Page 1 of 3

ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Feb 02, 2009 1:27 pm
by JACQUES BOTHA
NA AANLEIDING VAN N GESPREK MET N MANNETJIE WAT JAKKALSE SKIET HET HY N PROBLEEM GEKRY OP N PLAAS WAAR DIE EIENAAR SAAM MET HOM WAS EN HY GEHOOR HET DAAR PRAAT NOU SKIELIK MENSE IN DIE VELD. DIE EIENAAR ENE WEBER TRUTER (WIE SE NAAM EK OOK OP DIE FORUM  SIEN)WAT EK NIE SELF KEN NIE EN DIE JAGTER HET TOE GEHOOR DAT DIT MENSE IS WAT PER RADIO MET MEKAAR GESELS WAT OP DIE REMOTE ROEPSTEL GESELS TERWYL DIE ROEPER EINTLIK JAKKALSE WOU ROEP..
IS DIT N ENKEL GE-ISOLEERDE GEVAL OF HET JULLE DIT OOK AL GEKRY. EK WONDER OF DIE OOM DIT KAN BEVESTIG OF ONTKEN...

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Feb 02, 2009 2:46 pm
by Caller
Meso

Was al by waar 'n musiek CD (boeremusiek nogal) verkeerdelik vir die jakkies gespeel is en waar die radio op Radio Oranja aangekom het, plaas van die roepklank. Gelukkig was ek nie die drywer nie en het lekker vir die ?ppies gelag. ;D ;D ;D

Caller 

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Feb 02, 2009 2:58 pm
by WillJak
Jacques, ek was nie self by nie en as ek my reg herhinder het Allan Truter my die storie vertel - maar daar was blykbaar ten minste nog een so geval - hier het die roeper skielik die ambulansdiens/polisie of so iets se gesprekke begin uitsaai.

Ek persoonlik gebruik ook een van die Tewis roepers wat op 'n radio sein werk, en het nog nie so iets oorgekom nie - maar in teorie is dit heeltemal moontlik - al wat dit gaan vereis is 'n sender wat op dieselfde frekwensie werk as die roeper - en veral een wat naby is en sterker is as die sender op die roepstel.

Met stelle soos die Foxpro, waar die klanke op die roeper (luidspreker) gedeelte is en die afstandbeheer bloot die ding aan en af skakel en beheer, kan dit nie gebeur nie, maar op stelle soos die Tewis model waar die "afstandbeheer" die speler is en die klank per radio golf na die luidsprekers stuur, is dit gewis iets wat kan gebeur.

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Feb 02, 2009 3:55 pm
by Caller
Meso

Ou slimkop. ;D ;D ;D

Caller

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun Mar 08, 2009 9:54 am
by Christo
Help 'n man

Ek soek raad met die roep toerusting, sien S&O adverteer die Foxpro @ R5 500 ???. Wil graag die soort van toerusting bekom maar moet seker maak ek koop reg. Miskien l? daar 'n ouer model in iemand se stoorkamer wat net so goed werk. :-\

Ek sal wag tot na Hein se kurses in Bloem voor ek in elk geval besluit, maar die topic weet ek is 'n warm een en daar is genoeg sienings om dit weer oop te maak.

Christo

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun Mar 08, 2009 10:10 am
by Yalair
Christo
Ek gebruik die foxpro en is regtig 'n goeie stukkie toerusting. Werk maklik en klank is suiwer. Daar is ander op die mark maar ek ken dit glad nie. Koop net een waar die klank op die caller is en jy net remote gebruik om klank te wissel en volume. My ou een het die klank "getransmit', tel teveel steurings op.

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun Mar 08, 2009 10:31 am
by MEERKAT
Christo

Het een van Tewis se "remotes" wat te koop is met Mp3 player ingesluit goeie werkende toestand indien jy belangstel.

Knou goggas af
MEERKAT

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Mar 09, 2009 5:36 pm
by Rooies
meerkat
wat is die prys van die stel?

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Tue Mar 10, 2009 7:59 pm
by raychell
Rooies
Hein het 'n ekstra GAMETRAKS stuur hom 'n PM.
Raynie

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Tue Mar 10, 2009 8:15 pm
by Christo
Meerkat

Ek gaan net die kursus die naweek eers bywoon sodat ek ingelig 'n besluit kan neem voor ek iets koop, sal jou laat weet.

Dankie in elk geval.

Christo

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Wed Mar 11, 2009 11:17 am
by Dawie
Hallo Slimkoppe
Het my einde 2007 'n Foxpro XR6 gekoop koste was R4000.00,  werk lekker maar ek voel 'n keuse van 16 klanke begin nou bietjie min raak.  Die Gametraks sien ek kan 6 speakers vat,  vir $600,  KWYL!!!! 

Gametraks is nognie in SA beskikbaar?
Cheers
Dawie

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Wed Mar 11, 2009 1:42 pm
by JACQUES BOTHA
dawie:
ek het na die western rivers produk gekyk voor ek foxpro gekoop het. sy reikafstand is nie so groot so ver nie, maar die klank is heel goed en die prys is baie billik ek dink dit was laas $199. en dit is heel anvaarpbaar vir wat jy kry..

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Wed Mar 11, 2009 3:16 pm
by raychell
Dawie
Hein het 2 GAMETRAKS stelle en het reeds van sy klanke vir hulle gegee so jy kan dit koop met Hein se klanke gelaai.
Raynie

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Thu Mar 12, 2009 11:43 pm
by Dawie
Prys?

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sat Apr 11, 2009 8:54 pm
by Janjak
Ek nou weer so maand laat op die een sorry julle.
Ek wil net so bietjie meer weet van die verskillende toestelle en wie gebruik wat.
Ek het vir my n kas gebou met n kar radio en 2 luidsprekers dan speel ek sommer n CD in hom. Werk oraait vir my maar ek het nie eintlik van beter geweet nie.

Jannie

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun Apr 12, 2009 7:20 pm
by jaracal
Janjak
Jy sal sien dat die remote gogga jou ook op 'n stadium sal byt. Van die bakkie roep is OK maar die remote werk net beter.

Groete
Heinrich

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun Apr 12, 2009 7:42 pm
by Janjak
Heinrich,
dit sal nogal handig wees om een van die kursusse by te woon maar dit word seker nie hier in ons omgewing (Mpumalanga) aangebied nie?

Jannie

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun Apr 12, 2009 8:32 pm
by jaracal
Jannie
Ek doen dit dwars oor ons land. Het al in Carolina, Ermelo en daardie plekke aangebied. Sal vir jou 'n e-pos stuur.

Groete

Heinrich

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Apr 13, 2009 12:15 am
by Janjak
Heinrich,
nog iets.
Ek is opsoek na n dimmer of reostaat wat iemand dalk bou of vervang het met n ander. Lyk of almal van hulle gebruik?

Jannie

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Mon Apr 13, 2009 8:29 am
by Yalair
Jannie
Sorry ek tjip nou in, probeer Allen se dimmer, hier is sy webadres

http://www.jackalpro.com/

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Wed Apr 29, 2009 10:10 am
by WillJak
Jannie, Allan se dimmer werk goed. Die ander ding wat jy kan probeer is die "meganiese" dimmer wat uit die ouer Mazda 323's kom, jy kry hom sommer by 'n skrootwerf - ek gebruik so een en hy werk goed - jy moet hom net deur 'n "relay" bedraad (Allan s'n ook) anders word hy te warm en die soldeersel smelt af as jy hom lank op "dim" hou - die weerstand draad in die "dimmer" raak rooiwarm en die hitte laat die soldeersel smelt.

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Fri May 08, 2009 9:48 pm
by Christo
Wiljak

Gee meer info op die tuisgemaakte dimmer ??? Klink na goeie plan

Christo

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sat May 09, 2009 12:40 pm
by WillJak
Christo, dis dood eenvoudig die dimmer wat uit 'n kar kom - myne is uit 'n ou Mazda 323 - hulle is van die bestes - dis die dimmer wat die liggie voor by jou spoed meter ens in die "dashboard" helderder en dowwer stel. Bedraad hom eenvouding in die lewendige (+) draad in, maar trek daai draad se krag deur 'n "relay" - dit help dat hy nie so warm word nie, veral as jy hom lank dof hou. 'n Ander goeie ding om te doen as bystand (back-up) is sit skakelaar in die lyn as volg - jy vat 'n draad om die dimmer - maw jy konekteer die draad op (+) voor en na die dimmer en in die draad sit jy die skakelaar. Nou as die skakelaar af is loop die krag deur die dimmer en kan jy die lig heeltemal afsit dmv die dimmer. As die dimmer dalk gaan, sit die skakelaar aan en die stroom loop deur die draad en die lig werk steeds - al kan jy hom dan nie verdof nie, is dit beter as om in die middel van 'n lekker jagnag te staan sonder 'n lig wat werk - of soos al met my gebeur het, die dimmer se draad smelt af net as daar twee jakkalse op "short final approach" is - op die punt om te land...

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sat May 23, 2009 11:02 pm
by Pierre
Hi Christo

Self op n tyd my eie dimmer gebou toe ek begin skiet het maar drade het kwaai warm geword en na n ruk
begin brand en my laat sukkel.

Ek gebruik nou een van Tewis se dimmers al seker so 4 jaar en ek het n spaar een altyd op my bakkie,nog nooit nodig gehad om die spaar te gebruik nie werk soos n bom klein,gemaklik en werk altyd.

Ek weet Tewis het hom so ontwerp dat hy nie kan brand al is die drade verkeerd om en hy word ook nie
so warm na n hele nag se skiet nie.

Laat weet of jy regkom ek sal vir jou foto stuur van hoe myne lyk en werk.

Lekker aand.

Pierre

Re: ROEP TOERUSTING

Posted: Sun May 24, 2009 9:18 am
by Christo
Pierre

Dankie maar ek gaan maar een koop, ek het al my fingers lekker gebrand.  :P

Christo