Page 1 of 1

nuwe roeper

Posted: Tue Nov 06, 2012 8:53 pm
by johans
ek kry volgende week my apache pro roeper,sien nogal uit om hom te toets.is hier nog manne wat dit al gebruik het behalwe meerkat?dis hoogtyd dat hier iets nuuts op toerusting kom,eks al moeg vir probleme met foxpros

Re: nuwe roeper

Posted: Tue Nov 06, 2012 9:16 pm
by Pvdw
Johan sit asb foto op van daar nuwe roepper sodra jy hom het.

Laat weet ons sommer gou hoe die veld toets afloop.

Peet

Re: nuwe roeper

Posted: Tue Nov 13, 2012 9:45 pm
by johans
peet ekt die roeper gekry,het vanaand eers reggekry om n foto op die forum te laai,sal van die roeper vir jou opsit.kon nog nie gaan roep met hom nie want die wind hou nooit op waai nie

Re: nuwe roeper

Posted: Wed Nov 14, 2012 7:48 pm
by Pvdw
Johan stuur hom vir my< hier pla die wind glad nie ;D ;D

Sal lekker wees om te sien en te hoor hoe jy hom ondervind.

Wag in spanning.

Peet

Re: nuwe roeper

Posted: Thu Nov 22, 2012 10:34 am
by Henry 7
Johan wanneer gaan toets jy hom dan?
Henry

Re: nuwe roeper

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:20 pm
by johans
henry gee kans eks moeg

Re: nuwe roeper

Posted: Sun Dec 09, 2012 6:01 am
by Jassie
Lyk my of hierdie roeper nie 'n speaker het nie of rus die man nog steeds?

Groete
JAS

Re: nuwe roeper

Posted: Mon Dec 10, 2012 12:17 pm
by johans
;D ;D ;D ;D.nee jassie ekt darm 2 keer gaan roep.die roeper werk baie goed,volume is goed.die batterye hou so 3ure maar ek moet byse my herlaaibare batterye is oud so ek weet nie of dit dalk die fout is nie.as ek nou moet kritiek lewer oor die roeper sal ek se die groen "backlight" op die remote maak teveel lig,dit voel of hy jou gesig bietjie verlig.vra maar as jy nog iets wil weet,ekt klaar gerus!

Re: nuwe roeper

Posted: Mon Dec 10, 2012 3:30 pm
by Jassie
Sorry man ek wou nie eintlik pla nie- (toe ek klein was het my gat gebrand as ek mense wat rus gepla het so is maar altyd versigtig), maar ek is bly jy is nou darem klaar. ;)

"Apache" en jou stilte het my laat dink aan "Movember-manne" hier op die forum- a patchy hier en a patchy daar.

Met watter foxpro sal jy hom vergelyk en wat kos dit?

Groete
JAS

Re: nuwe roeper

Posted: Mon Dec 10, 2012 4:29 pm
by Henry 7
Jas
Hy lyk baie soos FX5-vat 500 klanke-kom in netjiese tas met sy decoy-R2850.
Ek dink dis goeie koop.
Al wat ek nie van hou nie is dat hy nie soos Foxpro 'n program het waar jy die klanke kan sien en skuif soos jy wil nie-ek is rekenaargestremd.

Re: nuwe roeper

Posted: Thu Dec 13, 2012 2:02 pm
by johans
ja henry sukkel maar met n comper,as jy praat van copy en paste dan bring hy selotape ;Dmaar hy skiet ook darm so nou en dan n jak.nee vir die prys verskil tussen hom en foxpro sal ek maar bietjie sukkel met klanke skuif,ek skuif ook nie baie my klanke nie want as ek nie met die 140 klanke n jak kan skiet nie dan gaan ek ook nie met 200 klanke nie.maar,die fx5 is die mercedes van die 2,hang net af wat jy bereid is om te betaal

Re: nuwe roeper

Posted: Wed Dec 19, 2012 8:59 am
by Pitbull
Hi Johans

Ek het ook nou al 'n ruk my " Apache"  hier en " Apache" daar ;D nee regtig. Het baie gesukkel met die leeftyd van die battery op die roepper. Hy is dors, het toe 'n 12v battery op hom gesit. Hy het 'n " adapter plug" wat jy die 12v voor kan gebruik net langs die " decoy" se " adapter plug" hy loop soos stroop het 'n week met hom geroep sonder enige probleeme en sonder dat ek die battery moes herlaai. Ek sit sommer die roepper op die battery dan kry jy ook bietjie hoogte en better klank. Jy is reg oor die afstandbeheer wat baie helder is en die skerm op die roepper wat helder is, het myne met selefaan oranje toegeplak. Dink die probleem is dat die lig groen is, en mens se oe sien beter groen and rooi of wit. Hy werk baie lekke vir my veral met die twee luidsprekers aan byde kante, wat jy kan kies dat net een speel of byde. Het 'n dag roep ook met hom gedoen en goeie sukses gehaat.

Hoop jy kry die battery probleem uitgesorteer.

Lekke roep
Henno