch 97k. Het tans n Nikko Stirling 3-9 op, maar is nie tevrede nie. Dink ek moet die Gamo 4-16 probeer.

Re: winbuks teleskoop

Posted: Fri Oct 05, 2012 7:14 am
by bex
Die Leapers het my die meeste impress.