Page 1 of 1
Gunsteling spot
Posted: Fri Jun 18, 2010 7:26 am
by Geno
Waar is julle gunsteling spots? Ek vang gereeld by Harties, en daar is lekker vet karpe!
Groete,
Eugene
Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Jun 18, 2010 8:08 am
by JvB
Geno,
Ek was lanklaas by Harties, het so nare ondervinding daar gehad met die groen water en die stank. Ek verkies eerder Roodekoppies of Klipvoor damme.
JvB
Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Jun 18, 2010 8:10 am
by KSV
My gunsteling spot is Kwaai Baai.
Kaie Appel Natuur Reservaat, dis die naaste aan ons dorp. al die ander water is nie nader as 200km van ons nie.
Hier is Karp, Baber, Geelvis, Kurper en Bass. O ja waterskilpaaie ook, het ook al een gevang.
Hier is ek en my seun met 'n Bass wat ek een aand gevang het met kunsaas.
Heinie met 'n Bass wat ek gehaak het en hy uitgetrek het. Was omtrent 'n storie om die vis terug in die water te kry.
Hein
Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Jun 18, 2010 2:31 pm
by Geno
JvB,
Ja die water is vuil, maar die visse is lekker vet!
Ek bly langs die dam, so dis maar die maklikste om daar te vang.
Ek's nie mal oor klipvoor nie, was eenkeer daar, maar het niks gevang nie...
Re: Gunsteling spot
Posted: Tue Jun 22, 2010 9:54 pm
by Fanie
Nee herder ouboet, net nie Harties nie. Schoemansville dompel al jare lank hulle rou riool daarin :-( Jy kan op een plek met die boot daar tussen die drywende papier gaan rond ry...
Re: Gunsteling spot
Posted: Wed Jun 23, 2010 9:04 am
by Yalair
Ek doen nie eintlik die papgooi ding nie, maar is verslaaf aan flieghengel, my gunsteling plek is die Karringmelkspruit met lekker lewindige forrel en dan die oranje rivier met sy groot geeles.
Re: Gunsteling spot
Posted: Sun Jun 27, 2010 8:28 pm
by Christo
HENTIES, HENTIES, HENTIES, HENTIES
Alternatiewelik

????????????????
HENTIES
Christo
Re: Gunsteling spot
Posted: Sun Jun 27, 2010 9:16 pm
by Louis102
Christo wrote:
...HENTIES, HENTIES, HENTIES, HENTIES...
So praat 'n man wat so pas terug is van die Oosweer-geteisterde Hentiesbaai af! Glo jy het veilig gery Christo, maar waar in Henties vang jy die varswater vis? Op skool was my spot daar in die ou Omaruru-mond, by die golfbaan. Daar is 'n kortgat waar jy oor die riete en water moet slaan, redelik na aan die see. Het op my laerskool-dae meer as een varswater vissie daar gevang (as die kwaai Omies van die golfbaan my nie verja het nie)
Ek verkies egter maar die see en vermoed dit is wat jy wil s?.
Groete
Louis
Re: Gunsteling spot
Posted: Mon Jun 28, 2010 12:32 pm
by Christo
Hier is wat gebeur as jy 'n paar jong knape toelaat vir 2?
uur se visvang. Dit is hier op die plaas.
Net 'n paar gehou vir viskoekies. Res vir 'n ander dag teruggesit. Die dam is vol, PROPVOL, van karp. Die grootste een was so 5+kg gewees wat al gevang is.
Christo
Re: Gunsteling spot
Posted: Sun Jul 04, 2010 8:59 pm
by Piet Breedt
Christo, jy moet meer van die jonges uithaal, dan sal hulle groter word. n Dam wat oorstock is, is nie goed vir die grotes nie. Karp teel in elk geval so vinnig aan, dat dit amper onmoontlik is om hul met n visstok uit te roei, waar daar beheer oor n dam is.
Die foto's laat my sommer terugverlang na my kinder dae waar my pa ons ook vir so paar dae by n dam gaan aflaai het met net die minimum kos en geen fancy tent. Net n seil, n sakkie meel, sout, en n blikkie of twee. Ons moes self sorg vir die kos. Man, was dit lekker dae!
Re: Gunsteling spot
Posted: Sun Jul 04, 2010 9:42 pm
by Christo
Piet
Hier was reeds so paar damme wat totaal opgedroog het tydens droogte tye en 2 jaar later is daar weer 'n klomp karpe. Die damme voed nie in 'n rivier waar hulle weer van bo in die rivier gestock kan word nie. Ek is seker die eiers of visse oorleef in die modder al is die bolaag totaal uitgedroog.
Na so een droogte en warm weer het daar letterlik 1000'de karpe op die wal gele wat gevrek het. Daar was toe reeds vis uitgevang met hand deur die werksmanse dat hulle dik vir vis was.
Bly pter om hulle te vang.
Christo
Re: Gunsteling spot
Posted: Sun Jul 04, 2010 10:04 pm
by Wismit
Ons doen maar die Dullstroom, Carolina ding !!!!
Ek hou ook van die pap gooi een maar dan sit ek gewoonlik nie aas aan nie, vat `n leunstoel en ontspan met `n biertie in die koelte langs die water !!

Re: Gunsteling spot
Posted: Thu Oct 04, 2012 3:49 pm
by Geno
8,2kg karp wat my een pel so rukkie terug by my gevang het.
[img width=560 height=420]
https://dl.dropbox.com/u/49750262/Fishing/100_0649.jpg[/img]
Re: Gunsteling spot
Posted: Thu Oct 04, 2012 3:58 pm
by Reggie Gerber
Sterkfontein met my 6wt vliegstok
Daai geelvis is groot sports
Re: Gunsteling spot
Posted: Thu Oct 04, 2012 4:07 pm
by Frikkiedbr
Ek moet ook s? Hentiesbaai is baie lekker. Was nog net een keer daar maar sal baie graag weer eendag soentoe wil gaan.
Vlieghengel is baie lekker, dullstroom - elandskloof en dan ook Sabie in die rivier. Dan ook die vaal rivier vir geles.
Papgooi, vaaldam en vaal rivier is lekker.

Re: Gunsteling spot
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:28 pm
by Marc
Aangesien die 'n varswater seksie is gaan ek s? Vaaldam, op private grond natuurlik

Die plek is net deurtrek met die graskarp en mens kan maklik tot 60 in 'n goeie sessie uithaal. Hier is paar mooi babers wat ek al kon aantre?
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C03654.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C03671.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C04246.jpg[/img]
Vir vlieg hengel is Frankfort tops, aka Wilger rivier
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00737.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00786.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00767.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00788.jpg[/img]
Re: Gunsteling spot
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:43 pm
by Marc
Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Oct 05, 2012 7:24 am
by Lourens Potgieter
Geno, Harties is tops, net jammer die goeie hengelgronde daar word of verkoop of oorgeneem deur die skelms!! Gunsteling plekke is De Rust heel regs amper tot by die grensdraad, so net voor die laaste draai is daar so 2 bome teen die water....by daai bome. Roos se Oord regs van die laaste bungalow, gooi vir geel bord oorkant.....
Vaaldam bly koning. Ons groot oewers raak net skaars, met die dat Steyns toe is(beste ooit), en Wilgedraai wat nou ook vir R20 Miljoen verkoop is. Cilliers is 'n pot stront weens die vashaak plek, baie jammer want dis van die lekkerste oewers om by te hengel. Gelukkig is daar nou plase soos Jacky Leonard en Kees v/d Walt (die twee plase regs van Cilliers)wat hulle plekke in stand hou, meeste van ons groot komps gaan nou soontoe....
Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Oct 05, 2012 7:29 am
by Jakkalsgat
Marc
Jou braggat by wie het jy daai R5 ondermaat kreef gekoop, is daai Mthatha Mouth
Groete
Jaco
Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Oct 05, 2012 7:31 am
by Frikkiedbr
Marc NEE NEE jy maak nie reg met daai mooi krewe nie

Lekker man

Re: Gunsteling spot
Posted: Fri Oct 05, 2012 8:42 am
by Marc
Jakkalsgat wrote:
Marc
Jou braggat by wie het jy daai R5 ondermaat kreef gekoop, is daai Mthatha Mouth
Groete
Jaco
Hehehehhee, nee dit is by Hole in the wall. Die Kreef het ons anderkant Koffiebaai gaan haal
Dis darem maar bitter mooi w?reld daai, wat ook nie meer vir lank so gaan bly nie
Sorry Frikkie
