Page 1 of 1

7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Fri Oct 12, 2012 12:15 pm
by JR68
More Almal

Kan iemand my dalk bietjie raad gee.Wat sal die min Lading en MAX lading wees met S365.

Ek laai op die oomblik met Hornady 139gr  Interlocks met n lading van 46 gr S 365.

Hoor graag van julle

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Fri Oct 12, 2012 12:54 pm
by Marc
Loer bietjie hier na wat die manne benodig om jou sommetjie te maak  ;)

http://jaracal.com/index.php/topic,12312.0.html

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Fri Oct 12, 2012 3:09 pm
by tau
Kyk dat die patroon nie te lank gaan wees vir jou magasyn. My vriend kon nie sy geweer met hulle laai nie.

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:01 am
by JR68
Dankie Marc vir die inligting.Ek soek nie n lading ek wil net weet wat sal die min en max lading wees met 140 gr accubonds.

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:27 am
by tripodmvr
'n 139gr en 140gr koe?l is dieselfde as mens uit 'n praktiese oogpunt gaan kyk. Volgens Somchem is hul S365 ladings as volg

130 gr    45.1-48.5
152gr    42.8-46.0

'n Goeie beginpunt is dus 44gr en maks as 47gr.

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Tue Oct 16, 2012 1:05 pm
by JR68
Tripod sal jy se 46 gr met accubonds sal veilig wees.

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Tue Oct 16, 2012 1:50 pm
by Skier
JR68,

Met my BRNO Mod 21 7x57 die volgende:

140gr Nosler Partition
24" loop
SAKO doppe
TPL: 78mm
S365
CCI 200
45.5gr @ 2610 fps
46gr @  2643 fps
47gr @ 2715 fps

Begin maar laag en werk op tot by die snelheid wat sekuur skiet, sans druktekens etc. 

Mooiloop,

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Wed Oct 17, 2012 12:22 pm
by JR68
Baie dankie gaan so maak.

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Wed Oct 17, 2012 6:02 pm
by Frikkie Coetzee
Skier

Net vir inligting.

Ek het op QL gaan kyk wat sal gebeur as ek dieselfde punt in my 7x57 AI sou skiet en met 49.5 gr S365 kry ek maar 2760fps  uit my 22 duim loop.

OK dit was spesifiek om n node te kry op QL.

Die selfde geweer met 139gr SST en 52gr S365 kry ek 2850 fps. (QL se voorspelling was 2859fps)

Ek was effens verbaas oor so groot verskil.

Frikkie

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Thu Oct 18, 2012 12:02 pm
by JR68
Dankie gromit.Dit lyk vir my na n groot verskil.Wat sal die oorsaak wees?

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Thu Oct 18, 2012 12:23 pm
by tripodmvr
die neuse (punte) van koe?ls verskil van mekaar (ogief) en daarom kan die dravlakke baie verskil en meer of minder druk vir dieselfde lading gee. Die werklike koe?ldeursnee speel ook 'n rol. Die enigste manier is om 'n lading deur jou geweer te skiet en die spoed te meet. Nou kan daar met Quick Load na nodes gekyk word.

Elke geweer is uniek en daarom is ek lugtig om ander manne se topladings net so in my geweer te gebruik. Vriend van my het twee lope met dieselfde ruimer gesny en die een is kleiner en wil nie die ander se doppe kamer nie.

Re: 7x57 met 140 gr Accubonds

Posted: Fri Oct 19, 2012 9:59 pm
by Frikkie Coetzee
JR68

Ek is nie presies seker nie.

Maar my geweer en QL is baie naby aan mekaar met die SST punte

Ek wou van die Noslers koop, maar daarteen besluit omdat ek so baie spoed verloor volgens QL.

Eksperimenteer sal beste wees

Frikkie