Silent Hunter KD's getoets.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Silent Hunter KD's getoets.
Nadat ek so 'n tydjie terug die advertensie van Silent Hunter hier op die Forum gesien het het ek soos gewoonlik die inligting iewers agter in die grysstof loop bere - om eers so bietjie oor als te tob. Hoe meer ek oor die kd's gedink het hoe meer het ek gehou van wat ek sien en het so bietjie navorsing gaan doen en gesien dat die man darem nie besig is om 'n klomp goed uit sy duim suig en aan ons try verkoop vir soetkoek nie.
Toe die hoeveelste 30-06 Howa eienaar weer by my kom draai oor die wapen se vernynige skop het ek onmiddelik aan Silent Hunter se KD's gedink en die Howa eienaar aangeraai om die KD's te probeer - spesifiek die Reflex tipe, aangesien ek self nogal belang gestel het in die tipe KD. Sonder sukses - "Ek stel belang, maar dan moet jy vir my als re?l" Aikona!
Nadat ek 'n 2de en 'n derde Howa eienaar sonder sukses probeer oortuig het om 'n Silent Hunter KD op te sit het ek besluit om dan maar self die goed te toets, want hoe verkoop/bemark jy iets as jy dit self nog nooit getoets het nie?
Ek het vir Henk, eienaar van Silent Hunter KD, gekontak en versoek dat hy 'n paar KD's (gewoon sowel as die reflex tipe) in my rigting gooi om te toets - spesifiek vir my 243.
Henk het minder as 'n week later die KD's persoonlik by my kom afgooi en hy het nie net die twee gebring wat ek versoek het nie - hy het vir my 2 addisionele KD's vir 'n 30 kaliber saam gebring!
Eerste indrukke:
Die KD's vertoon baie netjies en is aangenaam op die oog. Buite diameter is ongeveer 32mm en die afwerking is 'n duursame swart powder coating. Die area waar die KD teen die skouer moet vasdraai is effens versink, wat dit mooi en afgerond laat lyk. Die KD se flens aan die geweer se kant is ook skuins vir gebruik saammet 'n geweer gemonteerde lig. Die KD's is aanvoelbaar ligter as van die ander Kd's wat ek besit (dit was een van my vereistes aan Henk.)
Dit lyk asof die KD's ongeveer 10 baffels elk in het.
Die KD is op die KISS prinsiep gebou(keep it simple stupid) Skroef op, skroef af, maak soms skoon en geniet jouself.
Na 'n bietjie oortuiging en selfs so bietjie omkoop het ek 'n 308, 'n 270 en 'n 300WM met die korrekte skroefdraad tot my beskiking gehad - saammet hul eienaars natuurlik - om die KD's te toets.
Nie alleen het ons die KD's getoets vir klank en terugskop demping nie - ek het die einaars versoek om dit te vergelyk met die KD's wat hulle tans gebruik en my hul eerlike mening te gee.
Slegs die 270 eienaar het ges? dat die KD nie so stil is soos sy KD wat hy gewoonlik gebruik nie(maar neem asseblief inag dat die KD's gebou is vir 'n 30 kaliber.) Die 308 en 300WM eienaars was heeltemal tevrede met die werkverrigting van die KD's.
Kompitisies, vergaderings, 'n staking en 'n kurses het verhoed dat ek die KD's op my 243 toets soos ek dit graag wou toets, maar die laaste week kon ek regtig tyd op die KD's spandeer en het hulle deur hul passies gesit.
My eie waarnemings:
* My gewere groepeer net so goed met die Silent Hunter KD as met my gewone KD
* Die POI het bitter min gesak met die SH KD op in vergelyking met wanneer ek my KD opskroef en skiet (my loop is redelik dik).
* Die KD het 'n waarneembare "fluit/toon" wat nogal baie mooi klink.
* Die KD lyn mooi op en my bekommernis dat die KD raakgeskiet gaan word was ongegrond.
* Die KD's is defnitief stiller as my KD waarvan die gat heelwat groter is.
* Die aanvoelbare terugskop is basies dieselfde as met my eie KD(my wapens is redelik swaar)
* Die geweer het nie oormatig "barrel heavy" gevoel nie - met die reflex tipe KD op was die effek selfs nog kleiner.
Sal ek die Silent Hunter KD's aanraai vir 'n klie?nt? Ja, defniteif. Henk het gelewer op sy beloftes en meer.
Werk die reflex tipe KD? Ja, hy doen - effens harder op die oor as die gewone tipe, maar nie soveel dat jy nie sonder gehoorbeskerming kan skiet nie.
Wat sou ek graag wou verander(nie noodwendig verbeter)
* Die voorkant van die KD is plat/flush - ek sou graag 'n effense versinking of 'n inwaartse "taper" wou h? - net om die uitgangsgat so effens te beskerm en om dit meer afgerond te laat lyk.
* Dit sal aangenaam wees as Henk die sny van skroefdraad op 'n wapen kan doen/laat doen - wapensmede op die platteland is skaars en raak net skaarser.
Henk ek wens jou alle sukses toe, dis 'n puik produk wat jy bemark/vervaardig - hou jou kwaliteit waar dit is - jy is defnitief op die regte pad.

Last edited by Guest on Sat Oct 20, 2012 11:09 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Jaco,
Baie dankie vir die terugvoer! Jy het alles mooi verduidelik en ges? , glo nie jy kon beter gedoen het nie! Ek is bly jy sal dit aanbeveel want glo dit sal die plek in neem op my howa! Sal nog persoonlik ook met jou kom praat as SAPD hulle werk begin doen!
Ek ek Henk het verseker nog 'n padjie om te stap!
Groete
Herman

Last edited by Herman Venter on Sat Oct 20, 2012 10:39 pm, edited 1 time in total.
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
ek wil m goedkeuring ook by voeg.
het die reflex op die 762. baie baie tevrede.
dankie henk.
wil ook se dat sy diens baie goed was.

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Jaco,
Baie dankie vir jou terugvoer. Waardeer dit opreg. Gaan die week werk maak rakende die skroefdraad op die loop Sal jou laat weet.
Groete,
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Beter sal jy moeilik kry.cassie_calvinia wrote: ..............................
dankie henk.
wil ook se dat sy diens baie goed was.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Christo,
Hoe gaan dit daar by jou? Lanklaas van jou gehoor.
Henk
Hoe gaan dit daar by jou? Lanklaas van jou gehoor.
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Henk, watter dikte is die nuwe KD's. Ek sien Jaco skryf van 32mm.
Ek het gister 'n Nosler 338 WM gekoop wat se loop ook gecoat is. Ek maak nog planne maar wil/moet 'n KD opsit, hy moet selfde kleur h?, ons sal later praat.

Last edited by Christo on Sun Oct 21, 2012 7:09 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Christo,
Nee, is nogsteeds 38mm. As jy vir daardie kanon 'n 42mm een wil he, sal ek hom so maak. Glo as ek hom so 10" maak in 38mm, sal hy heel goed werk. Sal dan die loop lengte verleng met so 150mm en gewig sal so in die omgewing wees van 650gram.
As ek gaan volgens die Review vir die "MUSE (MUTE)", moet ek kds maak uit 76mm en tenminste 1meter om genoeg volume te kry vir die 308.
Is die loop MATT Black? Sal so kan coat. Die nuwe draaibank werk mooi glad af. Wil nog vir my Dura Coat kry om die Mauser te doen en dalk 'n kd of twee met die wat oor bly. Gaan net bietjie duur wees om al die kds so te maak.
Sal dan ook sommer vir jou 'n ander een stuur vir die 7x64.
Groete,
Henk
Nee, is nogsteeds 38mm. As jy vir daardie kanon 'n 42mm een wil he, sal ek hom so maak. Glo as ek hom so 10" maak in 38mm, sal hy heel goed werk. Sal dan die loop lengte verleng met so 150mm en gewig sal so in die omgewing wees van 650gram.
As ek gaan volgens die Review vir die "MUSE (MUTE)", moet ek kds maak uit 76mm en tenminste 1meter om genoeg volume te kry vir die 308.
Is die loop MATT Black? Sal so kan coat. Die nuwe draaibank werk mooi glad af. Wil nog vir my Dura Coat kry om die Mauser te doen en dalk 'n kd of twee met die wat oor bly. Gaan net bietjie duur wees om al die kds so te maak.
Sal dan ook sommer vir jou 'n ander een stuur vir die 7x64.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Christo
Dankie vir die reghelp da - die KDs is we'll 38mm - ekt soos my stert getik. Ek maak gopu reg.
Dankie vir die reghelp da - die KDs is we'll 38mm - ekt soos my stert getik. Ek maak gopu reg.
Dont tell me, show me......
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
243Songdaug wrote: Nadat ek so 'n tydjie terug die advertensie van Silent Hunter hier op die Forum gesien het het ek soos gewoonlik die inligting iewers agter in die grysstof loop bere - om eers so bietjie oor als te tob. Hoe meer ek oor die kd's gedink het hoe meer het ek gehou van wat ek sien en het so bietjie navorsing gaan doen en gesien dat die man darem nie besig is om 'n klomp goed uit sy duim suig en aan ons try verkoop vir soetkoek nie.
Toe die hoeveelste 30-06 Howa eienaar weer by my kom draai oor die wapen se vernynige skop het ek onmiddelik aan Silent Hunter se KD's gedink en die Howa eienaar aangeraai om die KD's te probeer - spesifiek die Reflex tipe, aangesien ek self nogal belang gestel het in die tipe KD. Sonder sukses - "Ek stel belang, maar dan moet jy vir my als re?l" Aikona!
Nadat ek 'n 2de en 'n derde Howa eienaar sonder sukses probeer oortuig het om 'n Silent Hunter KD op te sit het ek besluit om dan maar self die goed te toets, want hoe verkoop/bemark jy iets as jy dit self nog nooit getoets het nie?
Ek het vir Henk, eienaar van Silent Hunter KD, gekontak en versoek dat hy 'n paar KD's (gewoon sowel as die reflex tipe) in my rigting gooi om te toets - spesifiek vir my 243.
Henk het minder as 'n week later die KD's persoonlik by my kom afgooi en hy het nie net die twee gebring wat ek versoek het nie - hy het vir my 2 addisionele KD's vir 'n 30 kaliber saam gebring!
Eerste indrukke:
Die KD's vertoon baie netjies en is aangenaam op die oog. Buite diameter is ongeveer 38mm en die afwerking is 'n duursame swart powder coating. Die area waar die KD teen die skouer moet vasdraai is effens versink, wat dit mooi en afgerond laat lyk. Die KD se flens aan die geweer se kant is ook skuins vir gebruik saammet 'n geweer gemonteerde lig. Die KD's is aanvoelbaar ligter as van die ander Kd's wat ek besit (dit was een van my vereistes aan Henk.)
Dit lyk asof die KD's ongeveer 10 baffels elk in het.
Die KD is op die KISS prinsiep gebou(keep it simple stupid) Skroef op, skroef af, maak soms skoon en geniet jouself.
Na 'n bietjie oortuiging en selfs so bietjie omkoop het ek 'n 308, 'n 270 en 'n 300WM met die korrekte skroefdraad tot my beskiking gehad - saammet hul eienaars natuurlik - om die KD's te toets.
Nie alleen het ons die KD's getoets vir klank en terugskop demping nie - ek het die einaars versoek om dit te vergelyk met die KD's wat hulle tans gebruik en my hul eerlike mening te gee.
Slegs die 270 eienaar het ges? dat die KD nie so stil is soos sy KD wat hy gewoonlik gebruik nie(maar neem asseblief inag dat die KD's gebou is vir 'n 30 kaliber.) Die 308 en 300WM eienaars was heeltemal tevrede met die werkverrigting van die KD's.
Kompitisies, vergaderings, 'n staking en 'n kurses het verhoed dat ek die KD's op my 243 toets soos ek dit graag wou toets, maar die laaste week kon ek regtig tyd op die KD's spandeer en het hulle deur hul passies gesit.
My eie waarnemings:
* My gewere groepeer net so goed met die Silent Hunter KD as met my gewone KD
* Die POI het bitter min gesak met die SH KD op in vergelyking met wanneer ek my KD opskroef en skiet (my loop is redelik dik).
* Die KD het 'n waarneembare "fluit/toon" wat nogal baie mooi klink.
* Die KD lyn mooi op en my bekommernis dat die KD raakgeskiet gaan word was ongegrond.
* Die KD's is defnitief stiller as my KD waarvan die gat heelwat groter is.
* Die aanvoelbare terugskop is basies dieselfde as met my eie KD(my wapens is redelik swaar)
* Die geweer het nie oormatig "barrel heavy" gevoel nie - met die reflex tipe KD op was die effek selfs nog kleiner.
Sal ek die Silent Hunter KD's aanraai vir 'n klie?nt? Ja, defniteif. Henk het gelewer op sy beloftes en meer.
Werk die reflex tipe KD? Ja, hy doen - effens harder op die oor as die gewone tipe, maar nie soveel dat jy nie sonder gehoorbeskerming kan skiet nie.
Wat sou ek graag wou verander(nie noodwendig verbeter)
* Die voorkant van die KD is plat/flush - ek sou graag 'n effense versinking of 'n inwaartse "taper" wou h? - net om die uitgangsgat so effens te beskerm en om dit meer afgerond te laat lyk.
* Dit sal aangenaam wees as Henk die sny van skroefdraad op 'n wapen kan doen/laat doen - wapensmede op die platteland is skaars en raak net skaarser.
Henk ek wens jou alle sukses toe, dis 'n puik produk wat jy bemark/vervaardig - hou jou kwaliteit waar dit is - jy is defnitief op die regte pad.
Dont tell me, show me......
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Goeie naand
My KD (reflex tipe) vir my .270 het ook Vrydag hier aangekom en ek het gou vanoggend so klompie skote met hom kon gaan skiet.
Kort nadat SH sy Kd's begin bemark het so klompie maande gelede, het hy die eerste een vir my gestuur . Daar was 'n probleempie met die oplyning van die Kd en die koeel het die KD voor netnet geraak, wat my genoodsaak het om die gaatjie groter te maak. Dis hier waar Henk vir my uitgestaan het bo soveel ander manne- DIENSLEWERING. Ek het hom geskakel en hom van die probleem vertel. Binne 'n dag het ek terugvoer gekry waar hy presies vir my verduidelik het wat die probleem was aan sy kant, wat dit veroorsaak (die binneste silinder "skuif" 'n millimeter of wat tydens die sweisproses) en dat hy reeds nuwe toerusting bestel en gemaak het wat die probleem sal uitsorteer. Hy't ooknie 'n tap vir my reeds gesnyde skroefdraad op my .270 op my loop gehad nie, maar onmiddellik aangekoop (op sy onkoste) om my KD vir my te kan maak.
Reeds met die eerste skoot vanoggend was dit duidelik dat die vorige groeipyne nou uitgesorteer is. Die oplyning is perfek en die koeel raak nerens ten spyte van die klein toleransies (die gaatjie voor is sleg 1.5mm groter in deursnee as die koeeldeursnee) nie. Ek wil met 243Songdaug saamstem dat ek ondervind dat Henk se tegniese vermo?ns en kennis my beindruk. Hou in gedagte dat hy vir my .270 die reflex KD moes maak slegs op data wat ek diekant moes meet en dan per e-mail deurgee. Neem verder in ag dat daar reeds skroefdraad op my loop gesny was (m15 x1 ipv die gebruiklike M14x1) en dat my loopdikte nie standaard is nie (17.2mm ipv 16mm). Dit was dus 'n totale "custom joppie", sonder dat hy geweer self gesien het en hy pas perfek!
Die klein profiel van sy Kd's (beide die refex- en gewone tipe) is 'n reuse pluspunt. Myne is slegs 38mm in deursnee en die totale lengte is 238mm. Hiervan skuif seker so 100mm oor die loop, wat die totale looplengte dus met slrgs so 138mm verleng.
Met eerste oogopslag wonder mens of hy doeltreffend sal wees juis oor sy slanke profiel in vergelyking met die "normale" dikte Kd's wat dikwels 50mm deursnee oorskry. Ek kan getuig dat hy bitter min terugstaan wat klankdemping betref teenoor die sy oorgewig kompetisie. As die beste GEWONE tipe KD's (50mm deursnee x 25mm lengte) se klankdemping wat ek al gehoor het in soortgelyke kaliber 'n punt van 10/10 moet gee, sou ek se Henk se reflex kry 8.5/10. In vergelyking met ander REFLEX tipe KD's se klankdemping vermoe is Henk s'n net so goed of selfs beter.
-Gewig en balans is uiteraard fantasies.
-Die afwerking is duursaam en die KD "voel" solied en stewig. Die hol metaal blik geluid wat mens soms by ander KD's hoor is ook afwesig.
-Op my .270 kan ek die klap vergelyk met die van .22 blitzer of .22 magnum.
-Terugskop is voelbaar minder, seker so 25-30% as ek moet skat. Dis omtrend soos 'n standaard .243 nou, as ek mag raai.
-Ek kan getuig dat Henk nie sit en bolletjies rol as hy vir jou 'n KD belowe het nie. Hy het nou 10 saam myne opgestuur Namibie toe en dit het minder as 2 weke geneem, versendingstyd ingesluit.
- Sy prys is baie billik- tot 35% goedkoper as die 2 opposisie reflex tipe KD's wat hier in Namibie beskikbaar is.
- Ek het nognie akkuraatheids toetse gedoen nie, aangesien ek vanoggend slegs gekonsentreer het om my teleskoop in te stel met die KD op, so ek sal terugvoer daaroor gee sodra ek toetse gedoen het.

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Jammer, regstelling. Nie die "MUTE" kd nie, maar die een wat genoem was onder, ek dink, KD Newe Efekte as ek reg onthou.
My bad. Gebeur as jy haastig tik sonder om te dink.
Groete,
Henk
My bad. Gebeur as jy haastig tik sonder om te dink.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Sien hulle noem dit Ceracote Aliminium, nogals mooi afwerking.Silent Hunting wrote: Christo,
Nee, is nogsteeds 38mm. As jy vir daardie kanon 'n 42mm een wil he, sal ek hom so maak. Glo as ek hom so 10" maak in 38mm, sal hy heel goed werk. Sal dan die loop lengte verleng met so 150mm en gewig sal so in die omgewing wees van 650gram.
As ek gaan volgens die Review vir die "MUSE (MUTE)", moet ek kds maak uit 76mm en tenminste 1meter om genoeg volume te kry vir die 308.
Is die loop MATT Black? Sal so kan coat. Die nuwe draaibank werk mooi glad af. Wil nog vir my Dura Coat kry om die Mauser te doen en dalk 'n kd of twee met die wat oor bly. Gaan net bietjie duur wees om al die kds so te maak.
Sal dan ook sommer vir jou 'n ander een stuur vir die 7x64.
Groete,
Henk
Maar ons praat nader aan die lisensie se datum.
Groete
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Christo,
Reg so. Sien daar is 'n plek in JHB wat Ceracoating doen. So bietjie duur, maar gaan solank begin huiswerk doen en opsies opweeg. Dalk DIY Kit van ander kant die see.
Groete,
Henk
Reg so. Sien daar is 'n plek in JHB wat Ceracoating doen. So bietjie duur, maar gaan solank begin huiswerk doen en opsies opweeg. Dalk DIY Kit van ander kant die see.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 244
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Ek en skoonpa het ook elk een bestel by Henk (Silent Hunting) - myne vir my 30-06, en skoonpa s'n vir sy .375 H&H. Ons is beide baie tevrede. Selfs skoonpa se 375 skop nou baie minder, poi is laer, maar met een klein verstelling was die skoot weer op teiken.
Ook baie stiller, maak glad nie ons ore seer wanneer ons skiet sonder oormowwe nie.
Groete,
Hennie

Last edited by Hennie van der Merwe on Thu Oct 25, 2012 8:26 am, edited 1 time in total.
-
Agentkoos
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Hoe is daai vir goeie diens:
Ek het Sondagaand vir Henk gebel en gese dat ek dringend n reflex tiepe kd soek. Maandagmiddig is hy in die pos en Dinsdag by my. Kom toe agter ek het n blonde oomblik gehad en verkeerde specs vir Henk gegee. Bel hom toe Dinsdagmiddig en vertel wat gebeur het, hy se toe dat hy hy op die pad is Woensdag tot Vrydag maar sal kyk wat hy kan doen vir n ander een. Hy het vir my een klaargemaak en ek het hom vandag gekry.
Die man het uit sy pad gegan en moeite gedoen. Baie dankie dit is uitstekende diens!!!
Hier is n foto:
[img width=560 height=420]http://i837.photobucket.com/albums/zz29 ... 07/015.jpg[/img]
Ek het Sondagaand vir Henk gebel en gese dat ek dringend n reflex tiepe kd soek. Maandagmiddig is hy in die pos en Dinsdag by my. Kom toe agter ek het n blonde oomblik gehad en verkeerde specs vir Henk gegee. Bel hom toe Dinsdagmiddig en vertel wat gebeur het, hy se toe dat hy hy op die pad is Woensdag tot Vrydag maar sal kyk wat hy kan doen vir n ander een. Hy het vir my een klaargemaak en ek het hom vandag gekry.
Die man het uit sy pad gegan en moeite gedoen. Baie dankie dit is uitstekende diens!!!
Hier is n foto:
[img width=560 height=420]http://i837.photobucket.com/albums/zz29 ... 07/015.jpg[/img]
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silent Hunter KD's getoets.
Andre,
Plesier. Geniet daardie jag die naweek.