Page 1 of 1

Musgrave m80 slot probleem

Posted: Sun Oct 21, 2012 7:16 pm
by Jake1
Ek het die m80 musgrave en die slot slaan nie die rondtes af nie, Die slot maak net 'n klein merkie op die slagdoppie.

Ek het 'n nuwe veer in die slot gesit en die slot uitmekaar gehaal en siwer skoon gemaak maar dit help nie.

Enige raad sal waaardeur word

Re: Musgrave m80 slot probleem

Posted: Mon Oct 22, 2012 5:59 pm
by afrikanerbloed
Haal jou slot uitmekaar en draai jou slagpen verder uit en en BoB is jou uncle.
Myne het net so gemaak en hy loop nou soos n droom.
Groete
Johan

Re: Musgrave m80 slot probleem

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:50 am
by Daan Els
Jo manne, moenie met slagpen lengte raai nie, dit kan uiters gevaarlik wees. Dat die slagpen moet uit is korrek, maar die lengte wat uitsteek kan jou slagdop penetreer en kruit kan in jou oe beland. Indien daar nie n wapensmid in jou omgewing is nie, gebruik eerder n lee dop met slagdoppie. Gooi n lekker dik lap of stuk leer oor daardie gedeelte, dra veiligheidsbril en vuur af, kyk nou watse indentasie het die slagpen gemaak.

Sterkte,
Daan

Re: Musgrave m80 slot probleem

Posted: Mon Oct 29, 2012 10:54 am
by Armand Steenkamp
Daai het met my gebeur. My slagpen het op my RSA vanself uitgedraai!  Gelukkig het ek nie die primers gepennetreer  nie. Het hom toe maar self trug gedraai tot hy reg was.