Page 1 of 2

Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:42 am
by FHM
Manne met die boererate...HELP !

Meeste van ons het al tandpyn gehaad - en dis nie speletjies nie! Ek sit hier op site 150 km vanaf die naaste dorp en het pynpille by die medics gekry wat nie veel help nie. Voel of iemand met n Eland 90 in my kakebeen rondskiet Y*&^$$&_$&@&%#!!!

Ek weet die tandarts is die beste (enigste?) oplossing, maar ek sal seker eers Vrydag of Saterdagoggend by een kan uitkom.

Wat se die boere asb....?

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:46 am
by G-force
Try die een.Vat n groot mond vol whiskey,skoon,hou dit in jou mond en skommel bietjie daar binne met dit.Hou dit in jou mond totdat die whiskey nie meer jou mond brand nie.
Herhaal as die pyn weer terug kom.
Bly weg van die spiet-kop af vir n ruk daarna.

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:47 am
by Jakkalsgat
FHM

Jammer vir jou pyn, daar is paar goed wat help vir tandpyn probeer maar een.

Naeltjie olie, smeer aan tand.
naeltjie of disprin, byt hom vas op die tand. (fyn naeltjies kan jy past maak met brandewyn en dit op tand sit)
Smeer brandewyn aan die tandvleis rondom seer tand.
As jy kan kry "Genpain" pille help spesifiek vir tandpyn.

Hoop dis vinnig beter.

Groete
Jaco

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:49 am
by Chevvy SS
naeltjie of disprin, byt hom vas op die tand.

Dis hy daai.

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:52 am
by Beretta
FHM
Wou al die goed se maar dit is reeds gese  behalwe longnose tang en baie brande wyn.  Drink eers goed en wag dat die brandewyn begin dan vat jy die longnose en haal hom uit  ;D ;D ;D ;D. Probeer as jy het ook dalk voltaren.
Beretta

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 9:55 am
by Cobus(Cobb)
Ek het dit eendag gedoen.......
suig lug in oor die tand...hard en aanhoudend......jy brul, maar na so ruk is dit asof hy verdoof.

Sterkte

ps, slaan jou vingernael met 'n hamer, dit is seerder as die tandpyn en ly jou gedagtes weg van jou tande af.... ;D ;D

Cheers

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:04 am
by Beretta
Cobb
Dr pain baie goed  ;D ;D  slaan so twee vingers vir erge pyn ;D ;D ;D
Beretta

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:08 am
by Frikkiedbr
Blykbaar is dit nie goed om disprin op die tand te sit nie.
Dit beskadig die tandvleis en daar kan meer dinge verkeer gaan met jou tand.

Dit is wat die tandarts ges? het, so wees maar gewaarsku.

Sterkte

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:38 am
by Lourens Potgieter
Naeltjie olie op bolletjie watte, byt watte vas op tand........

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:42 am
by Jakkalsgat
Deeg wrote: Naeltjie olie op bolletjie watte, byt watte vas op tand........
Hoe gril ek nou

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:44 am
by FHM
G-force wrote: Try die een.Vat n groot mond vol whiskey,skoon,hou dit in jou mond en skommel bietjie daar binne met dit.Hou dit in jou mond totdat die whiskey nie meer jou mond brand nie.
Herhaal as die pyn weer terug kom.
Bly weg van die spiet-kop af vir n ruk daarna.
Kannie presies whisky op site as mondspoel gebruik nie - as ek sou kon kry hier rond...niemand sal my glo ieg dat ek na drank ruik oor ek tandpyn het nie :P....hel die een sal eers moet verby hou vir nou ;)

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:46 am
by Eugene
Cobb(Cobus) wrote: Ek het dit eendag gedoen.......
suig lug in oor die tand...hard en aanhoudend......jy brul, maar na so ruk is dit asof hy verdoof.

Sterkte

ps, slaan jou vingernael met 'n hamer, dit is seerder as die tandpyn en ly jou gedagtes weg van jou tande af.... ;D ;D
Cheers
As jy klaar is met die vingers, gaan maar tone toe, Vrydag is nog ver....  :angel:

Sterkte mater, tandpyn is nie grappies nie... :-X

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 10:52 am
by FHM
Dankie manne - ja die naeltjie olie een ken ek van ouds af - fooken medics op site het dit natuurlik nie in die 'happycase' nie.

Ek sal die drank-rate maar moet los tot vanaand.
Het nou-net voltaren gekry by kollega, hoop dit help nou-nou die fook weet, my linker oog trel al skeef van die pyn !

Die 'slaan vinger nael met hammer' en 'vat longnose tang en brandy' sal maar eers moet agter in die ry gaan staan, ek glo julle sal verstaan.... ;)

Re: Tandpyn

Posted: Tue Oct 30, 2012 11:13 pm
by morne smith
Vir pyn kan jy vingers pap slaan, maar as die tandpyn beter raak volg hierdie raad wat 100% waterdig is en sal waarborg dat jy nooit weer jou vinger sal raakslaan nie. Hou die hamer se steel vas met altwee hande.

Re: Tandpyn

Posted: Wed Oct 31, 2012 8:22 am
by Eugene
FHM wrote: Die 'slaan vinger nael met hammer' en 'vat longnose tang en brandy' sal maar eers moet agter in die ry gaan staan, ek glo julle sal verstaan.... ;)
Dan het jy nog nie REGTIG tandpyn nie!  :angel:

Re: Tandpyn

Posted: Wed Oct 31, 2012 9:43 am
by Frikkie die Rot
FHM

Ek het ook die raad van die branewyn/wiskey in die mond hou raad gehoor. Het een aand terwyl ek nog op universiteit was wakker geword van tandpyn. Al wat ek kon doen was om die brandewyn plan uit te voer. Die fout wat ek gemaak het was om van die 'verslaande' brandewyn in te sluk sodra dit my mond ophou brand het. Ek en die brandewyn het so teen 3 uur die oggend begin om die tandpyn te behandel. 5uur die volgende oggend toe die eerste manne begin roer om gym toe gaan kry hulle my in die bond tewyl ek skree soos ek lag vir een of ander fliek, met so derde van die bottel brandewyn wat nog langs my staan. Nodeloos om te se ek het nie regtig klas by gewoon daardie dag nie, en is winddronk daai middag tandarts toe.

Sterkte, dit is diep seer!

En ja, die raad werk!

Groetnis,
Frikkie

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 11:20 am
by FHM
Dji tanpein (hik!) ishweg ene ekke ietgemak (hik!) sjooshjulle gshe het en ishh (hik!) askjuus, ish nou bythie werk en spool (hik!) askjuush, sjoo elke driminute met die wishkie (hik!) skjuush. Ekshel late vir ju (hik!)..vi julle weshien hiesho op jeshikal ne my choms (hik!)

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 11:28 am
by Vlakvark
Jy moet nou nie ook vir Gogi demoer in maak nie dan het jy ook 'n Kudu horing nodig ;D ;D ;D

Dan moe jy ok vi ha se skies jy he jo soos 'n vak geda en salie wee ni en jy sali holing blas so la sy bete voel ;D ;D ;D ;D

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 11:39 am
by Beretta
Dit was een dop drie keer per dag en nie een keer vir drie dae nie  ;D ;D  lyk my die pyn is weg is jou vinger darem ok
Beretta

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 1:17 pm
by FHM
Het my nou K..K gelag vir julle 2 simpel *@&%#_*&$$#

Die tandpyn is weg, sukkel net om my alie af te vee met twee hande in verbande man! ;)
Sal maar na elke troon sessie moet verbande ook omruil.... ;D

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 1:22 pm
by Vlakvark
Jy moet nou nie ons samosas besoedel met jou verbande nie

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 1:44 pm
by FHM
Tanneman jy sal vistaan as ek nie kan below nie... ;D

Ons praat nou letterlik K..K hierso.

Kom ons soek iemand om se siel uit te trek - wie target ons? Grumpy?

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 1:47 pm
by Jakkalsgat
Julle is weer so slim soos 'n boom vol uile vandag, los vir Grumpy hy gaan op julle sit.

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 1:52 pm
by FHM
Ok nie Grumpy nie....nie weer nie  ;D...wie dan???

Ahaaa - my mede Suidwester - PIET VOSTER! Wag ek roep hom nou... ;)

Re: Tandpyn

Posted: Thu Nov 01, 2012 1:57 pm
by Beretta
Dink net jy stap by die tandarts in met verbande om jou hande hy gaan jou net so een kyk gee en vir jou se die ortopediese afdeling is by die volgende deur  ;D ;D ;D 
Beretta