Page 1 of 1
Beretta A302 12GA
Posted: Mon Nov 05, 2012 9:44 pm
by Monrique (SJ)
Naandse manne en dames.
Kan julle my asb meer inligting gee rondom die tipe haelgewere, hoe hulle is, ens ens. Al die vrae wat rondom hulle gevra word en dan ook wat prys hulle in redelike kondisie. Of parte beskikbaar is indien nodig ens ens.
Hoor graag van julle.
Groetnis
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Mon Nov 05, 2012 10:35 pm
by Frikkie Coetzee
SJ
Ek ken nie die 302 nie maar het al die 300 en 301 gesien. Die 300 was baie basies en die 301 was meer fancy. Rib en beter kolf met checkering etc.
Iemand op die forum het genoem dat daar merke is op die loop wat aandui hoe die choke werk maar het my nooit geantwoord nie. Nou kry ek nie die post nie.
Ek dink die 302 was n nuwer weergawe maar ek weet nie. Ek het n 300 en n klient van my 301.
Frikkie
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Mon Nov 05, 2012 10:43 pm
by Monrique (SJ)
Frikkie
Baie dankie vir jou reply. Ek ken self die A300 so bietjie, my Pa het self ene wat so te se nog nat nuut is. Ek ken egter nie die 301 en 302, dalk kan iemand vir ons n foto of 2 dalk ook opsit en die verskille uitwys of net noem.
Groetnis
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 6:31 am
by obasch
Die A302 is die nuutste (laaste) weergawe van die A300 reeks. Dit het gekom met veranderbare chokes en die onderdele is uitruilbaar met die van A300 en A301. Dit is sulke goeie gewere dat dit onwaarskynlik is dat jy ooit onderdele sal nodig kry maar indien wel, behoort dit glad nie moeilik te wees nie.
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 7:53 am
by JTM
Interessante leestof hier oor die Berretta reeks en geskiedenis :
http://www.sportinggun.co.uk/guns/53186 ... eview.html
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 12:32 pm
by Danie Lombard .243
Op die A300 en A301 reeks gewere werk die chocke merke as volg.
Daar is ronde klein sirkel of sirkels op die loop ingeslaan.
1 is vol chocke
2 is kwart
3 is half
4 is driekwart
5 is geen chocke , cyclinder, skeet loop
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 1:27 pm
by obasch
Danie Lombard .243 wrote:
Op die A300 en A301 reeks gewere werk die chocke merke as volg.
Daar is ronde klein sirkel of sirkels op die loop ingeslaan.
1 is vol chocke
2 is kwart
3 is half
4 is driekwart
5 is geen chocke , cyclinder, skeet loop
Twee = driekwart (Improved Modified)
Vier = Kwart (Improved Cylinder)
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 3:26 pm
by Monrique (SJ)
Manne
Baie dankie vir julle terug voering. Dit wil vir my voorkom dat die Beretta's sommer bakgat is.
Vertel nou so bietjie meer van watter "choke" vir watter doel gebruik word ens asb.
Groetnis
@Danie
Die sirkels waarvan jy praat is dit die wat lang die naam op die loop is?
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 5:00 pm
by Danie Lombard .243
ooo kraaitjie! Dankie obasch
Sien nou ek het die twee omgeruil. Sorry julle.
@ SJ yip, net so SJ op die loop langs die ander graveerings.
Re: Beretta A302 12GA
Posted: Tue Nov 06, 2012 5:41 pm
by Marc
Dankie vir almal wat hier deel
Ek leer nou netr so lekker van my nuwe baba wat oppad is
Dankie manne
Mooiloop
Marc