Page 1 of 1

RSA aksie en Lyttelton aksie

Posted: Mon Nov 05, 2012 10:03 pm
by Charles.308
Naand manne ,kan iemand my vertel wat is die verskil in die 2 aksies.Ek weet dat Lyttelton se aksie nuwer model is.Hoe weet/kan ek uitvind watter model my RSA Musgrave single action.308(bisley geweer) is

Re: RSA aksie en Lyttelton aksie

Posted: Thu Dec 13, 2012 6:38 pm
by Daan Els
Hi Charles,
Daar was net 1 RSA aksie ooit vervaardig. Die aksie is vir Musgrave deur LIW vervaardig omdat Musgrave nie oor die vervaardigings vermoee beskik het nie. Die kundigheid en ontwerp vermoee was wel binne Musgrave. So, daar is net een RSA aksie, en terloops nog steeds een van die mees gesogte aksies ter wereld!
Hoop ek antw jou vraag?
Groete
Daan

Re: RSA aksie en Lyttelton aksie

Posted: Thu Dec 13, 2012 8:20 pm
by Charles.308
Oom Daan,baie dankie vir inligting,ek het gehoor dat die Lyttelton n upgrade model is as die RSA,so wat Oom vir my se is dat ,dit is die SELFDE aksie maar net ander naam Lyttelton bygevoeg!!!!!

Wanneer kan ons Oom se boek oor Musgrave gewere verwag?
Weereens Dankie
Charles

Re: RSA aksie en Lyttelton aksie

Posted: Thu Dec 13, 2012 9:38 pm
by Daan Els
Hi Charles,
Verseker was daar net een RSA aksie! Ek wens ek het n 1000 van hul gekoop as ek vandag na die gewildheid daarvan kyk!
Wees verseker dat ek n boek oorweeg!
Lekker aand
Daan

Re: RSA aksie en Lyttelton aksie

Posted: Sun Mar 17, 2013 9:08 am
by Giepie
Hoe verskil die Vektor aksie van hierdie? Ek kry 'n 375 H&H met Vektor aksie en Musgrave loop, so ek nogal wil hoor.

Re: RSA aksie en Lyttelton aksie

Posted: Sun Mar 17, 2013 12:55 pm
by Armand Steenkamp
RSA aksie is n enkelskoot skyfskiet aksie, jou Vektor sal n maggesynkas he.

Groetnis