Page 1 of 1
MUSE knaldempers !
Posted: Wed Oct 17, 2012 8:40 pm
by Francois B
Naand almal
Ek het nou gehoor van hierdie knaldempers en fotos gesien! ek het n termenator op my 243 vir jakkies , maar vir die 30_06 het ek n ligter demper nodig so ek wou maar net weet of enige van julle al van hulle getoets het, onthou net ek is gewoont aan n termenator so die standaard word hoog gestel!
Groete f.b
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Wed Oct 17, 2012 8:42 pm
by Geno
Jy bedoel seker MUTE kd's. As ek reg onthou, is dit Lammie Brand hier op die forum se broer wat dit bou.
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Wed Oct 17, 2012 8:55 pm
by Francois B
Geno
Ja dit is net hy lammie het fotos gestuur en dit lyk goed ,maar sal graag wil weet of iemand al n paar honderd skote deur hom gesit het
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Thu Oct 18, 2012 4:08 pm
by Armand Steenkamp
Francois,
Eh het so een op my 308. Hy is baie lig!! Vir die prys wat jy betaal glo ek nie daar is nog n demper wat by n MUTE kan kersvashou nie!!! Ek het al met verskillende dempers geskiet en ek sal my kop op n blok sit dat hy meer sop verminder en stiller is as van die BAIE bekende dempers. Hy is baie lig wat ook natuurlik n bonus is.
Vra maar as daar nog vrae is.
Groetnis
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Thu Oct 18, 2012 4:16 pm
by Danie01
Is daar nie dalk n foto of twee en dalk 'n nommer en prys wat dempers kos nie? Waar bly die persoon wat die dempers bou?
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Thu Oct 18, 2012 4:27 pm
by Chevvy SS
Ja, fotos asb.
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Thu Oct 18, 2012 5:10 pm
by Geno
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Thu Oct 18, 2012 5:17 pm
by Carl
Blixem dit lyk mooi! As di 243 kom gaan hy op!
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Thu Oct 18, 2012 7:40 pm
by Dawie
Van watse metaal is hulle gemaak?
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Sat Oct 20, 2012 2:01 pm
by Lammie Brand
Dagse Danie my broer hulle wat die silencers bou bly in Pretoria. As jy vir my jou email adres stuur dan kan ek vir jou fotos stuur. Is self baie tevrede met die produk
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Sat Oct 20, 2012 4:01 pm
by wlm
Lammie
Lyk my dit kos net een PM'tjie om jou wakker te maak. Ek stuur my besonderhede vir jou dan kan die fotos aanstuur.
Willem
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Sat Oct 20, 2012 4:47 pm
by Danie01
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Tue Oct 23, 2012 6:46 am
by Wilhelm
Ek skiet met van die eerste Mute knaldempers op n 243,ek het al baie jakalse geskiet en baie springboke en blesboke,ek is meer as tevrde met die produk,ek het hom al vergelyk met ander knaldempers en die mute demp die klank baie beter. Die mute is nie baie swaar nie en is ook nie te groot nie,hy lyk perfek aan enige geweer. baie van die boere in di omgewing het ook van die knaldempers op gesit en ek hoor net goeie nuus.
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Tue Oct 23, 2012 7:21 am
by VdWalt
Wilhelm wrote:
Ek skiet met van die eerste Mute knaldempers op n 243,ek het al baie jakalse geskiet en baie springboke en blesboke,ek is meer as tevrde met die produk,ek het hom al vergelyk met ander knaldempers en die mute demp die klank baie beter. Die mute is nie baie swaar nie en is ook nie te groot nie,hy lyk perfek aan enige geweer. baie van die boere in di omgewing het ook van die knaldempers op gesit en ek hoor net goeie nuus.
Welkom hier Wilhelm.
Hoe lank en swaar is die knaldemper? Teen watter kds het jy hom getoets en hoe
het jy die verskil in klank demping getoets?
Groete
Van der Walt
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Tue Oct 23, 2012 9:37 am
by Wilhelm
Hy weeg so 450 gram en is 230mm lank. ek het hom getoets teen n terminator . Ek het nie al Mythbusters se aperate en toets masjiene nie,ek het net die twee teen mekaar geskiet om tehoor,en die mute was sagter gewees. ek wil nie terminator se produk sleg praat nie,dit was mar net n toets wat ek en vriend gedoen het. En hy het die week daar op vir hom n Mute knaldemper bestel.
Groete Wilhelm
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Tue Oct 23, 2012 1:25 pm
by Armand Steenkamp
Ek het ook maar met die oor geluister! Maar ek heer n verseker n verskil.
Groetnis
Re: MUSE knaldempers !
Posted: Tue Oct 23, 2012 1:28 pm
by VdWalt
Armand Steenkamp wrote:
Maar ek heer n verseker n verskil.
Groetnis

Re: MUSE knaldempers !
Posted: Sun Oct 28, 2012 5:33 pm
by Armand Steenkamp
Heheheh Vingers was weer te haastig.....

Re: MUSE knaldempers !
Posted: Tue Oct 30, 2012 11:56 am
by Lammie Brand
Dagse manne, Nicol die man wat die silencers vervaardig het ook gevra om net te s? as julle bestel dat
julle forum manne is dan kry julle afslag op die aankoop van 'n Mute Knaldemper.
Lekker dag verder