Page 1 of 1

Kurper teid wanneer ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 3:52 pm
by Martin1
Dag se manne. Manne ek wil graag uitvind wanneer begin kurpers teeet wand my pa wil baie graag gaan kurper hengel maar ons weet nie presies wanneer nie. Ons was laas naweek by renosterkop maar niks ons het maroek voer gemaak maar nog steeds niks net heelwat n paar swartbaar en ek praat van groot swartbaar en n paar makkriele op erdwirm en maroek. Kan iemand my dalk net se wanneer die kurpers begin eet ens. Dit sal wardeur word baie dankie

Re: Kurper teid wanneer ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 5:30 pm
by prohunt
Hallo Martin,
Kurpers byt in die somermaande. Die oumense (nou moet ek seker versigtig wees) het altyd genoem dat jy kurpers vang in die maande met die "r" in. Hulle is egter baie sensitief vir koue fronte of skielike veranderinge in temperatuur. Hulle byt gewoonlik die beste na so 'n paar lekker warm dae..... en ja ek persoonlik glo hulle hou nie van die Oostewind nie. Hoop julle kry!!!!
Groete
Johan

Re: Kurper teid wanneer ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 5:51 pm
by Gerhard
Maart maand is Groot Kurper maand

Re: Kurper teid wanneer ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 6:59 pm
by Pvdw
Martin hoe warmer hoe beter. As die kwik by so 40+ draai op Renosterkop/Arabie of Loskop dan kan jy maar daai erdwurm haak en gaan kurpers soek.

Dis nou nog te vroeg in die seisoen vir daai lekker baklei vis. ;)

Peet

Kurper teid wanneer ????

Posted: Thu Oct 11, 2012 7:05 am
by Martin1
Dankie manne ek sal dit in gedagte hou