Page 1 of 1

Prys vir 270 musgrave

Posted: Tue Oct 09, 2012 12:31 pm
by WillemT
Ek post maar 'n nuwe topic omdat dit nie eintlik iets met die vorige een te doen het nie.

Ek vra maar net dieselfde vraag hier.

Ek is op die spoor van 'n 270 musgrave. dis die D98 wat ek dan reken seker die delux model is aangesien hy chekering voor op die kolf ook het en ook 'n wangstuk op die kolf het.
Die aksie is ek redelik seker is 'n cz 24 aangesien daar czechoslovakia op sy kant staan en dit is defnitief 'n mod98. Hy is laat 80s gemaak.
Die geweer het +- 1000 skote in sy lewe geskiet.

Wat kan ek betaal vir so geweer?
Elke ou wat die lees gee asseblief 'n bedrag dat ek 'n gevoel kan kry van wat mense vir so geweer sal betaal asb.

Re: Prys vir 270 musgrave

Posted: Tue Oct 09, 2012 12:36 pm
by James Wilson
so n model in 7x57  Musgrave het nou tussen 2 van my vriende verwissel het vir R6000. as jy graag n Musgrave wil he dan moet jy maar besluit wat jy wil betaal. ek sal nie nR6000 betaal nie, bloot vir die rede dat ander nuwe gewere nie veel meer kos nie.

Re: Prys vir 270 musgrave

Posted: Tue Oct 09, 2012 1:03 pm
by hencohugo
Ek het R5000.00 betaal vir my 30-06 De Lux met RSA Lyttleton so 'n jaar terug.

Re: Prys vir 270 musgrave

Posted: Tue Oct 09, 2012 2:02 pm
by WillemT
Dankie. Dit help! Ek wil baie graag nog 'n ou musgrave he maar dit is waar, dit help nie jy betaal 'n plaas se prys vir hom nie.