Page 1 of 1

Elande?

Posted: Fri Oct 12, 2012 8:16 pm
by F.L.A.S.H
Naand manne

Ek wil baie graag 2 elande vir vleis skiet in jun/jul volgende jaar.

Weet imand dalk van a plek naaby Kim so +/- 200km wat elande vir a bekostigbaare prys het?

By voorbaat dankie

F.L.A.S.H

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 3:25 pm
by TOKELOS
Kontak besonderhede verloor maar jy ry Douglas toe. Voor jy by Douglas kom draai jy regs uit op n grondpad. Hierdie pad sluit weer aan by die Kimberley -Cambel pad. Nou op hierdie grondpad, omtrent halpad tussen die Kimberley - Douglas en die Kimberley -Cambell pad sal jy n GROOT bord sien met Boskampie op hom geskrywe. Dis sal aan jou regterkant wees.

Het in 2010 daar enetjie van 307kg, vel, kop, pote af en binnegoed uit, geskiet. Het deur n kontak van n kontak  van die jagplaas gehoor.
Was baie lekker en die blyplek uitstekend! Hoogs aantebevele!!

Sal kyk of ek nie tog erens n nommer gespoor kan kry nie.

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 3:49 pm
by F.L.A.S.H
Dankie TOKELOS

Ek hoop jy kry die  besonderhede.

Ek is verbaas dat jy nog die enigste een is wat al reply het.

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 3:51 pm
by TOKELOS
Ahaaaa! het dit op n foto gekry!

BOSKAMP
Debad Trust
      Akkomodasie
      Jagtogte
      Wildsbesigtiging
Slegs Besprekings
083 298 2836

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 3:53 pm
by F.L.A.S.H
Baie dankie

Ek sal sommer no bel

Groete
F.L.A.S.H

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 4:05 pm
by F.L.A.S.H
TOKELOS

Ek het slegte nuus :( die nommer werk nie

Ek sal maar aanhou kyk :) dankie vir die try

Mooi loop

F.L.A.S.H

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 4:42 pm
by TOKELOS
Flash,

Oukay, n ander pad, maar ongelukkig n baie langer pad wat jy kan loop is:

Bel n oesversekerings maatskapy met die naam van Agricola, dan vra jy vir hulle jy soek Ivan Myburg in Douglas se nommer.
Ivan is een van hul "veldwerkers" of "assesore". Hy is n man wat baie jagters uitvat in daardie omgewing en ek is 100% hy sal jou kan help.

Kyk dalk ook onder Douglas in die telefoongids en soek sy naam of Agricola se naam.

Ek hoop jy kom reg! 

Re: Elande?

Posted: Sat Oct 13, 2012 4:45 pm
by F.L.A.S.H
Dankie

Ek sal maandag so maak :)